Heidelberg, Wes-Kaap

Heidelberg is 'n dorp naby die Suid-Afrikaanse suidkus op die N2 nasionale pad, 276 km vanaf Kaapstad.

Die dorp is geleë op die oewer van die Duivenhoksrivier in die Wes-Kaap, ongeveer halfpad tussen Kaapstad en Knysna. Heidelberg is net oos van die Overbergdistrik, en sommige beskou dit as die begin van die Tuinroete.

Heidelberg
Heidelberg is in Wes-Kaap
Heidelberg
Heidelberg
Heidelberg, Wes-Kaap Heidelberg se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°05′S 20°57′O / 34.083°S 20.950°O / -34.083; 20.950 20°57′O / 34.083°S 20.950°O / -34.083; 20.950
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikTuinroete
MunisipaliteitHessequa
Stigting1855
Oppervlak
 • Totaal23,69 km2 (9,15 vk. myl)
Hoogte
84 m (276 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal8 259
 • Digtheid349/km2 (900/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense14.4%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense75.3%
 • Swart mense9.3%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Afrikaans 91.9%
 • Engels 3.4%
 • Xhosa 2.9%
 • Ander 1.8%
Poskode (strate)
6665
Skakelkode028
Heidelberg, Wes-Kaap
Nederduits Gereformeerde Kerk op Heidelberg, ontwerp deur die argitek William Henry Ford.
Heidelberg, Wes-Kaap
Fourie-huis / Doornboom Opstal. Die oudste huis in Heidelberg. Gebou in 1728
Heidelberg, Wes-Kaap
Ingang na Heidelberg
Heidelberg, Wes-Kaap
Vallei in Heidelberg.

Geskiedenis

Die dorp is gestig toe 'n NG Kerkgemeente hier gestig is in 1855. Dit het in 1862 'n munisipaliteit geword.

Die spoorlyn van Kaapstad na Port Elizabeth het die dorp in 1903 bereik.

Die dorp se burgersentrum is in 1912 opgerig en in 1966 uitgebrei. 'n Munisipale kliniek is in 1973 gebou, en 'n gemeenskapsentrum is in 1977 voltooi.

Wapens

Munisipaliteit (1) — Voor 1961 het die munisipale raad 'n skynheraldiese "wapen" gebruik wat 'n merinoram, 'n ope boek, 'n koringgerf en 'n aalwyn toon.

Munisipaliteit (2) — 'n Behoorlike wapen is in 1961 ontwerp en by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer. Die wapen was : Gaffelsgewys verdeel van rooi, silwer en groen, in die skildhoof 'n ope boek van goud, regs 'n aalwyn met twee blomklosse van natuurlike kleur, en silwer 'n staande goue leeu. Die skild is met 'n muurkroon oortop. Die wapenspreuk is "Geloof en toewyding". Schalk Pienaar het die wapen ontwerp.

Munisipale gebied

Heidelberg vorm deel van die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit. Die belangrikste produkte wat verbou word is: wol, koring, ander graan, vrugte en tabak.

Bekende boorlinge

Sien ook

Bron

  • Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.

Eksterne skakels

Tags:

Heidelberg, Wes-Kaap GeskiedenisHeidelberg, Wes-Kaap WapensHeidelberg, Wes-Kaap Munisipale gebiedHeidelberg, Wes-Kaap Bekende boorlingeHeidelberg, Wes-Kaap Sien ookHeidelberg, Wes-Kaap BronHeidelberg, Wes-Kaap Eksterne skakelsHeidelberg, Wes-KaapDuiwenhoksrivierKaapstadKnysnaN2OverbergSuid-AfrikaTuinroeteWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jan-Willem BreureAppel (sanger)WoordOlimpiese SpeleKersfeesSuurstofDolfynHolocaustGewone breukeKwaZulu-NatalLiefdeVakbondAborsie in Suid-AfrikaGeslagStam (taalkunde)Swart nasionalismeHindoeïsmeSaartjie BaartmanLondenAborsieGeldLatynAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeNatuurbewaringVryheidsdagBreinkaartWerkersdagMielieYsterAfrikaDigtheidVarkErfenisdag (Suid-Afrika)PerdRobert SobukweJaco JacobsHandré PollardWêreldboekedagPenisNiersteenKarakteriseringMiskruierNetbalKankerPlastiekVerenigde State van AmerikaGqeberhaMiddelmisbruikJSELys van Joodse feeste en herdenkingsStereotipeDierArmoedeKinkhoesVioolKoorsKunsPersentasieDie Stem van Suid-AfrikaD.J. OppermanTolla van der MerweArendBeeldspraakVulkaanEnkelvoudige sinLys van Afrikaanse skrywersMenslike seksuele gedrag23 AprilRooikatDeelwoordDialoog in fiksieCheslin KolbeSoweto-opstandSkoolGreen PornoHannes van WykKurt-Lee Arendse🡆 More