Herbivoor

'n Herbivoor is 'n dier wat plantmateriaal vreet.

Hierdie term is van die Latynse woord herba (gras, kruid, plant) en die agtervoegsel -vorus (etend, eter) afgelei. In teenstelling met herbivore, vreet karnivore uitsluitend ander diere, terwyl omnivore beide diere en plante vreet.

Herbivoor
Hertagtiges wat blare vreet
Herbivoor
Gorillas is ook herbivore.
Herbivoor
'n Wurm wat aan 'n blaar knaag.

Herbivore (soos takbokke, olifante en perde) se tande is aangepas is om plantmateriaal te kneus en te maal. Hulle vreet meestal blare en vrugte, maar kan ook op ander plantdele soos blomme, wortels, sade, bas en nektar voed. Hierdie diere kan gewoonlik nie vleis kou of verteer nie. Sommige plantetende diere sal wel eiers en soms ander dierlike proteïen inneem. Diere wat meer as 5% van hulle dieet met dierlike voeding aanvul, word egter as omnivore geklassifiseer.

Sommige herbivore se dieet is seisoenaal. In die gematigde gebiede, wat deur warm en koue seisoene afgewissel word, is verskillende plante op verskillende tye van die jaar beskikbaar.

Let daarop dat mense omnivore is. Mense wat slegs plante eet word vegetariërs genoem.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

DierKarnivoreLatynOmnivorePlant

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KindersiektesSebraOrgasmeRieldansSkerpioenMosesPerdPeriodieke tabelKwame NkrumahBewaringstatusHeidelberg, GautengKrokodil7de LaanEkonomieRooibokWolkJazzKeramiekSuid-Afrikaanse GrensoorlogThabo MbekiSikloonSitrusHomoniemViëtnamoorlogTaalfossielSteenkoolMIVHelpmekaar-kollegeDrakensbergeKarakteriseringStrykysterPolisieWikiquoteProteïenGlasFrederik Willem de KlerkBestaansboerderyLewerEkonomie van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse skrywersSeekoeiOranjerivierTienerSkoenlapperMielieKinderregteParkinson se siekteKlimaatsverandering in AfrikaGalblaasSarel Jacob PretoriusKankerSinkVaste stofClanwilliam-sandvisBybelEeuNedersettingBeaufortskaalWetenskapTolla van der MerweWortelWerkersdagLys van bekende Suid-AfrikanersLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaKangaroeDieremishandelingKletsrymAfro-AmerikanersMeningsverskil oor aardverwarmingEerste WêreldoorlogVloeistofMetafoorBoelieryMens🡆 More