Volk Hakka

Die Hakka (Hakka: 客家人, pinyin: Kèjiārén; letterlik: gaste) is een van die Han-Chinese volke met hul oorsprong in die Hakka-talige gebiede van die provinsies Guangdong, Fujian, Jiangxi, Guangxi, Sichuan, Hunan, Zhejiang, Hainan en Guizhou.

In teenstelling met ander Han-Chinese groepe is die Hakka nie na 'n geografiese gebied, soos 'n provinsie, distrik of stad, genoem nie. Die hedendaagse Hakka word gewoonlik geïdentifiseer as mense wat een van die verskeie Hakka-dialekte praat of van Hakka-afkoms is. In die Volksrepubliek China word die Hakka nie as selfstandige etniese groep erken nie en by die Han-Chinese ingereken.

Hakka
Volk Hakka
Totale bevolking: ca. 80 miljoen
Belangrike bevolkings  in: China (Guangdong, Fujian, Jiangxi, Guangxi, Sichuan, Hunan, Zhejiang, Hainan, Guizhou, Hongkong, Macau), Taiwan, Suidoos-Asië (Singapoer, Maleisië, Indonesië, Thailand, Viëtnam, Mianmar, Oos-Timor), Suid-Asië (Indië, Nepal, Bangladesj, Sri Lanka), Oseanië (Fidji, Australië, Nieu-Seeland), Afrika (Suid-Afrika, Mauritius, Réunion, Kenia, Tanzanië, Uganda), Noord-Amerika (Verenigde State, Kanada), Europa (Verenigde Koninkryk, Frankryk, Nederland), Karibiese gebied (Kuba, Trinidad en Tobago, Guyana, Suriname, Jamaika), Latyns-Amerika (Meksiko, Colombia, Panama, Brasilië, Peru, Argentinië)
Taal: Hakka
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Chinese volksgodsdienste (Taoïsme, Konfusianisme, voorvaderaanbidding en ander), Mahayana-Boeddhisme, Christendom, ongebonde en ander
Verwante etniese groepe: Ander Han-Chinese volke
Volk Hakka
Tulou-geboue in Tianluokeng, Hukeng-stad, Yongding-distrik, Fujian

Die Hakka het hul oorsprong vermoedelik in die gebiede wat aan die Geelrivier grens, die hedendaagse Chinese provinsies Shanxi, Henan en Hubei. In 'n reeks van migrasies het die Hakka in hul hedendaagse tuisland van Suid-China gevestig en vanaf daar het 'n aansienlike aantal oorsee na verskillende lande regoor die wêreld migreer, veral Suidoos-Asië, Noord- en Latyns-Amerika. Die wêreldwye Hakka-bevolking word op sowat 80 miljoen geskat en hulle vorm die meesverspreide onder die Chinese gemeenskapsgroepe.

Die Hakka het 'n groot invloed op die ontwikkeling van die moderne China en oorsese Chinese geskiedenis gehad, veral 'n groot aantal van rewolusionêre, regerings- en militêre leiers was van Hakka-afkoms, waaronder Deng Xiaoping, Sun Yat-sen en Lee Kuan Yew. Die Hakka is ook bekend vir hul rotundas, die Tulou (Vereenvoudigde Chinees: 土楼; Tradisionele Chinees: 土樓; pinyin: tǔlóu) wat in die provinsie Fujian opgerig is en in 2008 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys is. Ander geboue het 'n vierkantige ontwerp en staan as Fanglou (方樓; 方楼; Fānglóu) bekend.

Bevolking

Land Hakka-
bevolking
Chinese
bevolking
Totale
bevolking
Persentasie van die
Chinese bevolking
Meerderheid Bron
Volk Hakka  Republiek van China 4 202 000 22 813 000 23 374 000 18,4% Tweede grootste Hakka Affairs Council, Taiwan, 2014
Volk Hakka  Hongkong 1 250 000 (geskat) 6 643 000 7 300 000 18,8% Tweede grootste Prof Lau Yee Cheung, Chinese Universiteit van Hongkong, 2010
Volk Hakka  Singapoer 232 914 2 794 000 3 771 700 8,3% Vierde grootste Singapoer-sensus, 2010
Volk Hakka  Maleisië 1 650 000 6 550 000 30 116 000 25,2% Tweede grootste Maleisiese sensus, 2015
Volk Hakka  Thailand 1 502 846 9 392 792 67 091 371 16,0% Tweede grootste The World Factbook, 2012

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

DialekEtniese groepFujianGuangdongGuangxiGuizhouHainanHakkaHan-ChineseHunanJiangxiPinyinSichuanVolksrepubliek ChinaZhejiang

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

IdioomPerdLys van Kaapstad se voorstedeLys van Afrikaanse rolprenteWortelLys van politieke partye in Suid-AfrikaOlifantLys van Suid-Afrikaanse musikanteKoperYslandDiskriminasieCradock-4VoegwoordCovid-19-pandemieKommunikasieTopsy SmithVaginaAbstraksie (rekenaarwetenskap)AfrikaansMateriaalGeldJohan BadenhorstArmoedeTrekarbeidAkuutSuid-Afrikaanse GrensoorlogBloedvergiftigingAfrikaTussenwerpselSwawelSlag van BloedrivierHartseerWilna SnymanKoos BekkerHerfsFibonacci-reeksTransatlantiese slawehandelWhatsAppVraag en aanbodBelastingOm-te-infinitiefkonstruksieKolitisVoorsetselSelfstandige naamwoordVratMurunwa MakwarelaIndiëDansSean CombsMeningsverskil oor aardverwarmingMorfeemLys van hoofstedeEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaD.J. OppermanMobutu Sese SekoPesachElandréDemi Lee MooreAngolaLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaAardedagCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLiewe HeksieHoofletterTennisBorsRugbywêreldbeker 2023SlangSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Refentse MorakeHector PietersonWerkwoordHipoteseEskomTuberkuloseElektrolietBruin mense🡆 More