Groot Chinese Hongersnood

Die Groot Chinese Hongersnood was die tydperk van 1959 tot 1961 in die Volksrepubliek China wat gekenmerk is deur ’n wydverspreide hongersnood.

Slegte weer en die beleidrigtings van die Chinese leier Mao Zedong het onder meer tot die drie jaar van hongersnood bygedra.

Groot Chinese Hongersnood
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   三年大饑荒
Vereenvoudigde Chinees   三年大饥荒
Pinyin Sānnián dà jīhuāng

Volgens regeringstatistieke is die totale sterftesyfer 15 miljoen mense. Die historikus Frank Dikotter, wat spesiale toegang tot Chinese argiefmateriaal gehad het, raam daar was tussen 1958 en 1962 minstens 45 miljoen voortydige sterfgevalle, hoewel almal nie weens verhongering was nie.

Oorsake

Die Groot Chinese Hongersnood is deur ’n kombinasie van faktore veroorsaak, soos weerstoestande, sosiale druk, ekonomiese wanbestuur en radikale veranderings in landboumetodes deur middel van regereringsregulasies.

Groot Chinese Hongersnood 
Die ringmossie (Passer montanus ) was die opmerklikste teiken in die veldtog teen voëls.

Mao, voorsitter van die Kommunistiese Party van China, het drastiese veranderings in boerdery ingestel met sy Groot Sprong Voorwaarts, ’n ekonomiese en sosiale veldtog wat ten doel gehad het om die landbou-ekonomie in ’n sosialistiese gemeenskap te verander deur middel van vinnige industrialisering en kollektivisering. Dié wat hulle nie daarby neergelê het nie is vervolg.

Tydens die Groot Sprong Voorwaarts is yster en staal geïdentifiseer as sleutelvereistes vir ekonomiese vooruitgang. Miljoene kleinboere het opdrag gekry om met die vervaardiging van yster en staal uit te help eerder as om op boerdery te konsentreer.

Benewens die Groot Sprong, het die regering ook boerderymetodes verander, soos om saailinge nader aan mekaar te plant, wat daartoe gelei het dat plante mekaar verdring het; om dieper te ploeg, tot op ’n diepte van 1-2 m in plaas van 15-20 cm, wat tot gevolg gehad het dat nuttelose klippe, grond en sand die boonste lae grond minder vrugbaar gemaak het; en om mossies en ander voëls wat gewasse eet dood te maak, waarna die landerye deur insekte oorgeneem is.

In 1960 het ’n geraamde 60% van landbougrond in Noord-China absoluut geen reën gekry nie. Volgens die Encyclopædia Britannica is die abnormale weer gevolg deur droogtes en vloede. Dit sluit in 760 mm reën in Hongkong binne vyf dae in Junie 1959, wat deel was van ’n patroon oor die hele Suid-China.

Weens hierdie faktore het graanproduksie in China in 1959 met 15% gedaal. Teen 1960 was die produksie 70% van dié van 1958. Daar was geen herstel nie tot in 1962, toe die Groot Sprong Voorwaarts geëindig het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

19591961HongersnoodMao ZedongVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Adolf HitlerOligopolieLys van Griekse mitologiese figureGeografie van Suid-AfrikaSowjetunieLetterkundeKoperMangelontstekingMaanMenseregtedagHelpmekaar-kollegeWoestynApokriewe boekeRichard Francis BurtonSlawernyGlobaliseringEngelsRooiwaterDie VaderlandPortugalAnne FrankCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSonDuitse maselsKoorsblaarAarde se atmosfeerWaterpokkiesSenuweestelselVulkaanHorlosiePretoriaVarkVaginaOnse VaderDiepaartromboseAkademiaMelaatsheidKankerVerkleurmannetjieKlerePlaasjapieGeprosesseerde kosNasiebouGroot TrekCleopatra VIIOrtopedieOrale seksDirekte en Indirekte redeGroep TweeLuiperdEpilepsieBaardskeerder-spinnekopNul is nie niks nieBlackie Swart (sanger)VoortrekkermonumentMonopolySias ReineckeOmtrek, oppervlakte en volumeMikro-ekonomieGordelroosMenslike penisgrootteTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinArmoedeverligtingAfrikaansMantisGoogleLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSuid-Afrikaanse GrensoorlogVoedingSharpeville-slagtingTreinJoodse kalender🡆 More