Die Moreletakloofnatuurreservaat in die ooste van Pretoria was deel van die plaas wat aan Jacobus en Cornelia Erasmus behoort het.
Hulle het in die vroeë 1800's 'n melkboerdery hier bedryf. Carel Erasmus het die plaas in 1877 gekoop en 'n huis daarop gebou; dié huis is omskep in 'n kapel. In 1903 het sy skoonseun, Johan Marneweck, nog 'n huis op die plaas gebou; dié huis is omskep in 'n restaurant. Die reservaat word deur die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit bestuur en toegang tot die reservaat is gratis.
Moreletakloofnatuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Naaste dorp | Pretoria |
Koördinate: 25°49′00.80″S 28°17′28.20″O / 25.8168889°S 28.2911667°O 28°17′28.20″O / 25.8168889°S 28.2911667°O | |
Oppervlak | 100 ha |
Bestuursliggaam | Tshwane |
Webblad | Moreletakloofnatuurreservaat |
Die habitat bestaan uit Bankenveld, wat plaaslik verteenwoordig word deur bosveld, benewens vleie en rivierbos aanliggend aan die Rademeyerspruit, 'n sytak van die Moreleta. Wabome groei teen die hoër hellings, terwyl die blompeer in die winterseisoen opvallend vertoon. Weens die verskillende habitatte is baie voëlsoorte te sien, waaronder tarentale, kiewiete en fisante. Somerbesoekende voëlspesies sluit die swartkoekoek, Piet-my-vrou, Europese byvreter en grootstreepswael in. Wild soos volstruise, bosbokke, springbokke, blesbokke, rooibokke en sebras is ingevoer. Weens die lokaal vogtige valleiklimaat is baie spesies fungi al aangeteken.
Die reservaat het verskeie staproetes, 'n restaurant en 'n plek waar troues gehou kan word.
Staproetes:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Moreletakloofnatuurreservaat, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.