Kauai

Kauai (Hawais: Kauaʻi) is die vierde grootste en oudste eiland van die Hawaise Argipel.

Die eiland het meer as agt miljoen jaar gelede as 'n vulkaankeël uit die see verrys. Die vulkaan is lankal geblus, en die lawarotse op die eiland is oor duisende jare deur wind, reën en getye verweer tot vrugbare grond.

Kauaʻi
Die Tuineiland
Satellietfoto van Kauaʻi
Satellietfoto van Kauaʻi
Geografie
Location in the state of Hawaii
Ligging 22°05′N 159°30′W / 22.083°N 159.500°W / 22.083; -159.500 159°30′W / 22.083°N 159.500°W / 22.083; -159.500
Oppervlakte 1 430,4 vk km
Geranglys 4de grootste eiland van die VSA-deelstaat Hawaii
Hoogste punt Kawaikini
  1 598 m
Demografie
Bevolking 65 689 (2008)
Bevolkingsdigtheid 41/vk km
Amptelike simbole
Blom Mokihana (Melicope anisata)
Kleur Poni (purper)

Die hange teen die bergpieke in die middel van die eiland – soos Waialeale – behoort tot die natste plekke op aarde: die jaarlikse reënval beloop hier meer as 12 000 millimeter. In 1928 is selfs jaarlikse rekordneerslae van 22 000 millimeter aangeteken. Die verdamping van groot hoeveelhede water en die plaaslike topografie met opwaartse hellings laat die heersende vogtige Passaatwinde vinnig styg en veroorsaak sodoende die swaar reën wat gereeld oor die eiland uitsak. Danksy die groot watermassa's is Kauai dan ook die enigste Hawaii-eiland waar egte riviere voorkom.

Saam met Niihau, die "Verbode Eiland", wat saam met Kauai geadministreer word, neem die eiland ook in ander opsigte 'n besondere posisie in die Hawaii-eilandgroep in. Vanweë sy ligging in die noordelike uithoek van die argipel kan Kauai nie vanaf enige ander eiland gesien word nie – om kartografiese redes word dit op toeristekaarte dikwels nader aan die hoofeiland Oahu verskuif.

Kauai was die eerste Hawaii-eiland waar kaptein James Cook op 21 Januarie 1778 voet aan wal gesit het en die laaste eiland van die argipel wat koning Kamehameha I se oproep tot politieke vereniging van alle eilande nagekom het. Terwyl alle ander Hawaii-eilande reeds teen die einde van die 18de eeu deur die heerser verower is, het die bewoners van Kauai hulle eers in 1810 vrywillig aan sy heerskappy onderwerp om 'n oorlog op hulle eiland te voorkom.

Kauai as een van die mees afgeleë Hawaii-eilande is met sy lang ongerepte strande, skoon seewater en palms steeds 'n trekpleister vir toeriste wat op soek is na die rustigheid en bekoring van 'n tropiese eiland. Kauai het sy bynaam "Tuineiland" aan die geurige mohikana-bessies en bloeisels te danke wat hier oral blom.

Verwysings

Tags:

ArgipelEilandGetyeReënVulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Afrikaanse skrywersVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameBlack SashOnse VaderWiskundeLys van bekende Suid-AfrikanersLeierBysteekHerpes simplexLys van Suider-Afrikaanse soogdiereZack du PlessisNieuwoudtvilleE-posSamestellende afleidingChemiese elementWoordsoortSmaakLyfstraf in skolePad na jou hartCoca-ColaSeksuele stimulasieAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994JohannesburgVerkleinwoordGrondsoorteVars waterArabiesWhatsAppNag van die lang messePretoriaKontinentBorskankerMaatskappyOntdekking van goud in Suid-AfrikaLys van Kaapstad se voorstedeHindoeïsmeGrondwet van Suid-AfrikaStruktuur van die AardeMaatskaplike verantwoordelikheidCradock-4Kappie (skryfteken)WaterkringloopJagluiperdInleiding tot die genetikaSeekoeiSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeHamburgerJeugdagSuikersiekteGeldKolonisasieDigvormDemokrasieNatriumtiosulfaat7de LaanWortelTrekarbeidTienie HollowayElana AfrikaKoeffisiënt en magswortelTropiese sikloonHernubare energieSamestellingKolonoskopieOnbemande vliegtuigMierGeskiedenis (vakgebied)MeervoudWikiOseanografieSeksuele opwekkingRosa ParksSelfieSokkerSias ReineckeC.J. Langenhoven🡆 More