Meestersgraad In Besigheidsadministrasie

Meestersgraad in Besigheidsadministrasie (Engels: Master of Business Administration - MBA) is 'n spesiale meestersgraad, bedoel vir mense met 'n baccalaureus- of magistergraad en ten minste 'n paar jaar werkservaring.

MBA is 'n professionele bedryfsadministratiewe en bedryfsekonomiestudie.

Oorsig

Die ontwerp van die MBA-studie kom uit die Verenigde State, maar MBA word nou in baie lande onderrig. Anders as 'n gewone meesters, is MBA-kursus uiters prakties gerig. 'n MBA word nie altyd met 'n tesis afgesluit nie, maar aan die ander kant word daar gereeld gefokus op werkstukke en gevallestudies.

'n MBA-kandidaat kies ook meestal 'n hoofvak waarin hy wil spesialiseer: bemarkingsbestuur, finansiële bestuur, boekhouding, bedryfsnavorsing, bedryfsekonomie, personeelbeleid, besigheidsinligtingstegnologie, internasionale sakebestuur, kwaliteitsbeleid, nie-winsgewende sektor ensovoorts. Afhangend van die tradisie in die MBA-skool, word die studieprogram verder aangevul met 'byvakke' (tweede spesialiteit met minder 'krediete' as die hoofvak) of 'n reeks keusevakke uit ander sakedissiplines.

Die reeks MBA-kursusse is baie uiteenlopend van gehalte en wissel van bekende en uiters veeleisende studieprogramme tot titels met geen of uiters buigbare toelatingsvoorwaardes en minimum of geen eksamenvereistes nie. Sommige programme het ook 'n uitruilprogram vir studente en professore met ander internasionale sakeskole.

Die aantal plekke vir opleiding is dikwels beperk op hoogaangeskrewe programme en die kandidate word gekeur na die gehalte van vorige studies, verwysings en besigheidservaring. Die gestandaardiseerde GMAT-telling speel ook 'n belangrike rol in toelating tot internasionaal-bestuurde MBA-programme. Aan die ander kant het minder hoogaangeskrewe programme 'n baie breër aanstellingsbeleid, waardeur selfs die vereistes vir werkservaring nie altyd toegepas word nie.

Besigheidskole in Suid-Afrika

Besigheidskool Institusie Stad Akkreditasie Jaar gesig
SA Business School Johannesburg CHE 2015
Regenesys Business School Johannesburg CHE 1999
CIDA City Campus Johannesburg CHE 2000
Gordon Institute of Business Science (GIBS) Universiteit van Pretoria Johannesburg1 CHE, Association of MBAs (MBA & DBA), AACSB 20002
Graduate School of Business Universiteit van KwaZulu-Natal Durban CHE 1974
Henley Management College, South Africa Henley Management College Johannesburg CHE, Association of MBAs (MBA), EQUIS, AACSB 1992
Management College of Southern Africa Durban CHE 1995
Milpark Business School Johannesburg CHE 1997
Nelson Mandela University Business School Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit Port Elizabeth CHE 2005
Graduate School of Business and Government Leadership Noordwes-Universiteit Mahikeng CHE 2000
Potchefstroom Business School Noordwes-Universiteit Potchefstroom CHE 1998
Regenesys Business School Johannesburg CHE 1999
Regent Business School Johannesburg CHE
Rhodes Business School (RBS) Rhodes Universiteit Grahamstad CHE, Association of MBAs (MBA) (onderweg) 2000
Southern Business School Johannesburg CHE 1996
South African College of Business (SACOB) Kaapstad Umalusi (onderweg), CHE (onderweg) 2011
School of Business Leadership (SBL) Universiteit van Suid-Afrika Midrand CHE 1965
The Business School at Varsity College The Independent Institute of Education Verskeie kampusse CHE 1991
Tshwane University of Technology Business School Tshwane-Universiteit van Tegnologie Pretoria CHE 1999
Turfloop Graduate School of Leadership Universiteit van Limpopo Polokwane CHE 1997
UCT Graduate School of Business (GSB) Universiteit van Kaapstad Kaapstad CHE, Association of MBAs (MBA), EQUIS, AACSB 1964
Universiteit Stellenbosch (USB) Universiteit Stellenbosch Kaapstad CHE, Association of MBAs (MBA), EQUIS, AACSB 1964
University of the Free State Business School Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein CHE 1999
Faculty of Economic and Financial Sciences Universiteit van Johannesburg (UJ) Johannesburg CHE 1989
Wits Business School (WBS) Universiteit van die Witwatersrand Johannesburg CHE, Association of MBAs (MBA) 1968

1 GIBS bied besigheid spesifieke proramme in Londen, Verenigde Koninkryk

2 Nota: vanaf Januarie 2008 het GIBS die Graduate School of Management vervang.

Verwysings

Verdere leeswerk

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Meestersgraad In Besigheidsadministrasie OorsigMeestersgraad In Besigheidsadministrasie Besigheidskole in Suid-AfrikaMeestersgraad In Besigheidsadministrasie VerwysingsMeestersgraad In Besigheidsadministrasie Verdere leeswerkMeestersgraad In Besigheidsadministrasie Eksterne skakelsMeestersgraad In BesigheidsadministrasieBaccalaureus artiumMagister artium

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Erektiele disfunksieEweknienetwerkVerkoueRoemeensAngolaJeugdagAardeNasionalismeAlliterasieMeeueEmfiseemD.J. Opperman3D-rolprentSean CombsBrandmondsindroomKappie (skryfteken)Cleopatra VIIAtoomPubliekTsongaGrondwetWoordeboek van die Afrikaanse TaalOm-te-infinitiefkonstruksieMagnetismeSenuweestelselVrouLiewe HeksieMisdaadromanSaartjie BaartmanWetenskaplike klassifikasieNarsismeDrinkwatervoorsieningStadGroot TrekSatellietWitbloedselMetafoorSendelingposisieToekoms van die AardeHartSanskritBorskankerReënspinnekopErfenisWinterNederlandsNelson MandelaRenaissanceJudaïsmeTuisbladJoodse kalenderOnderwerp (taalkunde)United Democratic FrontStaalKersfeesPeriodieke tabelGreen PornoSosiale mediaFotosinteseSeptimius AwardsBedryfstelsel (inligtingstegnologie)EnsiklopedieKinderregteSuiwelprodukKoperEskomMorfeemVenda (taal)HeupvervangingSilwerAl-FatihaDroomHerpes simplex🡆 More