Joe Mcgluwa

Joseph Job McGluwa (gebore 23 Augustus 1963) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat van 2015 tot 2020 die leier van die Demokratiese Alliansie in die Noordwesprovinsie was.

Hy dien sedert 16 Augustus 2018 as lid van die Nasionale Vergadering. McGluwa was voorheen, van 2009 tot 2015, ook 'n parlementslid, maar van 2015 tot 2018 'n lid van die Noordwes provinsiale wetgewer.

Joe McGluwa

Ampstermyn
30 Mei 2015 – 21 November 2020
Voorafgegaan deur Chris Hattingh
Opgevolg deur Leon Basson

Ampsbekleër
Termynaanvang
16 Augustus 2018
Ampstermyn
2008 – 12 November 2015

Ampstermyn
13 November 2015 – 15 Augustus 2018

Persoonlike besonderhede
Gebore 23 Augustus 1963 (1963-08-23) (60 jaar oud)
Klerksdorp, Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Politieke party Demokratiese Alliansie
Eggenoot/-note Nadia McMaster
Kind(ers) 2
Alma mater Universiteit van Suid-Afrika
Universiteit van die Witwatersrand

Voordat hy 'n lid van die Demokratiese Alliansie geword het, was hy 'n lid van die nou ontbinde Onafhanklike Demokrate. Hy het by die Demokratiese Alliansie aangesluit toe die Onafhanklike Demokrate met die party saamgesmelt het. Hy was die DA se Noordwes-premierskandidaat vir die 2019-verkiesing.

Vroeë lewe en opvoeding

McGluwa is as een van vyf kinders gebore en het in Alabama, Klerksdorp, grootgeword. Hy matrikuleer aan die Alabama Senior Secondary School en studeer verder aan die Universiteit van Suid-Afrika en behaal 'n sertifikaat in regeringsbestuur en openbare leierskap. McGluwa verwerf 'n gevorderde sertifikaat in openbare administrasie en leierskap aan die Universiteit van die Witwatersrand, asook 'n nagraadse diploma in bestuur.

Politieke loopbaan

Op 24-jarige ouderdom is McGluwa verkies as 'n raadslid van die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit. Hy was 'n lid van die Onafhanklike Demokrate sedert die stigting van die party en het as die nasionale organiseerder van die party gedien.

In 2009 is McGluwa verkies tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. In 2010 het die Onafhanklike Demokrate hul samesmelting met die Demokratiese Alliansie aangekondig. McGluwa het daarna dubbele partylidmaatskap gehou. Hy is in 2012 deur die parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie, Lindiwe Mazibuko, as skaduminister in die presidensie benoem. In 2012 word hy ook aangestel as parlementêre leier van die Onafhanklike Demokrate. Na die 2014-verkiesing word hy 'n volle lid van die Demokratiese Alliansie. Op 5 Junie 2014 is hy aangestel as die skaduminister van Staatsdiens en -administrasie.

Hy het in November 2015 as lid van die Nasionale Vergadering bedank en is daarna as lid van die Noordwes provinsiale wetgewer beëdig. In Augustus 2018 bedank McGluwa as lid van die provinsiale wetgewer en keer terug na die Nasionale Vergadering. Hy is op 16 Augustus 2018 beëdig.

Op 5 Desember 2020 word McGluwa aangestel as skadu-adjunkminister in die presidensie in die nuwe skadukabinet van John Steenhuisen.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Joe Mcgluwa Vroeë lewe en opvoedingJoe Mcgluwa Politieke loopbaanJoe Mcgluwa VerwysingsJoe Mcgluwa Eksterne skakelsJoe McgluwaDemokratiese AlliansieNasionale Vergadering van Suid-AfrikaNoordwesNoordwes provinsiale wetgewer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Zack du PlessisVlinderHipertensieMartin BesterVitamien DBestorming van die Verenigde State Kongresgebou in 2021Juanita du PlessisMetaalWaterbesparing in Suid-AfrikaPersentasieKolorektale kankerWaarheid-en-versoeningskommissieHoofkarakterHeupLys van Afrikaanse televisiereekse26 AprilEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaWikiDoziEskomNoag se arkProvinsies van Suid-AfrikaPampoentjiesJesus van NasaretVigsAngolese BurgeroorlogSterErfenisdag (Suid-Afrika)Lys van politieke partye in Suid-Afrika15 FebruarieAsiëWoestynMacintoshBeaufortskaalSwart nasionalismeOnafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-AfrikaDiarreeAngssteuringMenslike seksuele gedragEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAnale seksKoppeltekenKonsonantTrappe van vergelykingRugbyDoelwitLys van Kaapstad se voorstedeMaanNag van die lang messeVaginaInfrastruktuurLys van slangeGoeie VrydagFinale OplossingGroep TweeTydDrake (musikant)Steve HofmeyrAanhalingstekensBybelKleurHindoeïsmeBreingewasKunsmatige algemene intelligensieSosiale transformasieSuid-AfrikaXhosaGreen PornoTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinSkildklierAfro-AmerikanersIslamWêreld- Ekonomiese ForumGeprosesseerde kosGroepsgebiedewet🡆 More