Die Onafhanklike Demokrate was 'n politieke party in Suid-Afrika.
Dit het verteenwoordiging in die Parlement van Suid-Afrika gekry toe die stigter, Patricia de Lille, oorgeloop het deur verteenwoordigingstemme van die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) te gebruik.
Onafhanklike Demokrate | |
ID | |
Leier | Patricia de Lille |
---|---|
Slagspreuk | Be a Part of the Solution |
Gestig | 21 Junie 2013 |
Ontbind | 2014 |
Hoofkwartier | Kaapstad, Wes-Kaap |
Jeugvleuel | Young Independent Democrats |
Ideologie | Sosiale demokrasie, Liberalisme |
Amptelike kleure | Oranjerooi |
Webblad | id.org.za |
Die party het veral ondersteuning in die Wes-Kaap onder sogenaamde bruin kiesers waar dit talle stadsrade in ooreenkomste met die (Demokratiese Alliansie) DA regeer het, geniet. Dit het die plaaslike owerhede Saldanhabaai, Bergrivier, Kaapstad en die Weskus-distriksmunisipaliteit ingesluit.
Op 15 Augustus 2010 is aangekondig, dat dié party met die groter Demokratiese Alliansie sou saamsmelt om die regering van die African National Congress (ANC) uit te daag. Die party is in 2014 as 'n afsonderlike politieke organisasie ontbind.
Verkiesing | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
2009 | 162 915 | 0,92 | 4 |
2004 | 269 765 | 1,70 | 7 |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Onafhanklike Demokrate, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.