Mdantsane

Mdantsane is 'n Suid-Afrikaanse dorp geleë tussen Oos-Londen en King William's Town in die Oos-Kaap provinsie.

Dit is na bewering die tweede grootste township in Suid-Afrika naas Soweto en huisves die tweede grootste winkelsentrum in die Oos-Kaap (Mdantsane City, geopen in April 2008). Die oorspronklike inwoners was mense wat met geweld uit die Oosbank in Oos-Londen verwyder is om in die destydse Ciskei te gaan woon. Die Oosbank was 'n veelrassige woonbuurt in die vorige eeu. Mdantsane is tans geleë in Buffalo City Metro.

Mdantsane
'n Uitsig oor Mdantsane
'n Uitsig oor Mdantsane
Mdantsane is in Oos-Kaap
Mdantsane
Mdantsane
Mdantsane Mdantsane se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°57′S 27°44′O / 32.950°S 27.733°O / -32.950; 27.733 27°44′O / 32.950°S 27.733°O / -32.950; 27.733
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
MunisipaliteitBuffalo City
Oppervlak
 • Totaal45,55 km2 (17,59 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal156 835
 • Digtheid3 443/km2 (8 920/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense0.1%
 • Indiërs/Asiërs0.1%
 • Bruin mense0.2%
 • Swart mense99.5%
 • Ander0.2%
Taal (2011)
 • Xhosa 93.9%
 • Engels 3.0%
 • Ander 3.1%
Poskode (strate)
5219
Poskode (posbusse)
5219
Skakelkode043
Webwerfhttp://www.buffalocity.gov.za
Mdantsane
Gedenkteken vir die Egerton-slagting

Die dorp is in agttien sones verdeel wat steeds uitbrei, met die nuutste deel bekend as Sone P. Die sones word numeries benaam in chronologiese volgorde van hul stigting. Die sentrale mark in NU2 (Sone 2) distrik word "The Hi-way" genoem. Dit is vernoem na Qumza snelweg, wat die hoofweg is wat deur Mdantsane loop van die sentrum van Oos-Londen na die industriële gebied Fort Jackson. Hier verkoop verskeie informele handelaars hul ware op die strate en dit is ook die belangrikste taxi-staanplek. Daar is ook heelwat formele handel wat gehuisves word in die onlangs geboude winkelsentrums.

Mdantsane is ook bekend as 'n boksmekka, van die bokswêreld se kampioene soos Happyboy Mgxaji, Welcome Ncita en Vuyani Bungu kom van Mdantsane af. 'n Polsende kultuur van musiek, kuns en poësie floreer in hierdie saamgevlegde stadslewe.

Heelwat politieke staatmakers en veterane kom ook van die dorp af, soos Thozamile Gqweta, Ntombazana Gertrude Botha, Mlamli Ondala en Bangumzi Sifingo.

Cecilia Makiwane Hospitaal is 'n 1724-bed multi-dissiplinêre hospitaal in Mdantsane. Dit is vernoem na Cecilia Makiwane, die eerste swart geregistreerde verpleegkundige in Suid-Afrika. Saam met Frere Hospitaal en die Oos-Londen Geestesgesondheidseenheid, vorm dit deel van die Oos-Londen-hospitaalkompleks, wat 'n bevolking van byna drie miljoen mense bedien.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Buffalo City Metropolitaanse MunisipaliteitCiskeiKing William's TownOos-KaapOos-LondenSowetoSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RuslandBruin menseGalileo GalileiKoerantTydTegnologieGedigKaartMuskiet24 AprilMaatskappyMangelontstekingLangste woordNagmaalDramaVaginaSelfstandige naamwoordBetonBraaiToekoms van die AardeHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalVerenigde State van AmerikaCoca-ColaAfleiding (taalkunde)Onderhandelinge om apartheid te beëindigMagneetBerilliumWinnie Madikizela-MandelaKlein gekolde katSuid-EuropaPerdGoogle MapsPubliekResensieDeelwoordMondWaterLys van elemente volgens simboolGrootste rampe in Suid-AfrikaEkonomiese sektorGrondwetBloemfonteinDonderstormLys van veltoestandeTrigeminale neuralgieVerkragtingLeierJavaScriptLimpopo (rivier)KlavierLiewe HeksieKorrupsieDarwinismeSelfieWaterbesoedelingKontinentBTWGewone luislangRuimteTelwoordSikloonOligopolieNeo-NazismeMenseregteLys van Suider-Afrikaanse soogdierePretoriaGasHondGroepsdrukNasiebouSonAfrikaanse naguilOrthopteraLys van bekende Suid-AfrikanersWapen van Suid-AfrikaMaan🡆 More