Good

GOOD is 'n Suid-Afrikaanse politieke party.

Die party is op 2 Desember 2018 deur die voormalige burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, en ander ontevrede oud-Demokratiese Alliansie-lede geloods.

Stigting

Good 
Patricia de Lille, leier en stigterslid van die party

Patricia de Lille is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy is in 1994 as 'n Pan Africanist Congress (PAC)-lid tot die Nasionale Vergadering verkies. Sy het vele leierskapsposisies in die party gehad. Gedurende die vloerkruistydperk van 2003 het sy van die PAC weggebreek en die Onafhanklike Demokrate (OD) gevorm. Die party was die eerste politieke party in Suid-Afrika wat gelei word deur 'n vrou wat verkiesings betwis en setels gewen het. In 2010, na vergaderings tussen die Demokratiese Alliansie Federale Uitvoerende Komitee en die Onafhanklike Demokrate Uitvoerende Beampte, is aangekondig dat die OD en die DA sal saamsmelt. Lede van die Onafhanklike Demokrate het aanvanklik dubbele partylidmaatskap gehou. Die OD is amptelik ontbind ná die algemene verkiesing in 2014.

In 2011 is De Lille deur die Demokratiese Alliansie gekies om die party se burgemeesterskandidaat in Kaapstad te wees. Sy is in Mei 2011 as burgemeester van Kaapstad verkies. Sy het tot Oktober 2018 gedien. Gedurende die laaste maande van haar burgemeesterskaploopbaan het die Demokratiese Alliansie De Lille daarvan beskuldig dat sy korrupsie in die munisipaliteit se sake weggesteek het. Sy het hierdie bewerings ten sterkste ontken. Toe De Lille as burgemeester bedank het, het sy ook bedank as 'n lid van die Demokratiese Alliansie, met die bewering dat die party mishandelend teenoor haar was. Shaun August en baie ander raadslede, insluitende die burgemeesterskomiteelid vir vervoer Brett Herron, het hul posisies bedank in protes teen die verwydering van De Lille. Hulle was almal lede van die vorige Onafhanklike Demokrate.

Op 18 November 2018 het Patricia de Lille die "For Good" politieke beweging en webwerf bekendgestel.

Op 2 Desember 2018 het De Lille die vorming van die "GOOD" politieke party in Houghton Estate, 'n voorstad van Johannesburg, aangekondig. By die bekendstelling van die politieke party was Shaun August en Brett Herron teenwoordig..

Op 29 Mei 2019 het pres. Cyril Ramaphosa haar by sy kabinet ingesluit as minister van openbare werke en infrastruktuur. Tydens 'n kabinetskommeling in Maart 2023 is sy deur president Cyril Ramaphosa as Minister van Toerisme aangestel.

Verkiesingsveldtogte

By die bekendstelling van die politieke party het De Lille gesê dat die manifes van die party en premierkandidate vroeg in 2019 aangekondig sal word. Die party is geregistreer by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) en het ook aan die nasionale en provinsiale verkiesings in al die Suid-Afrikaanse provinsies in 2019 deelneem.

Op 5 Februarie 2019 het die party sy manifes geloods. Die party se manifes fokus op sleutelkwessies, soos die vermindering van die grootte van die nasionale kabinet, die vervolging van korrupte individue en die skrapping van die omstrede e-tolstelsel in Gauteng.

Verkiesingsresultate

Parlement

Verkiesing Stemme % Setels
2019 70 408 0,4 2

Nasionale Raad van Provinsies

Verkiesing Setels
2019 1

Provinsiale verkiesings

Election Oos Kaap Vrystaat Gauteng KwaZulu-Natal Limpopo Mpumalanga Noordwes Noord Kaap Wes Kaap
% Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels
2019 0.24 0/63 0.08 0/30 0.20 0/73 0.11 0/80 0.03 0/49 0.06 0/30 0.12 0/33 0.83 0/30 3.01 1/42

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Good StigtingGood VerkiesingsveldtogteGood VerkiesingsresultateGood VerwysingsGoodBurgemeesterDemokratiese AlliansieKaapstadPatricia de Lille

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Irma SternSteenkool in Suid-AfrikaKoorsAnneli van RooyenDesmond TutuHeuningbySteenkoolOu Apostoliese KerkVierde Industriële RevolusieGroot DepressieWaarnemingAfkortingWikiVK (sosiale netwerk)Afrikaanse Protestantse KerkSelfieImpakte van toerismeTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinEwenaarOnse VaderVoegwoordKuberkrakerMaria MagdalenaKoorsblaarISimangaliso-vleilandparkSeksuele penetrasieVloeistofKoos BekkerNeurenberg-verhoreNederduitse Gereformeerde KerkAboriginesGrondsoorteVulkanismeBukkakeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSeksueel oordraagbare infeksieDoopNarsistiese persoonlikheidsteuringItaliaansReënspinnekopSimboolAlfabetVerkoueRekenaarBesoedelingGeslagMorfologie (taalkunde)Baardskeerder-spinnekopBeaufortskaalSeksuele opwekkingAngolese BurgeroorlogTsjeggiesGoogleKlein-KarooPaarl GimnasiumMantisBoet TroskieEnkelvoudige sinNarsismeDoziAngina pectorisGroep van SeweKonjunktivitisMandaryn-ChineesWillie JoubertKompasVolhoubaarheidNapoleon BonaparteVerassingSonsverduisteringAlliterasieLiewe HeksieWaterstofKlimaatveranderingIslamDwelmmiddelPeach van Pletzen🡆 More