Die lamantyn of manatee (Trichechus) is 'n groot watersoogdier wat tot die familie Trichechidae behoort.
Daar word geglo dat hul orde, Sirenia, meer as 50 miljoen jaar gelede van die ander vierbenige landsoogdiere geskei het; die diere wat die naaste aan hulle verwant is, is die olifante en die dassies.
Lamantyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | Sirenia |
Familie: | Trichechidae Gill, 1872 |
Genus: | Trichechus Linnaeus, 1758 |
Spesies | |
Trichechus inunguis | |
Verspreiding van die lamantyn |
Doegongs behoort ook tot die Sirenia en hulle noue verwantskap is onder meer te sien aan hul soortgelyke voorkoms: die twee families kan onderskei word deur hul skedel- en stertvorm. 'n Lamantyn se stert is in die vorm van 'n roeispaan, terwyl die doegong 'n gevurkte stert het.
Lamantyne is herbivore en bring die grootste deel van hul tyd in vlak water deur terwyl hul wei. Hulle lewe van waterplante, soos seegras, en kom in die varswatergebiede van Suid- en Sentraal-Amerika, in die Karibiese See en die Weskus van Afrika voor. Hierdie verspreiding dui ook die verskillende spesies aan:
Die Karibiese lamantyn is 'n bedreigde en nou ook beskermde diersoort. Die bevolkingsyfers het oorspronklik as gevolg van jagters gedaal, maar selfs na die dier beskerm is, hou menslike aktiwiteite steeds 'n gevaar in: die verspreiding van die mens hou in dat die diere se leefgebied kleiner word, terwyl die skroefenjins van motorbote en ingeslukte vishake en nylondraad verdere gesondheidsrisiko's inhou.
Lamantyne is aangepas vir lewe onder die water: hulle liggame is torpedovormig en hulle voorpote en stert is omgevorm tot vinne. Hulle agterpote het geheel en al verdwyn, hulle het geen oorskulpe nie en hulle kan hulle neusgate afsluit. Die lamantyn het opgeswelde, beweeglike lippe waarmee hy drywende seegras afslurp en het horingagtige plate op 'n harde verhemelte en in sy onderkaak om die kos te help kou. Hulle het slegs maaltande, waarvan die voorste twee mettertyd afgeslete word en dan uitval. Twee nuwe kiestande verskyn dan agter in hulle monde en die tande skuif op om die gaping voor in hul mond te vul. Mannetjies het twee kort slagtande in hul bokaak wat geen funksie blyk te dien nie.
Alhoewel hulle in die water lewe, is lamantyne soogdiere, wat beteken dat hulle elke drie tot vyf minute na die wateroppervlak moet kom om asem te haal. Wanneer hulle baie aktief is (en dus baie energie gebruik) sal hulle elke dertig sekondes na die oppervlak kom om asem te haal, terwyl 'n rustende lamantyn tot 20 minute onder water kan bly.
'n Lamantyn is ongeveer een jaar dragtig, waarna een kalf gebore word (tweelinge is ook al waargeneem). Geboorte vind onder water plaas en die kleintjie soog aan die melkkliere op 'n koei se bors. Daar word geglo dat verhale oor meerminne hul oorsprong het in matrose wat lamantyne en doegongs sien soog het aan hul moeders. Kalwers is na ongeveer vyf jaar geslagsryp.
Wiki Commons bevat media in verband met Manatee. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Lamantyn, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.