Langvinkurper

Die langvinkurper (Serranochromis longimanus) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavangodelta en boonste gedeelte van die Zambezirivier.

In Engels staan die vis bekend as die Longfin largemouth of die Longfin largemouth bream.

Langvinkurper
Langvinkurper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Pseudocrenilabrinae
Genus:
(Regan, 1920)
Spesie:
S. longimanus
Binomiale naam
Serranochromis longimanus

Voorkoms

Die langvinkurper se kop is gepunt met groot en bek. Daar is twee rye tande in die bokaak en die tandplaat is lank en dun met skerp tande.

Die vis het 'n ovaal vorm en kenmerkende kleur. Die agtergrond is silwerwit en daar is groot swart vlekke op die kop, 5-6 vertikale strepe oor die lyf en die vinne is dof met ligter kolle op.

Die rugvin is lank en besonder hoog. Die stertvin is rond. Die anale vin van die mannetjie het donkerrooi oogvlekke op. Die buikvinne is lank en raak die anale vin. Die borsvinne is baie lank en raak die anale vin maklik en is 33-40% van die liggaamslengte (van die snoet tot voor die stert). Die skubbe is grof en daar is 35 op die systreep.

Langvinkurpers word tot 30 cm lank.

Habitat

Langvinkurpers is uiters skaars en leef in permanente vloedvlaktes, mere en kalmer waters met goeie waterplantbedekking.

Hulle is veral gedurende die nag aktief en vreet klein vissies en insekte. Hulle kan gehengel word met erdwurms of kunsaas soos klein swaailemme.

Identifikasie

Die langvinkurper word maklik met die perskopkurper verwar. Die groot verskil waaraan hy uitgeken word is sy lang vinne, veral die borsvinne wat maklik by die begin van die anale vin verbysteek.

Sien ook

Verwysings

Bron

Eksterne skakel

Tags:

Langvinkurper VoorkomsLangvinkurper HabitatLangvinkurper IdentifikasieLangvinkurper Sien ookLangvinkurper VerwysingsLangvinkurper BronLangvinkurper Eksterne skakelLangvinkurper

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VleilandSlangStedelike hitte-eilandBloutongsiekteJudaïsmeDelft, KaapstadMagnetismeTienerJan van TonderKweekhuiseffekKerngeneeskundeJakobMoedersdagWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaGoudkus (streek)LeenwoordGrondbesoedeling16 NovemberKarretjiemenseFamilie (verwantskap)Grootste rampe in Suid-AfrikaKortverhaalWaarheid-en-versoeningskommissieRoesJagluiperdGroot TrekSendelingposisieMusiekMark (ekonomie)MandalaFinansiële staatSint JorisdagArabiesKlimaatsverandering in AfrikaBelastingKaapstadse waterkrisis 2015-2018SkaakPerdDirekte en Indirekte redeVarkTekstielJan van RiebeeckNommertekenMenslike seksuele gedragAnale kankerBesnydenisMagsverheffingSanskritBeesSuid-Afrikaanse WeermagDepressie (gemoedstoestand)Olimpiese Somerspele 2012KhoikhoiAartappelEjakulasieFibonacci-reeksMobutu Sese SekoAbstraksie (rekenaarwetenskap)Vincent van GoghHamburgerE-posAntoniemAgtervoegselD.J. OppermanDoelwitVoorsetselLenteWikimedia-stigtingTolla van der MerweGoeie VrydagEnsiklopedieNamibwoestynAfrikaanse woordelys en spelreëlsVoortrekkermonumentKoue OorlogRob HersovLys van Suid-Afrikaanse musikante🡆 More