Groenkloof-Natuurreservaat

Die Groenkloof-natuurreservaat is 'n natuurreservaat in Groenkloof, Pretoria.

    Moenie verwar word met die besprekings- en hoofkantoor van SANParke, wat ook Groenkloof genoem word, nie.

President Paul Kruger het die gebied op 25 Februarie 1895 as 'n beskermde gebied verklaar, die eerste van sy soort in Afrika. Die hoofdoel was om die skaam en skugter oorbietjie, wat daar voorgekom het, en ander wild teen jagters te beskerm. Die reservaat was egter vir baie jare lank verhuur vir eksotiese plantasies, om hout en papier te voorsien. 'n Gedenkmuur kan gesien word langs die ruïnes van die opstal van 'n vroeë pionier Cornelius Bronkhorst wat rondom 1839 hier gewoon het.

Groenkloof-natuurreservaat
Uitsig oor Groenkloof-natuurreservaat
Uitsig oor Groenkloof-natuurreservaat
Land Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Naaste dorp Pretoria
Ligging van Groenkloof-natuurreservaat op 'n kaart (Gauteng)
Groenkloof-natuurreservaat
Groenkloof-natuurreservaat
Koördinate: 25°47′36.24″S 28°12′14.04″O / 25.7934000°S 28.2039000°O / -25.7934000; 28.2039000 28°12′14.04″O / 25.7934000°S 28.2039000°O / -25.7934000; 28.2039000
Openingsjaar 1895
Bestuursliggaam Dept. van Natuurbewaring
Webblad webtuiste

Die reservaat word omring deur Christina de Witlaan en Nelson Mandelarylaan, wat dit skei van die Voortrekkermonument en Klapperkop-natuurreservaat. Hierdie reservate beslaan 'n totaal van 1 400 ha bankenveldplantegroei wat bedreig word in Gauteng. Toegang vir dagbesoekers is vanaf 5:30 tot 19:00 in die somer, en 7:00 tot 18:00 in die winter.

Plantegroei

Die reservaat is geherproklameer in 1994 en die plantasies is verwyder sodat die natuurlike plantegroei kon herstel. Oop grasveld kom langs die Apiesriviervallei en die hoër plato voor. Inheemse bome soos witstinkhout, gewone haakdoring, bergkaree, fluweelboswilg, gewone drolpeer en deurmekaarbos kom voor op die heuwels en in die vallei.

Groenkloof-Natuurreservaat 
Oornaghut op die staproete
Groenkloof-Natuurreservaat 
Kameelperdkoei

Dierelewe

Die reservaat is tans vol sebras, blesbokke, rooibokke, koedoes, blouwildebeeste, swartwitpense, rooihartbeeste, kameelperde en volstruise. Rooijakkalse, gewone duikers en klipdassies kom ook voor. Voëls sluit tarentale, bosveldfisante en bospatryse in.

Noemenswaardige ongewerweldes wat in die reservaat voorkom sluit in Gunning se skerpioen (Hadogenes gunningi), bobbejaanspinnekop, vioolspinnekop (L. speluncarum) wat endemies is aan die grotte van die Pretoria-omgewing, en die Calommata transvaalica, wat bedreig word deur verstedeliking in Gauteng.

Fasiliteite en aktiwiteite

Toegangsgelde verskil afhangende van die aktiwiteit en die aantal persone. Die reservaat is baie gewild onder fietsryers en daar is 'n 20 km bergfietsroete. Die drie staproetes word aangewys as die rooi (1.3/3.5 km), wit (3,7 km) en geel (10,5 km) roetes. Stappers kan 'n oornaghut bespreek. Veldryers kan 14 km se 4x4-roetes verken, terwyl wild ook gesien kan word op die 5 km motorroete. Begeleide perderitte en ponieritte vir kinders word ook aangebied. Daar is twee piekniekareas, genaamd Meriting en Mashupeng, en 'n lapa wat vir aandfunksies gehuur kan word.

Fotogalery

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Groenkloof-Natuurreservaat PlantegroeiGroenkloof-Natuurreservaat DiereleweGroenkloof-Natuurreservaat Fasiliteite en aktiwiteiteGroenkloof-Natuurreservaat FotogaleryGroenkloof-Natuurreservaat Eksterne skakelsGroenkloof-Natuurreservaat VerwysingsGroenkloof-Natuurreservaat189525 FebruarieAfrikaGroenkloofNatuurreservaatOorbietjiePaul KrugerPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anette EngelbrechtVrymesselaryVGrootkolmuskeljaatkatSeksspeeldingVlag van AfghanistanWeefselOrale seksWaterbesparing in Suid-AfrikaAnilingusSiener van RensburgSybel CoetzeeWikiGodKasteel die Goeie HoopLiewe HeksieOu Apostoliese KerkKatoenGeslagsorgaanGeskiedenis van die KaapkolonieSwangerskapKangaroeLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Afrikaanse woordelys en spelreëlsSRassismeKaapstadGesondheidsbeleidSodomieAardePornografiese subgenresAppel (sanger)Blourokke2023 Monaco Grand PrixVerenigde KoninkrykPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWiskundige terminologieDemi Lee MooreDesiré GardnerEkonomie van Suid-AfrikaLys van Griekse mitologiese figureJo BlackElizma TheronDanie du ToitDie KontrakTepelMuskeljaatkatJohannesburgSlag van Cuito CuanavaleNasionale VrouedagProstaatkankerSpringbokkeKElon MuskAnglo-BoereoorlogVulvaKunsVersamelnaamSuider-Afrikaanse ietermagogHeuningbyProstaatmasseringWiki CommonsParingSpesieMiddeloorontstekingYsterAprilMosambiekse spoegkobraBlonde stereotipeGregoriaanse kalenderDramaAsemhalingLizz Meiring🡆 More