Mac Maharaj: Suid-Afrikaanse politikus

Sathyandranath Ragunanan Mac Maharaj (gebore op 22 April 1935 in Newcastle, Natal) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse politikus verbonde aan die ANC, akademikus en sakeman van Indiese oorsprong.

Hy was ook die amptelike woordvoerder van die voormalige president van Suid-Afrika, Jacob Zuma.

Betrokkenheid by die stryd teen apartheid

Maharaj was 'n politieke aktivis en lid van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, wat op 'n klandestiene wyse saam met Nelson Mandela aan anti-apartheidsaktiwiteite geel geneem het. In Julie 1964 word Maharaj in Johannesburg gearresteer, en word saam met vier ander op aanklag van sabotasie in die klein Rivonia-verhoor aangekla. Hy is skuldig bevind, en is hy op Robbeneiland saam met Mandela aangehou. In die gevangenis het hy dele van Mandela se biografie Long Walk to Freedom in die geheim help skryf en dit in 1976 uit die gevangenis gesmokkel.

Gedurende sy gevangenistyd voltooi Maharaj 'n B.Admin, 'n MBA en die tweede jaar van 'n B.Sc-graad voor sy vrylating op 8 Desember 1976.

Nadat hy in 1976 uit die Robbeneiland-gevangenis vrygelaat is, is Maharaj in 1977 deur die ANC na Zambië ontplooi. Hy is in 1985 verkies tot die nasionale uitvoerende komitee van die ANC. Van 1988 tot 1990 het Maharaj ondergronds in Suid-Afrika gewerk as deel van die ANC se Operasie Vula, wat 'n projek om die ANC se topleiers na Suid-Afrika te laat infiltreer. Gedurende hierdie tyd het Maharaj saam met Schabir Shaik se twee broers Yunis Shaik en Moe Shaik, ook lede van die ANC, gewerk. Maharaj het aan die destydse ANC-intelligensiehoof Jacob Zuma gerapporteer.

Rol in die regering

Hy word op 11 Mei 1994 die minister van vervoer van Suid-Afrika, 'n pos wat hy beklee het tot die algemene verkiesing van 1999.

Private sektor

Na die nasionale verkiesing van 1999 het Mac Maharaj uit die politiek getree en by FirstRand Bank aangesluit as die hoogsbesoldigde nie-uitvoerende direkteur.

Strydpunte

In Februarie 2003 het die Suid-Afrikaanse koerant The Sunday Times bewerings gepubliseer dat Mac Maharaj en sy vrou Zarina tussen Mei 1998 en Februarie 1999 meer as R500 000 ontvang het van 'n sakeman, Schabir Shaik. Shaik het in winste gedeel uit twee kontrakte wat deur die Ministerie van Vervoer toegeken is terwyl Maharaj minister was. In Augustus 2003 bedank Maharaj uit die Raad van FirstRand Bank na woede en aantygings van korrupsie in die media gepubliseer is.

Die Suid-Afrikaanse koerant, City Press, het in Maart 2007 bewerings gepubliseer dat Maharaj se vrou Zarina in 1996 'n Switserse bankrekening geopen het, en twee dae nadat dit geopen is, meer as $ 100 000 in die rekening van Schabir Shaik ontvang is. Ses maande later, in Maart 1997, het dieselfde Switserse rekening 'n verdere $ 100 000 van Shaik ontvang.

Op 6 Julie 2011 is hy deur president Jacob Zuma as sy woordvoerder aangestel.

In November 2011 het die Suid-Afrikaanse koerant Mail & Guardian gepoog om verdere aantygings oor Mac sowel as Zarina Maharaj te publiseer in verband met hul onderhoude met aanklaers in 2003, maar dit nie gedoen nie nadat Mac Maharaj strafregtelike klagte teen die koerant ingedien het omdat dit glo inbreuk op sy privaatheid gemaak het, en wette oortree het wat die geheimhouding van die 2003-aanklaeronderhoude beskerm

Maharaj is nooit deur Suid-Afrikaanse aanklaers aangekla nie, omdat dit moeilik was om te bewys dat Maharaj korrupte voornemens gehad het toe hy en sy vrou geld van Schabir Shaik ontvang het.

Akademiese affiliasies

In 2005 sluit hy aan by die fakulteit van die Bennington College in Vermont, VSA.

Verwysings

Tags:

Mac Maharaj Betrokkenheid by die stryd teen apartheidMac Maharaj Rol in die regeringMac Maharaj Private sektorMac Maharaj StrydpunteMac Maharaj Akademiese affiliasiesMac Maharaj VerwysingsMac MaharajANCJacob ZumaNatal (provinsie)Newcastle, KwaZulu-NatalPresident van Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Duitse maselsTransgenderSpanjeBynierAnneli van RooyenFilosofieHartversakingNadia HilkerSelfstandige naamwoordSpinnekopHomoseksualiteitIslamitiese kalenderSC 04 Westfalia HerneWoordsoortSuider-Afrikaanse ietermagogLouise LombardVarkgriepVoortrekkermonumentKleinkolmuskeljaatkatLongontstekingGenesis-skeppingsverhaalNaaktheidSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSuid-Afrikaanse WeermagVisLikkewaanHondsdolheidHipertensieJodeIndustriële RevolusieGeelslangElandréSkaapBorsklierBruto binnelandse produkOorVingerseksJaco JacobsBegrotingNiersteenAlliterasieOostenrykse DuitsNedersettingPretoriaAsteroïdeHendrik WitbooiBrighton SharbinoSeekoeiGIslamPerdSwangerskapAardeEienaamHomofoonMielieIrma SternKoalaKrieketPragmatiek (taalkunde)Stedelike hitte-eilandAnette EngelbrechtDikdermAfrikaansJodiumKolitisBoodskapAgapantKatTurksvyWes-KaapAdolf HitlerVerkleinwoordVratHeidelberg, Gauteng🡆 More