Alexander De Croo: Belgiese politikus

Alexander De Croo (gebore 3 November 1975 in Vilvoorde) is 'n Belgiese politikus van die Open Vlaamse Liberalen en Democraten (Open Vld).

Hy het as die partyvoorsitter van 2009 tot 2012 gedien. De Croo was van 2012 tot 2020 België se adjunk-premier. Hy was ook minister van Ontwikkelingsamewerking, Pensioene en Finansies gewees.

Alexander De Croo
Alexander De Croo
De Croo in 2022

Eerste minister van België
Ampsbekleër
Termynaanvang
1 Oktober 2020
Monarg Filip van België
Voorafgegaan deur Sophie Wilmès

Minister van Finansies
Ampstermyn
9 Desember 2018 – 1 Oktober 2020
Eerste minister Charles Michel
Sophie Wilmès
Voorafgegaan deur Johan Van Overtveldt
Opgevolg deur Vincent Van Peteghem

Adjunk-eerste minister van België
Ampstermyn
22 Oktober 2012 – 1 Oktober 2020
Eerste minister Elio Di Rupo
Charles Michel
Sophie Wilmès
Voorafgegaan deur Vincent Van Quickenborne
Opgevolg deur Vincent Van Quickenborne

Minister van Pensioene
Ampstermyn
22 Oktober 2012 – 11 Oktober 2014
Eerste minister Elio Di Rupo
Voorafgegaan deur Vincent Van Quickenborne
Opgevolg deur Daniel Bacquelaine

Leier van die Open Vld
Ampstermyn
12 Desember 2009 – 22 Oktober 2012
Vise Vincent Van Quickenborne
Patricia Ceysens
Voorafgegaan deur Guy Verhofstadt (waarnemend)
Opgevolg deur Guy Verhofstadt (waarnemend)

Persoonlike besonderhede
Gebore 13 November 1975 (1975-11-13) (48 jaar oud)
Vilvoorde, Vlaandere, België
Politieke party Open Vld
Eggenoot/-note Annik Penders
Kind(ers) 2
Alma mater Vrye Universiteit van Brussel
Noordwestelike Universiteit

Biografie

De Croo is op 3 November 1975 in Vilvoorde in Vlaams-Brabant gebore. Hy is een van twee kinders van die politikus en minister van buitelandse sake Herman De Croo en sy vrou Françoise Desguin. In 1998 het hy 'n graad in besigheidsingenieurswese aan die Vrye Universiteit van Brussel ontvang. Hy het in 2004 sy meestersgraad in besigheidsadministrasie van die Noordwestelike Universiteit in Illinois ontvang. De Croo het in 1999 'n projekleier by Boston Consulting Group geword. In 2006 het hy 'n nuwe maatskappy genaamd Darts-ip gestig.

Politieke loopbaan

In 2009 was hy 'n kandidaat vir die Europese Parlement. Hy het meer as 47 000 stemme ontvang. Op 12 Desember 2009 is hy tot die leierskap van die Open Vlaamse Liberalen en Democraten verkies. Sy verkiesing is as merkwaardig beskou aangesien hy byna geen vorige ervaring as 'n politikus gehad het nie.

Politeke krisis

Vyf maande nadat hy tot partyleier verkies is, het De Croo gedreig om die Open VLD uit die regerende koalisie te onttrek as daar geen oplossing vir die grondwetlike dispuut in die Brussel-Halle-Vilvoorde-stemkwessie was nie. Die party het die regering verlaat en premier Yves Leterme het die kabinet se bedanking aangekondig. Dit is op 26 April 2010 deur koning Albert II aanvaar. Tydens die 2010-senaatsverkiesing het De Croo meer as 301 000 stemme behaal, die derde meeste in die Nederlandssprekende kiesafdeling. Hy het tot 22 Oktober 2012 as 'n senator gedien.

Kabinetsminister

De Croo het op 22 Oktober 2012 vir Vincent Van Quickenborne as minister van pensioene en adjunk-eerste minister opgevolg nadat Van Quickenborne bedank het om burgemeester van Kortrijk te word. In Desember is Gwendolyn Rutten as die nuwe voorsitter van Open VLD verkies. In 2014 is hy as Minister van Ontwikkelingsamewerking, Digitale Agenda, Telekommunikasie en Posdienste aangewys. Hy is in 2018 tot Minister van Finansies bevorder.

Eerste minister van België

Op 1 Oktober 2020 is De Croo as eerste minister ingehuldig.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.
Voorafgegaan deur
Sophie Wilmès
Eerste minister van België
2020–nou
Opgevolg deur
...

Tags:

Alexander De Croo BiografieAlexander De Croo Politieke loopbaanAlexander De Croo KabinetsministerAlexander De Croo VerwysingsAlexander De Croo Eksterne skakelsAlexander De CrooBelgiëOpen Vlaamse Liberalen en DemocratenVilvoorde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Neo-NazismeLys van Suid-Afrikaanse musikanteResensieFiela se kindVersoeningsdagPseudowetenskapJohann de LangeRuslandMaroela MediaMaagWerkloosheidNiemetaalMaatskaplike verantwoordelikheidKongo-krisisVeerKindersiektesGalileo GalileiSpeelkaartMaatskappyNagmaalRobert SobukweNierversakingKoerantKrampDysselsdorpSlimfoonSeksuele penetrasieWoordeboek van die Afrikaanse TaalLongontstekingMondLeierskapKitaarVoegwoordMonopolyEreksieGrondwetGoogle TranslateLaeveldTegnologieEngelsBotswanaTikTokGroepsdrukJo BlackSimboolSout (chemiese stof)InsekAntisemitismeDonkie24 AprilYsterWaterbesoedelingLeah van NiekerkMynbouWitbloedselDirekte en Indirekte redeN.P. van Wyk LouwDeelteken en umlautTuberkuloseAngolaSkildklierRosa ParksSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994AardedagBalletOlimpiese SpeleWêreld- Ekonomiese ForumNatuurWerkersdagVoornaamwoordPubliekNederduitse Gereformeerde KerkBeaufortskaalGrondbesoedelingAlkoholismeBedryfstelsel (inligtingstegnologie)EjakulasieAluminium🡆 More