Sophie Wilmès: Belgiese politikus, premier sedert 2019

Sophie Wilmès (gebore op 15 Januarie 1975 in Elsene/Ixelles) is 'n Belgiese politikus van die Franstalige, liberale Mouvement Réformateur-party (MR).

Van Oktober 2019 tot Oktober 2020 was sy die eerste vroulike eerste minister van België gewees. Van Oktober 2020 tot Julie 2022 was sy die adjunk-premier en onder meer die minister van Buitelandse Sake in die De Croo-kabinet gewees.

Sophie Wilmès
Sophie Wilmès
Sophie Wilmès in 2020

Federale adjunk-premier
Ampstermyn
1 Oktober 2020 – 14 Julie 2022
Eerste minister Alexander De Croo
Voorafgegaan deur David Clarinval (MR)
Opgevolg deur David Clarinval

Federale minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
1 Oktober 2020 – 14 Julie 2022
Eerste minister Alexander De Croo
Voorafgegaan deur Philippe Goffin
Opgevolg deur Hadja Lahbib

Ampstermyn
27 Oktober 2019 – 1 Oktober 2020
Monarg Filip
Voorafgegaan deur Charles Michel
Opgevolg deur Alexander De Croo

Federale minister van Wetenskapsbeleid en Staatsdiensaangeleenthede
Ampstermyn
9 Desember 2018 – 27 Oktober 2019
Eerste minister Charles Michel
Voorafgegaan deur Zuhal Demir onderskeidelik Sander Loones
Opgevolg deur David Clarinval

Federale minister van Begroting en Nasionale Lotery
Ampstermyn
22 September 2015 – 27 Oktober 2019
Eerste minister Charles Michel
Voorafgegaan deur Hervé Jamar
Opgevolg deur David Clarinval

Persoonlike besonderhede
Gebore 15 Januarie 1975 (1975-01-15) (49 jaar oud)
Elsene/Ixelles, Brusselse Hoofstedelike Gewes
Politieke party Mouvement Réformateur
Eggenoot/-note Christopher Stone
Kind(ers) 4
Alma mater Institut des Hautes Études des Communications Sociales (IHECS),
Haute École ICHEC – ECAM – ISFSC
(beide in Brussel)

Wilmès het in Grez-Doiceau (teenswoordig 'n munisipaliteit in die provinsie Waals-Brabant) grootgeword. Sy het toegepaste kommunikasiekunde en finansiële bestuur gestudeer en by die Europese Kommissie en 'n prokureursfirma gewerk.

Sy was vanaf 2000 tot 2006 'n lid van die munisipale raad van Ukkel in die Brusselse Hoofstedelike Gewes gewees. Sedert 2007 dien sy as 'n lid van die munisipale raad van Sint-Genesius-Rode in die provinsie Vlaams-Brabant en was tewens vanaf 2007 tot 2015 'n skepe van hierdie munisipaliteit gewees. Wilmès was ook vanaf 2012 tot 2014 die verteenwoordigende lid van die Union des Francophones-party in die provinsiale raad van Vlaams-Brabant gewees. Verder het sy vanaf Oktober 2014 tot September 2015 in die Kamer van Verteenwoordigers gedien, en was vanaf September 2015 tot Oktober 2019 'n federale minister in die regeringskabinette van Michel I en Michel II gewees.

Sophie Wilmès is van Joodse afkoms, is getroud met 'n Australiër en het vier kinders.

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Charles Michel
Eerste minister van België
2019–2020
Opgevolg deur
Alexander De Croo

Tags:

15 Januarie1975BelgiëElsene

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaatskappyJan-Willem BreureTuisbladWortelNasionale VrouedagAlice MunroSharpeville-slagtingBurgerregteSlag van Cuito CuanavaleFiksieNarsistiese persoonlikheidsteuringAt BothaBloemfonteinSuid-Afrikaanse RugbyunieVoedingLys van Suid-Afrikaanse skrywersOvulasieSeeSkisofrenieHartversakingGrondwet van Suid-AfrikaAfleiding (taalkunde)BywoordMuskeljaatkatGeestesgesondheidRooibokKolorektale kankerViëtnamWielewaalGevolge van aardverwarming op oseaneVloeistofLionel PetersonWaterkringloopTaalWhatsAppSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureGewone luislangMenslike penisgrootteTrevor ManuelEreksieRina HugoDataverwerkingGeestesteuringInternetAborsie in Suid-AfrikaJanie du PlessisElandréTekstielWoordsoortDonderstormNic de JagerRatelKlein vyf diereAkroniemMenseregtedagByvoeglike naamwoordBloedvergiftigingJan van TonderProteïenJagluiperdWieg van die MensdomAntoniemKookpuntVis7de LaanBosvarkWikimedia-stigtingWinnie Madikizela-MandelaJavaScriptWet op NaturellengrondKwaggaOnderhandelinge om apartheid te beëindigGroot TrekEnkelvoudige sinDrinkwatervoorsieningKaliumAnneli van RooyenSowjetunie🡆 More