Tand

'n Tand (meervoud: tande) is 'n klein, verkalkte, wit struktuur wat in die kake (of monde) van baie gewerweldes voorkom en gebruik word om kos af te breek.

Sommige diere, veral roofdiere, gebruik ook tande vir jag of vir verdedigingsdoeleindes. Die wortels van die tande word deur tandvleis bedek. Tande is nie van been gemaak nie, maar eerder van verskeie weefsels van verskillende digtheid en hardheid. 'n belangrike stof is die mineraal hidroksielapatiet. Die sellulêre weefsel wat uiteindelik tande vorm is afkomstig uit die embrioniese kiemlaag, die ektoderm.

Tand
"Sulke tanne moet mos jam kry!"

Die algemene struktuur van tande is soortgelyk by meeste van die gewerweldes, maar daar is 'n aansienlike verskil in hul vorm en posisie. Die tande van soogdiere het diep wortels; hierdie patroon word ook gevind in 'n paar vissoorte en in die krokodilagtiges. In die meeste teleostei visse egter, is die tande verbonde aan die buitenste oppervlak van die been, terwyl dit by akkedisse aan die binneste oppervlak van die kaak geheg is. In kraakbeenagtige visse, soos haaie, is die tande deur taai ligamente aan die hoepels van kraakbeen wat die kakebeen vorm.

Eksterne skakels

Tags:

BeenGewerweldesHidroksielapatietRoofdier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HorlosieKonjunktivitisPampoentjiesKaapstadse waterkrisis 2015-2018Pussy RiotAntjie SomersWes-KaapSkildklierMassaElandréEeuSelfstandige naamwoordKostuumsSkoenlapperKonsentrasiekampNasionalismePinksterDarwinismeSuurstofSikloonTelefoonHemelvaartsdagViëtnamoorlogKonflik (proses)Ekonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaVennootskapTuberkuloseKolorektale kankerVoortrekkersVoëlOraniaKunstenaar23 AprilTeam Fortress 2BeroerteLandbou in Suid-AfrikaMielieLys van Afrikaanse skrywersVryheidsdagWeeluisVoegwoordPoesVerkragtingBlourokkeBosluisbytkoorsAsemhalingKrugerwildtuinNederlandBruin menseKangogrotteGeslagsgelykheidEiffeltoringPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMieliestronkHeupAfrikaanse WikipediaNamibiëEmfiseemProvinsies van Suid-AfrikaJeugdagSokkerWetenskap22 AprilEmosieHeidelberg, GautengMaatskappyNedersettingMynbedryf van Suid-AfrikaMonopolyEtniese groepStikstofWaterbesparing in Suid-AfrikaRefentse MorakeTekstielNag van die lang messeAngina pectoris🡆 More