Moïse Katumbi

Moïse Katumbi Chapwe (gebore 28 Desember 1964) is 'n Kongolese politikus en sakeman.

Hy was van 2007 tot September 2015 goewerneur van die Katanga-provinsie, geleë in die suide van die Demokratiese Republiek van die Kongo. Hy was tot 29 September 2015 'n lid van die People's Party for Reconstruction and Democracy (PPRD). Hy is al beskryf as "waarskynlik die tweede magtigste man in die Demokratiese Republiek van die Kongo naas die president, Joseph Kabila" en is aangewys as "Afrika-persoonlikheid van 2015" deur Jeune Afrique. In Desember 2021 het Moïse Katumbi sy politieke party amptelik gestig met die oog op die presidensiële verkiesing in 2023.

Moïse Katumbi
Moïse Katumbi
Moïse Katumbi in 2010

Goewerneur van die Katanga-provinsie
Ampstermyn
Januarie 2007 – 29 September 2015

Persoonlike besonderhede
Gebore 28 Desember 1964 (1964-12-28) (59 jaar oud)
Lac Moero, Demokratiese Republiek van die Kongo
Politieke party PPRD (tot 2015)
Eggenoot/-note Carine Katumbi

Persoonlike lewe

Moïse Katumbi is die seun van 'n Kongolese moeder en 'n Griekse vader, Nissim Soriano, wat voortvlugtig was vir Rhodes tussen die twee wêreldoorloë toe dit onder beheer was van fascistiese Italië. Hy het hom in Katanga, Naby die Moeromeer gevestig. sou Moïse Katumbi volgens verskeie verklarings van die presidensiële kamp Zambiese nasionaliteit hê.

Moïse se vrou is Carine Katumbi.

Onderrig en opleiding

Moïse Katumbi het by die Kiwele skool van Lubumbashi en die Kapolowe-sendingstasie gestudeer, waar hy 'n staatsdiploma in sielkunde behaal het.

Teen die tyd dat hy aan die stuur van sy broer se besigheid was en ander bedrywighede in Zambië begin het, was hy Engels magtig en het hy bestuursklasse geneem.

Persoonlike loopbaan

Besigheid

Visserybesigheid

Moïse Katumbi het op skool sy sakeloopbaan begin met die verkoop van vis waar hy sy eerste wins van 40 dollar op die ouderdom van 13 gemaak het. Hy het gefloreer in die visbedryf by die Moeromeer deur hoofsaaklik voorsiening aan die staatsbeheerde mynmaatskappy, Gecamines.

Uitbreiding in Katumbi

Hy het bedrywighede in Zambië ontwikkel en vinnig gediversifiseer na ander sektore: vervoer, handel, voedselvoorsiening. Van 'n massiewe padnetwerkstelsel wat duisende kilometers dek tot elektrisiteitsvoorsiening aan landelike en stedelike gemeenskappe, die konstruksie en opknapping van skole en hospitale - sy voetspoor is duidelik te sien regoor die Katanga Provinsie.

In 1987 het hy die maatskappy Établissement Katumbi in die lewe geroep om al sy bedrywighede, waaronder mynwese, vervoer en voedselvoorsiening, onder een vaandel saam te voeg.

Mining Company Katanga

Tien jaar later, na 'n tydperk van diversifisering, het hy MCK (Mining Company Katanga), in die lewe geroep, wat 80% van Gécamines se koper- en kobaltmynbedrywighede weer op dreef gekry het. Op 9 November 2015 het 'n Franse maatskappy, Necotrans, MCK vir 'n onbekende bedrag gekoop.

Sokker

TP Mazembe

Sedert 1997 is Moïse Katumbi ook die voorsitter van die sokkerspan, TP Mazembe, in Lubumbashi. Die span het vyf maal dieCAF-kampioenliga gewen, met suksesse in 2009, 2010, en 2015. Die span het in 2010 ook in die FIFA-wêreldbekereindstrydin Abu Dhabi deelgeneem, en in 2015 in Tokio.

Die klub het nuus gemaak deur die eerste klub van Afrika te wees wat kon losbreek uit die wurggreep van die Europese en Suid-Amerikaanse lande, deur die eindstryd van die Fifa-wêreldbeker te haal, hoewel hulle verloor het teen Inter-Milaan.

Moïse Katumbi het sokker ook as 'n sosiale program ontwikkel om jong mense in die provinsie van Katanga betrokke te maak en op te lei. (Meer as 2'000 lede tot dusver.) In 2011 het hy ook die TP Mazembe-stadion teen 'n koste van $ 35 miljoen voltooi.

FIFA Strategiekommissie

Sedert 2 Januarie 2012 word hy elke jaar verkies tot die FIFA-strategiekommissie.[25][26]

Politiek

In 2006 en 2011 het Katumbi Joseph Kabilase veldtogte om as president van die Demokratiese Republiek van die Kongo te staan, ondersteun. Maar, soos baie ander, het Katumbi in 2015 homself van Kabila gedistansieer.

In 'n Reuters-artikel wat op 13 November 2015 gepubliseer is, het Moïse Katumbi voorgestel dat amnestie teen vervolging aan Kabila verleen word, "as 'n poging om Kabila te oortuig om uit te tree wanneer sy tweede en finale termyn tot 'n einde kom in die komende jaar." Moise het bygevoeg dat as Kabila uittree binne die grondwetlike tydsraamwerk, dit hom die "Vader van Kongolese Demokrasie" en 'n gewaardeerde president van die Kongolese mense sal maak.

Adjunk van die Nasionale Vergadering

In 2006 is hy as 'n adjunk in die Nasionale Vergadering verkies, voordat hy in Januarie 2007, met 94 stemme uit 102, as president van die Katanga-provinsie verkies is.

Goewerneur van Katanga

Kort nadat hy oorgeneem het as goewerneur van Katanga, het Katumbi 'n uitvoerverbod op rou minerale geimplementeer, en groot mynmaatskappye dus genoop om transformasie-eenhede in die provinsie te bou. Hy het binnelandse belasting van $ 80 miljoen tot meer as $ 3 miljard verhoog met sy stryd teen korrupsie en die verhoging van uitvoer van koperkatode. Hierdie inkomste is gebruik om skole, paaie en hospitale te bou, en om skoon water binne die bereik van talle arm bevolkings te bring (van 3% tot 67% verhoging in toegang tot skoon water).

Volgens statistiek van die Kamer van Mynwese het Katumbi koperproduksie verhoog van 8'000 ton in 2006 tot meer as 1 miljoen ton in 2014. Sy administrasie het ook meer as 1'000 kilometer paaie gebou en die prys van mieliemeel vanaf $ 45 tot $ 10 per sak verminder.

In 2013 het Katumbi, in navolging van sy land se grondwet, aangekondig dat hy nie vir 'n volgende termyn as goewerneur sou staan nie. Vele nasionale en internasionale politieke kommentators het hom as 'n potensiele kandidaat en opvolger vir Joseph Kabila in die 2016 presidensiële verkiesings beskou.

Front Citoyen 2016

Op 29 September 2015 het hy as goewerneur bedank, nadat die leiers van sewe politieke partye geskors is uit die regerende presidensiële meerderheid vanwee 'n ope brief aan Kabila waarin hulle sy voorneme bevraagteken om aan die einde van sy tweede termyn in 2016 uit te tree. Katumbi het bygevoeg dat sy bedanking uit die Mense se Party vir Heropbou en Demokrasie hom die geleentheid sou bied om die nasionale regering se pogings om die grondwet te systap en verkiesings te vertraag, te beklemtoon en om vryheid van spraak en handeling terug te kry. In dieselfde verklaring het hy aangekondig dat belangrike samesprekings onder lede van die burgerlike samelewing sal plaasvind ten einde 'n republikeinse en demokratiese beweging in die land op die been te bring. Op 19 Desember 2015 het Moïse Katumbi saam met 26 ander hoëprofielpersone van die Kongo 'n koalisie gevorm met die naam, "Front Citoyen 2016". Die koalisie is getaak om die grondwet te beskerm en om te verseker dat die 2016 presidensiële verkiesings wel plaasvind.

Pryse en onderskeidings

Op 15 Desember 2012, is die «Black Star of Africa 2012»-toekenning in Nairobi, Kenia, deur die Millenium Uitnemendheidstigting aan Katumbi toegeken. Die toekenning het erkenning verleen aan sy prestasies en sy rol as 'n leier in goeie bestuur in Afrika.

In Januarie 2015 het Moise Katumbi ook die «Sokkerleier van die Jaar» -toekenning van die Afrika Sokkerkonfederasie ontvang.

Op 22 Desember 2015, is Moïse Katumbi deur die grootste Afrika-tydskrif, Jeune Afrique benoem as die «Afrika Persoonlikheid van 2015.»

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Moïse Katumbi Persoonlike leweMoïse Katumbi Onderrig en opleidingMoïse Katumbi Persoonlike loopbaanMoïse Katumbi PolitiekMoïse Katumbi Pryse en onderskeidingsMoïse Katumbi VerwysingsMoïse Katumbi Eksterne skakelsMoïse Katumbi

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ruhan du ToitSeetherMantisKlimaatveranderingSuikerSkaakKunselementeHondNamakwalandVerstedelikingFanie ViljoenJacques LootsSosiale mediaDrinkwaterInfrastruktuurHartaanvalPolitieke partyHulpwerkwoordBorskankerSwart nasionalismeDemokrasieDie Stem van Suid-AfrikaHaasHans AlbersBemarkingSprokiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLetterkundeEreksieWetenskaplike klassifikasieSiya KolisiNierversakingAngssteuringBeeldspraakHeupNag van die lang messeHoofstadDarwinismeVaginaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)MenstruasieEugenetikaHindoeïsmeMetaalSlakNatriumSwartkwasmuishondBruin menseSarah Rose KarrLys van chemiese elemente volgens atoomgetalWindkragHugenootKrugerwildtuinKoolhidraatKobus LombardBek-en-klouseerOrale seksNoag se arkKoorsRooikatKoringAkroniemPuberteitVoorsetselTafelbergPiet ByleveldDiskriminasieMiddeloorontstekingOntbossingVolumeMpumalangaVoëlgriepIslamitiese seksualiteitswetteLien se lankstaanskoeneSonnestelsel🡆 More