André De Ruyter: Suid-Afrikaanse sakeman

André Marinus de Ruyter (gebore 20 Maart 1971) is 'n Suid-Afrikaanse sakeman.

André de Ruyter
Gebore
André Marinus de Ruyter

20 Maart 1968 (1968-03-20) (55 jaar oud)
BeroepSakeman
TitelVoormalige HUB van Eskom

Opvoeding

De Ruyter het 'n Meestersgraad in Besigheidsadministrasie aan die Nyenrode Besigheidsuniversiteit in Nederland, 'n Baccalaureus in die Regte (LLB) wat hy aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf het, asook 'n Baccalaureus in Siviele Reg en 'n Baccalaureus Artium aan die Universiteit van Pretoria.

Loopbaan

De Ruyter het vir meer as 20 jaar by SASOL gewerk, en was van 2014 tot 2019 die HUB van Nampak. De Ruyter was sedert 15 Januarie 2020 die hoof- uitvoerende beampte van Eskom, maar het op 14 Desember 2022 sy bedanking aangekondig om einde Maart 2023 te vertrek. By Eskom het De Ruyter aandag aan hul hoogs onreëlmatige aankooppraktyke geskenk, benewens die invordering van onbetaalde skuld wat deur munisipaliteite aangegaan is. Eskom se historiese skuld het op nagenoeg R500 miljard gestaan, en NERSA se tariefvoorskrifte het 'n demper op hul skulddelging en winsgewendheid geplaas. Weens die operasionele en finansiële uitdagings moes Eskom jaarliks R50 miljard se hulp van die regering ontvang.

Bedanking by Eskom

Die Eskom-direksie het op 22 Februarie 2023 besluit daar sal nie van De Ruyter verwag word om die res van sy kennistydperk uit te dien nie. Hy het daarna sy bedanking met onmiddellike effek aangekondig, en Hoof Finansiële Beampte Calib Cassim is as tussentydse HUB aangestel.

Sy bedanking het gevolg op 'n onderhoud wat hy aan News24 gegee het. Hy het beweer dat diefstal en verduistering tot verliese van R1 miljard per maand by Eskom lei, dat 'n senior ANC-LP betrokke was, en die polisie wat sy vergiftiging ondersoek het, "het 'n dosis sianied met 'n sinusklag verwar". Hy beweer dat hy 'n kabinetsminister (sonder sukses) genader het om sy kommer uit te spreek oor die twyfelagtige toekennings rondom die R8,5 miljard-fonds vir skoon energie wat Eskom tydens die COP27-beraad beding het. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het bewyse geëis om die bewerings te staaf, gedreig om “op te tree” en het daarop aangedring dat die ANC “nie korrup is nie”.

Persoonlike lewe

De Ruyter is getroud, het drie kinders en woon in Johannesburg.

Verwysings

Tags:

André De Ruyter OpvoedingAndré De Ruyter LoopbaanAndré De Ruyter Persoonlike leweAndré De Ruyter VerwysingsAndré De Ruyter

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MuisvoëlBredasdorpGavin NewsomGoogle MapsTrigeminale neuralgiePersoonlikheidNagmaalPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPerdHeupQR-kodeEekhoringOlimpiese godeLugbesoedelingBloublasieBruin huisslangOvulasieKaapstadMielieGloukoomHeidelberg, GautengDawidSwamMenseregtedagAnnelize van der RystKlavierEmo AdamsDJ OssewaSportPynstillerWewervoëlsDanie Botha (musikant)JagluiperdKoöperasiestoriesMorfologie (taalkunde)LewerAnrich HerbstBynierAntoniemGewone wildevyGeelslangGoeie VrydagBlackie Swart (sanger)KokerboomHenogCyril RamaphosaGeskiedenis van die BoererepubliekeSimon PetrusHarsKarwatsSuider-Afrikaanse ietermagogEkonomiese sektorNoord-KaapLys van Suider-Afrikaanse soogdiereTrekarbeidAnale seksSpekboomMieliestronkAbrahamHolocaustPG du PlessisDigvormGeslagPierre van PletzenLys van Afrikaanse televisiereekseNierNatuurlike hulpbronWikipediaLys van vertalings in AfrikaansLadismithKoppeltekenMangelontstekingLizz MeiringDirekte en Indirekte rede🡆 More