Klas 25-Stoomlokomotief

Die Klas 25 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is.

Hierdie lokomotiewe is ontwerp om die Klas 23-lokomotiewe op die Touwsrivier - De Aar hooflyn te vervang. Hierdie hooflyn is 550 km (345 myl) lank deur die Karoo en het destyds 'n groot waterbehoefte vir stoomtreine gehad - water wat gedurende die winter skaars kon raak. Die Klas 25 is ontwerp met 'n kondenseerder wat tot 60% water kon bespaar. Hierdie klas is toegerus met Walschaerts-klepratwerk.

Suid-Afrikaanse Klas 25 4-8-4
Klas 25-Stoomlokomotief
Nommer 3511 op Hartswater, 24 April 1981.
Tipe en oorsprong
Kragtipe Stoom
Ontwerper Suid-Afrikaanse Spoorweë
Henschel & Son
Vervaardiger North British Locomotive Company
Henschel & Son
Serienommer Enjins: 3451: Henschel 28730
3452-3540: NBL 27312-27400
Stoomketels: Henschel 28770-28773
Tenders:
Henschel 28730, 28780-28839
Klas SAR Klas 25
Vervaardig 1953
Aantal gebou 90
Herbouer Suid-Afrikaanse Spoorweë
Herboudatum 1973-1980
Aantal herbou 87 van Klas 25 na Klas 25NC
Bouspesifikasies
Konfigurasie 4-8-4 "Northern"
Spoorbreedte Kaapspoor
Wielbasis Totaal: 28.983 m
Enjin: 11.582 m
Tender: 13.970 m
Lengte 32.768 m
Hoogte 3.962 m
Raamwerk Gietstaal
Asbelasting 19.6 t op die 3de dryfwiel
Massa op dryfwiele 78.1 t
Lokomotiefmassa 109.7 t (241 920 lb) leeg
123.0 t met vrag
Tendermassa 71.8 t (158 339 lb) leeg
120.8 t met vrag
Gesamentlike massa 181.5 t leeg
243.8 met vrag
Tendertipe CZ kolewa met water
Aandrywing
Brandstof Steenkool
Brandstofkapasiteit 19.3 t
Waterkapasiteit 24 800 ℓ
Stoomketel 1.934 m binne diameter
5.791 m binne lengte
Stoomketeldruk 1 550 kPa
Vuurroosteroppervlak 6.503 m2
158 buise met 63.5 mm omtrek
40 buise met 140 mm omtrek
– Vuurkas 13.564 m2
203.086 m2
Oorverhitteroppervlak 58.529 m2
Silinders Twee
Silindergrootte 610 mm (24 dm) boor
711 mm (28 dm) slag
Klepwerk Walschaerts
Werkverrigting
Trekkrag 201.8 kN (45 360 lbk) teen 75% keteldruk
Lokomotiefremme Vakuum
Diensgeskiedenis
Gebruiker Suid-Afrikaanse Spoorweë
Aantal in klas 90
Vlootnommer(s) 3451-3540
Bynaam Condenser (kondenseerder)
Worshond (nie-kondenseerder)
Afleweringsdatum 1953-1954
Eerste tog 1953

Kondenseerders

Hierdie klas se ontwerp is beïnvloed deur eksperimente wat gedoen was met Klas 20 en kondenseerders. Daar is 90 van die lokomotiewe bestel. Henschel het slegs een lokomotief en 60 kondenseerders en North British Locomotive Company het 89 lokomotiewe en 30 kondenseerders afgelewer. Dit is omrede Henschel die meeste ervaring met kondenseerders gehad het.

By lokomotiewe met kondenseerders word die gebruikte stoom nie in die lug weggeblaas nie maar teruggevoer na 'n lugverkoelde kondenseerder in die kolewa. Nadat die stoom afgekoel en water gevorm het, word dit hersirkuleer na die stoomketel toe. Die proses het ook doeltreffendheid verbeter omrede die hersirkulerende water reeds warm was, en minder hitte dus nodig was om weer stoom te vorm in die stoomketel van die lokomotief.

Die kondenseerder het ook 'n nadeel. By gewone stoomlokomotiewe word die stoom wat van die siliders kom deur die skoorsteen uitgeblaas via die blaaspyp. Dit veroorsaak dat warm lug uit die vuurkas deur die stoomketel na die skoorsteen gesuig word en in die proses die water verhit tot stoom. Met kondenseerders moet 'n stoomaangedrewe turbine in die skoorsteen geïnstalleer word om dieselfde effek te kry. Hierdie turbine het die Klas 25-stoomlokomotief 'n unieke klank gegee.

In die kondenseertender was vyf stoomaangedrewe waaiers om lug deur die kondenseerder te blaas wat 550 perdekrag benodig het om operasioneel te wees.

Klas 25NC

As gevolg van die baie en moeilike instandhoudingsvereistes van die kondenseerders is al die Klas 25-lokomotiewe behalwe twee se kondenseerders verwyder. Hulle is hergeklassifiseer as Klas 25 NC. Daar is 'n watertenk in die plek van die kondenseerder op die kolewa gebou. Terselfdertyd is nog 50 Klas 25NC-lokomotiewe bestel by North British Locomotive Co en 39 by Henschel & Son.

Verwysings

Eksterne skakels


Tags:

Klas 25-Stoomlokomotief KondenseerdersKlas 25-Stoomlokomotief Klas 25NCKlas 25-Stoomlokomotief VerwysingsKlas 25-Stoomlokomotief Eksterne skakelsKlas 25-StoomlokomotiefDe AarKarooKlas 23-stoomlokomotiefLokomotiefStoomlokomotiefSuid-Afrikaanse SpoorweëTouwsrivierWalschaerts-klepratwerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KopieregLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameAfleiding (taalkunde)Direkte en Indirekte redeSoogdierSelfstandige naamwoordDie ontstaan van die dramaMagsverheffingProteïenSuid-Afrikaanse randIndustriële RevolusieToekoms van die AardeTekstielLiewe HeksieChapmanspiek-rylaanWoordVersoeningsdagAborsie in Suid-AfrikaSwedeKultuurDramaJakkalsHoofletterPerdSkaakGalblaasGautengXenofobie in Suid-AfrikaJan van TonderGreen PornoLys van Afrikaanse skrywersHandelsmerkWeervoorspellingKerrieProstaatkankerJeugdagElektrodeLys van Suid-Afrikaanse skrywersDesmond TutuSeksuele opwekkingLeonardo da VinciLys van elemente volgens simboolOmtrek, oppervlakte en volumeKrimpvarkieGalileo GalileiBeroerteTemperatuurAfvalbestuurKolonoskopieUniegebouSpreeuSuurreënPenisKlimaatsverandering in AfrikaSint JorisdagJewgeni PrigozjinAborsieMoedersdagDrinkwatervoorsieningNG gemeente JansenvilleBalletPlaattektoniekLys van hoofstedeKhoikhoiPlae van EgipteBelastingTsongaFamilie (verwantskap)Geskiedenis van die Verenigde State van AmerikaTrigeminale neuralgieSikloonSeptimius AwardsRentePampoentjiesApokriewe boekeBloutongsiekte🡆 More