Merweville is 'n dorpie in die Koup-distrik van die Karoo met sowat 1 600 inwoners.
Die dorp se bedrywighede gaan hand aan hand met dié van sy boerderygemeenskap.
Merweville | |
---|---|
Die dorpie soos gesien uit die toring van die NG kerk. | |
Koördinate: 32°40′0″S 21°31′0″O / 32.66667°S 21.51667°O 21°31′0″O / 32.66667°S 21.51667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Sentraal-Karoo |
Plaaslike Munisipaliteit | Beaufort-Wes |
Oppervlak | |
• Totaal | 32,59 km2 (12,58 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 592 |
• Digtheid | 49/km2 (130/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 6940 |
Skakelkodes | 023 |
Die nedersetting self het as 'n kerkdorpie ontstaan, toe die kerkraad van Beaufort-Wes in 1897 besluit het dat die Koup 'n eie kerk nodig het wat kon sorg vir die betreklik verarmde geestelike en opvoedkundige toestand van die gebied.
Die kerkgrond langs die Van der Bylskraalrivier is in 1899 gekoop van die posmeester, winkelier en vrederegter, ene J.J. le Seuer van der Byl.
Alhoewel die kerkgebou reeds in 1899 ingewy is, is die gemeente Merweville eers in 1904 gestig, omdat krygswet (as gevolg van die Anglo-Boereoorlog) kerkraadsvergaderings aan bande gelê het.
Die dorp is vernoem na die dryfveer agter die kerk se stigting, ds. Pieter van der Merwe van die NG gemeente Beaufort-Wes.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Merweville, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.