Vereenvoudigde Chinese Karakters

Vereenvoudigde Chinese karakters (vereenvoudigde Chinees: 简体字, tradisionele Chinees: 簡體字, pinyin: Jiǎntǐzì) is gestandardiseerde Chinese karakters wat deur die Sjiandai Hanju Tongjong Zibiao (Lys van karakters wat algemeeen in Moderne Chinees gebruik word) vir gebruik in Vastelandse China voorgeskryf word.

Tesame met tradisionele Chinese karakters is dit een van die twee standaard karakterversamelings vir hedendaagse geskrewe Chinees. Die regering van die Volksrepubliek China in Vastelandse China bevorder sedert die 1950's die ingebruikname van die vereenvoudigde karakters in 'n poging om geletterdheid te verbeter. Vereenvoudigde Chinese karakters word amptelik in die Volksrepubliek China en in Singapoer gebruik.

Vereenvoudigde Chinese karakters
Vereenvoudigde Chinese Karakters
Soort skryfstelsel   Logografie
Tyd gebruik Sedert 1956
Rigting Links na regs, bo na onder
Tale Chinees
Stelsels
Moederstelsels
Orakelbeenskrif
ISO 15924 Hans, 501
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Vereenvoudigde Chinese karakters staan amptelik as 简化字 (tradisionele Chinees: 簡化字, pinyin: Jiǎnhuàzì) en informeel as 简体字 (tradisionele Chinees: 簡體字, pinyin: Jiǎntizì) bekend. Mao Zedong stel in 1952 in 'n neutedop die twee parallelle doelwitte van die vereenvoudigingsproses: dat die proses van vereenvoudiging beide die strukturele vereenvoudiging van karaktervorme sowel as die aansienlike verkleining van die totale aantal gestandardiseerde Chinese karakters moes behels.

Tradisionele Chinese karakters word vandag in Hongkong, Macau, en Taiwan (Republiek China) gebruik. Chinese diaspora gebruik gewoonlik tradisionele karakters, maar vereenvoudigde karakters word algemeen onder Vastelandse Chinese emigrante gebruik.

Vereenvoudigde karaktervorme is geskape deur die aantal stroke te verminder en die vorme van 'n aansienlike deel van tradisionele Chinese karakters te vereenvoudig. Sommige vereenvoudigings is op gewilde kursiewe vorme wat grafiese of fonetiese vereenvoudigings van die tradisionele vorme behels het, gebaseer. Sommige karakters is vereenvoudig deur reëlmatige reëls toe te pas, soos byvoorbeeld deur alle voorvalle van 'n sekere komponent met 'n vereenvoudigde weergawe van daardie komponent te vervang. Variantkarakters met dieselfde uitspraak en identiese betekenis is tot een gestandardiseerde karakter, gewoonlik die eenvoudigste van die variante, gereduseer. Uiteindelik is vele karakters ongeskonde deur die vereenvoudingsproses gelaat, en is dus identies aan die tradisionele Chinese ortografie.

Sommige vereenvoudigde karakters is baie anders, soms onvoorspelbaar so, aan hul tradisionele eweknieë, veral daardies waar 'n komponent deur 'n arbitrêre eenvoudige simbool vervang is. Dit lei gereeld opponente van vereenvoudiging wat die vereenvoudigingsmetodes nie goed ken nie tot die slotsom dat die algehele proses van karaktervereenvoudiging ook arbitrêr is. In der werklikheid is die metodes en reëls van vereenvoudiging min en intern konsewent. Aan die ander kant spog voorstanders van vereenvoudiging met 'n paar gekose vereenvoudigde karakters asof dit vernuftige uitvindsels sy, wanneer dit inderdaad reeds vir honderde jare as antieke variante bestaan. Die debat oor die gebruik van tradisionele teenoor vereenvoudigde Chinese karakters duur vandag nog voort in Chineessprekende lande.

'n Tweede ronde van vereenvoudiging is in 1977 uitgevaardig, maar is later weens 'n aantal redes teruggetrek. Die Chinese regering het egter nog nie amptelik die doelwit van verdere toekomstige vereenvoudiging laat vaar nie. In Augustus 2009 het die Volksrepubliek China begin om openbare terugvoer oor 'n gewysigde lys van vereenvoudigde karakters in te samel.

Sien ook

Verwysings en voetnotas

Tags:

Chinese karaktersPinyinSingapoerTradisionele ChineesVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SonVoedingGasWerwelkolomBywoordMonopolyNasionalismeErosietipesKoppeltekenBloutongsiekteVars waterPad na jou hartAmateurradioPlastiekLübeckRugbyGianna MichaelsMeningsverskil oor aardverwarmingKopieregNasiebouSatellietVergelykings (taalkunde)EngelsUitwerking van klimaatsveranderingElektrolietDuitsPenisSwawelWêreldboekedagGroot-VisrivierEugenetikaAtriale fibrillasieOm-te-infinitiefkonstruksieAfleiding (taalkunde)KoolstofKoue OorlogLys van Kaapstad se voorstedeHandré PollardStollingsgesteenteHamburgerSpelerposisies in rugbyRivierIdioomArendTierPampoentjiesNarsismePlae van EgipteGalileo GalileiNatriumsulfietJudaïsmeHaasKolitisGoudkus (streek)VoornaamwoordE-posMartin Luther King jr.Breyten BreytenbachWiskundige terminologieWetenskaplike klassifikasieBorskankerMaagsweerInflasieStilleweVennootskapPersoonlikheidAarverkalkingLys van nedersettings in Suid-AfrikaTrekarbeidRobert SobukweMonopolieGesondheidBladwisselendTropiese sikloonYsbeer🡆 More