Money Heist: Spaanse roofmisdaaddrama-televisiereeks

Money Heist, (Afrikaans: Geldrooftog, Spaans: La casa de papel, Die Huis van Papier) is 'n Spaanse roofmisdaaddrama-televisiereeks geskep deur Álex Pina.

Die reeks volg twee lank-voorbereide rooftogte onder leiding van die professor (Álvaro Morte), een op die Koninklike Munt van Spanje, en een op die Bank van Spanje, vertel vanuit die perspektief van een van die rowers, Tokio (Úrsula Corberó). Die narratief word op 'n intydse wyse vertel en maak staat op terugflitse, tydspronge, versteekte karaktermotiverings en 'n onbetroubare verteller vir kompleksiteit.

Money Heist: Spaanse roofmisdaaddrama-televisiereeks

Die reeks was aanvanklik bedoel as 'n beperkte reeks om in twee dele vertel te word. Die oorspronklike reeks van 15 episodes is op die Spaanse netwerk Antena 3 gebeelsaai vanaf 2 Mei 2017 tot 23 November 2017. Netflix het aan die einde van 2017 wêreldwye stroomregte verkry. Dit het die reeks in 22 korter episodes hersny en dit wêreldwyd vrygestel, begin met die eerste deel op 20 Desember 2017, gevolg deur die tweede deel op 6 April 2018. In April 2018 het Netflix die reeks hernu met 'n aansienlik verhoogde begroting vir 16 nuwe episodes in totaal. Deel 3, met agt episodes, is op 19 Julie 2019 vrygestel. Deel 4, ook met agt episodes, is op 3 April 2020 vrygestel. 'n Dokumentêr wat die vervaardigers en die rolverdeling betrek het dieselfde dag op Netflix gepremière, getitel Money Heist: The Phenomenon (Spaans: La casa de papel: El Fenómeno). In Julie 2020 het Netflix die program hernu vir 'n vyfde en laaste deel, wat in twee volumes van vyf episodes op onderskeidelik 3 September en 3 Desember 2021 vrygestel is. Die reeks is in Madrid, Spanje, verfilm. Beduidende gedeeltes is ook in Panama, Thailand, Italië (Florence), Denemarke en in Portugal verfilm.

Die reeks het verskeie toekennings ontvang, insluitend die Internasionale Emmy-toekenning vir Beste Drama-reeks by die 46ste Internasionale Emmy-toekennings, sowel as kritiese lof vir sy gesofistikeerde intrige, interpersoonlike dramas, regie, en vir die poging om Spaanse televisie te vernuwe. Die Italiaanse anti-fascistiese liedjie "Bella ciao", wat verskeie kere deur die reeks speel, het in 2018 'n somertreffer regoor Europa geword. Teen 2018 was die reeks die mees gekykte nie-Engelstalige reeks en een van die mees-gekykte reekse oor die algemeen op Netflix geword, wat veral aanklank gevind het by kykers van Mediterreense Europa en die Latyns-Amerikaanse streke.

Verwysings

Tags:

AfrikaansPapierSpaansTerugflits (narratief)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Verenigde State van AmerikaSkaapOrale seksEugenetikaKameelperdLiesbreukDiplopodaJan BlohmLys van kinderspeletjiesDokterTsongaKaren WesselsKolonisasieAntisemitismeWaterPeriodieke tabelSuid-Afrikaanse InkomstediensKonjunktivitisSkilpadRosa ParksCarike KeuzenkampGesondheidEngelsInternet van DingeWêreld- Ekonomiese ForumPeperbus, FraserburgMenseregteSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994NederlandQKlimaatveranderingLys van medisinale kruieAnale seksWinterVulvaDonderstormVarkGevolge van aardverwarming op oseaneVenda (taal)WikipediaDurbanMaatskaplike verantwoordelikheidKnysnaMierPersentasieNamibiëGestremdheidMag (sosiale wetenskappe)WaterkringloopInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandHidroëlektrisiteitPropagandaFiksieKernoorlogWaterpokkiesKaapse MaleiersKrieketKomplementêre kleureMiddelmisbruikJan van RiebeeckWaterstofBreingewasOnderwysMikroskoopPoesWhatsAppOorNag van die lang messeVulkaanKondensasieLongMahatma GandhiDoelwitNiersteenWoordSwartbewussynsbeweging🡆 More