Morgenster-Sendingstasie

Morgenster onder beheer van die Reformed Church of Zimbabwe is een van die bekendste sendingstasies in Afrika.

Morgenster-sendingstasie is in Zimbabwe
Morgenster
Morgenster
Ligging van die Morgenster-sendingstasie in Zimbabwe

Ligging

Dit lê in Masjonaland, slegs 'n 7 km suidoos van die argeologiese terrein bekend as die Zimbabwe-ruïnes (Groot-Zimbabwe), 35 km suidoos van Masvingo (voorheen bekend as Fort Victoria) en oos van Bulawayo. Dit is by die koördinate 20° 18′ 26″ suid en 30° 55′ 52.32″ oos en 1 219 m bo seevlak.

Instellings

Hierdie sendingstasie word as 'n model voorgehou vir sendelinge en sendinggenootskappe. Dit beskik oor 'n hospitaal, lasaret, laer- en hoërskool, geriewe vir die opleiding van verpleegsters, onderwysers, evangeliste (sedert 1925), dowes, blindes, doofstommes en dominees (sedert 1936). Selfs tersiêre onderrig in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch word aangebied. 'n Drukpers op die perseel voorsien baie van die onderrigmateriaal. Die oorspronklike sendingpos het metterjare in 'n dorpie ontwikkel.

Geskiedenis

Andries Adriaan (Andrew) Louw (1862–1956) het op 9 September 1891 by Mugabe se berg in Banyailand (nou Masjonaland) aangekom en namens die N.G. Kerk met sendingwerk daar begin. Hy en sy vrou Cini Malan ('n ouer suster van D.F. Malan) het 'n handleiding vir en 'n woordeboek in die Chikaranga-taal saamgestel en die Bybel in daardie taal vertaal. Later het dr. John Helm by hulle aangesluit en 'n hospitaal vir melaatses opgerig. Alhoewel die N.G. kerk in 1977 alle sendingwerk en eiendomme in Masjonaland aan die Reformed Church of Zimbabwe oorgedra het, ondersteun verskeie N.G. gemeentes in Suid-Afrika die werk daar deur die Morgenster Vennootskap en die Henry Murray Gedenkfonds.

Besienswaardighede

  • By die ingang tot die sendingstasie staan twee unieke vingerrotse van graniet en vorm so 'n natuurlike baken.
  • In 1941 het die goewerneur van Suid-Rhodesië, sir Herbert Stanley, op die terrein 'n brons plaat onthul om die 50-jarige bestaan van die sendingstasie te herdenk.
  • Ds. A.A. Louw het in dieselfde jaar 'n 3 m hoë “kers” wat met elektrisiteit werk onthul om die Bybelvertaling te vier.

Bibliografie

30°55′52.32″O / 20.30722°S 30.9312000°O / -20.30722; 30.9312000

Tags:

Morgenster-Sendingstasie LiggingMorgenster-Sendingstasie InstellingsMorgenster-Sendingstasie GeskiedenisMorgenster-Sendingstasie BesienswaardighedeMorgenster-Sendingstasie BibliografieMorgenster-SendingstasieAfrikaZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kaapse MaleiersFAK-sangbundelHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalAllan BoesakMiomboDigvormPoliteïsmeSeeLemoenduifMeervoudLitaueRJ-telefoonpropErica BoyerFredi NestOogproblemeByvoeglike naamwoordPikkewynW.A. Hofmeyr-prysDuitse maselsVerkoueTropiese sikloonMaselsRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Lys van Afrikaanse rolprentePous Leo XMeksikoLeeuNierversakingAnale kankerAllergiePenisverlengingInfeksieOraniaKinkhoesNorwichShaivismeLandbouSaccharomyces cerevisiaeVlag van die Verenigde KoninkrykTotalitarismeProstaatkankerAkupunktuurSuid-Afrikaanse PolisiediensWaldemar SchultzMasturbasieHadjHerpes simplexHeilige SaterdagDie Laaste Avondmaal (Leonardo)IndiëKanadaHitteruilerVaginaOrthopteraAppel (sanger)Duitse WikipediaFalklandeilandeMetafoorNew OrleansKaapstadVoortrekkermonumentKen StarrGiovanni di BicciAlexander StrachanKolitisAnusNabye OosteSelfieSpringsIndonesiesFariseërsGoogle MapsMagda van BiljonSoewereine Militêre Orde van MaltaIndianeNagmaalPhilip GlassKrieketDigitale objek-identifiseerder🡆 More