Jet D'eau: Groot spuitfontein in Genève, Switserland

Die Jet d'Eau (Franse uitspraak: ​, Water-Jet) is 'n groot spuitfontein in Genève, Switserland.

Dit is een van die bekendste bakens van die stad, wat op die amptelike toerismewebwerf van die stad, en op die amptelike logo vir Genève se aanbieding van die 2006 UEFA kampioenskappe, verskyn. Die fontein is in die Geneva-meer, waar dit by die Rhône-rivier aansluit. Dit is regdeur die stad en vanuit die lug sigbaar, selfs as daar oor Genève op 'n hoogte van 10 km gevlieg word.

Jet D'eau: Geskiedenis, Beelde, Verwysings
Die Jet d'Eau-fontein in Genève
Jet D'eau: Geskiedenis, Beelde, Verwysings
Die eerste Jet d'eau, omstreeks 1886.

Vyfhonderd liter water per sekonde word teen 'n hoogte van 140 meter straalvormig in die lug gespuit. Twee 550 kW pompe, wat by 2 400 V opereer, verbruik een megawatt elektrisiteit. Die water verlaat die spuitkop van 10 sentimeter teen 'n spoed van 200 km/h. Op enige gegewe oomblik is daar ongeveer 7 000 liter water in die lug. Niksvermoedende besoekers aan die fontein - wat vanaf 'n steenhawehoof aan die linkerkant van die meer bereik kan word - is soms verras as hulle sopnat word wanneer die wind net effens van rigting verander.

Geskiedenis

Die eerste Jet d'Eau is in 1886 by die Usine de la Coulouvrenière, 'n ent verder stroomaf van die huidige ligging, geïnstalleer. Dit is as 'n veiligheidsklep vir 'n hidrouliese kragnetwerk gebruik en kon tot 'n hoogte van ongeveer 30 meter spuit. In 1891 is die estetiese waarde daarvan besef, en dit is na die huidige ligging verskuif ter viering van die Federale Gimnastiekfees en die 600ste herdenking van die Switserse Konfederasie, toe dit die eerste keer bedryf is. Die maksimum hoogte was ongeveer 90 meter. Die huidige Jet d'Eau is in 1951 in 'n pompstasie, wat gedeeltelik onderwater is, geïnstalleer. Hierdie pompstasie maak gebruik van water wat in die meer is, eerder as om die stad se water te gebruik.

Sedert 2003 spuit die fontein regdeur die dag, behalwe wanneer dit ryp of daar 'n besondere sterk wind waai. Dit spuit ook saans vanaf die lente en tot aan die einde van die herfs, wanneer dit deur 'n stel van 21 ligte, met 'n sterkte van altesaam 9 kW, verlig word.

Op 25 Augustus 2016 is die 125ste bestaansjaar van die fontein op die huidige ligging gevier.

Beelde

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Jet D'eau GeskiedenisJet D'eau BeeldeJet D'eau VerwysingsJet D'eau Eksterne skakelsJet D'eauGenèveMeer van GenèveRhôneSwitserlandUEFA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bek-en-klouseerRugbywêreldbeker 2003Koekie (rekenaarwetenskap)WhatsAppLisa AnnBreinDroogteAntieke EgiptePuberteitKappie (skryfteken)Leeu16 NovemberMarie PentzOnse VaderSuid-Afrikaanse randBorstePosseëlEreksieNumeriese en meetkundige patroneSkipHendrik PrinslooVaginaMieliestronkPesachMakrielKoos BekkerLys van NG gemeentesSianobakterieOu Apostoliese KerkRina HugoURIRuan JoshHongkongKrampSpaanse trappeVrugbaarheidAfrikaFamilie (verwantskap)RekenaarGoeie VrydagGroep TweeRoekelose DadeHartversakingMeervoudAKarin HougaardGrondPiet ByleveldSiembambaMin ShawChirurgieProstaatklierAngina pectorisDikdermLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)HondsdolheidSeksDuitse nasionale rugbyspanBosluisMesopotamiëWes-KaapSkildklierRoodepoortPersentasieSonkragYsterBloedsomloopstelselPG du PlessisTsongaEnsiemHeupFacebook🡆 More