Mieliepap

Mieliepap is 'n eg Suid-Afrikaanse gereg wat van growwe mieliemeel en water gemaak word.

Afrikaners in die noorde van die land eet dit gewoonlik vir ontbyt saam met melk en suiker, of as bygereg tydens ander etes. Dit is veral gesog as bygereg saam met braaivleis en word met 'n pikante sous soos tamatie en uie (braaismoor), tjakalaka of kaas en sampioene bedien.

Mieliepap
Mieliepap (bo) met braaismoor as bygereg.

Mieliepap word hoofsaaklik deur die inheemse swart bevolking en die Afrikaners genuttig, en nie soseer deur dié van Engelse of Asiatiese afkoms nie.

In die Kaapprovinsies word dit byna uitsluitlik vir ontbyt geëet.

Aangesien mieliemeel redelik goedkoop is, word pap deur behoeftige mense as stapelvoedsel gebruik, en met groente, sous of 'n vetjie genuttig.

Resep

Die bestanddele is 2 koppies water en een teelepel sout vir elke 1 koppie mieliemeel. Die water moet eers goed kook alvorens die mieliemeel ingegooi word. Roer af-en-toe (elke 15 minute) tot gaar. Die geheim is om dit vir minstens 30 minute stadig te laat stoom oor lae hitte, sonder om te veel aan te brand. Vir ekstra geur kan botter of ingelegde heel mieliepitte ook bygevoeg word.

Vorme

  • Stywepap (mees algemeen)
  • Slappap (vir ontbyt)
  • Krummelpap of poetoepap gewoonlik met braaivleis
  • Paptert, gemaak van mieliepap met 'n spek-, kaas- en groentevulsel, gewoonlik met braaivleis.

Sien ook

  • Polenta, 'n Noord-Italiaanse variant van mieliepap

Verwysings

Tags:

Mieliepap ResepMieliepap VormeMieliepap Sien ookMieliepap VerwysingsMieliepapAfrikanersBraaiBraaismoorKaasMelkMielieSampioenSuid-AfrikaanseSuikerTamatieTjakalakaUi

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Duitse maselsVoornaamwoordSkildklierRenteMartin Luther King jr.Mag (sosiale wetenskappe)NasiebouViëtnamoorlogBloeddrukPropagandaBloedvergiftigingPrimêre sektor van die ekonomieOlifantMenslike skeletProstaatkankerHibernasieSwitserlandAartappelKinderregteKlereNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaFranse RewolusieWoordsoortEkologieElektroniese of digitale mediaOu Apostoliese KerkVryheidsdagVulkanismeHulpwerkwoordEkostelselHamburgerInfeksieBorskankerRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Provinsies van Suid-AfrikaDeon GrootHindoeïsmeGriekse teaterPolisieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Byung-Chul HanSelfmoordLewerLongontstekingGesonde dieetWikimedia-stigtingOrgasmeVersoeningsdagDeelwoordBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Romeinse RykHeuningbyLys van veltoestandeDigvormSiya KolisiAlkoholismeMielieSelfstandige naamwoordKolitisDundermBoelieryVolksrepubliek ChinaProteïenAnale seksRekenaarMarie AntoinettePenisImpakte van toerismeSpysverteringstelselBeëdigde verklaringMieliestronkWinterSelfieLika BerningAtleetvoetDonkieVoegwoord🡆 More