Radcliffe-Sterrewag: Sterrewag in Pretoria, Suid-Afrika

Die Radcliffe-sterrewag in Pretoria het in die middel van die 20ste eeu (1950s) die grootste teleskoop suid van die ewenaar gehuisves.

Hierdie sterrewag is aan die suidoostekant van Fort Klapperkop en oos van die Groenkloof-natuurreservaat. Onder die silindervormige koepel is die 74-duim-reflektor-teleskoop waarmee die suidelike hemelruim bespied is. Aandag is veral gewy aan ‘n studie van die Melkweg en verskeie ontdekkings is gemaak.

Dr. John Radcliffe was in die 17de eeu die hofarts vir lede van die Britse koninklike familie. Hy het in sy boedel ‘n bedrag geld nagelaat vir die oprigting van ‘n sterrewag in Oxford, Engeland. Kort na 1770 is dit opgerig, maar weens die ontwikkeling van die stad het lug- en ligbesoedeling die waarnemings van die sterrewag al hoe meer bemoeilik.

Daar is toe besluit om die sterrewag na Pretoria te verskuif omdat daar 250 tot 300 dae per jaar wolkelose nagte ervaar word. In 1937 is dit buite Pretoria opgerig op ‘n terrein van 57 akker wat deur die stadsraad geskenk is. Dit was boonop ‘n 200 m bo die stadsligte. Die terrein was uiters geskik vir die bestudering van die uitspansel. Weens toestande rondom die Tweede Wêreldoorlog was dit eers in 1951 in volle werking.

Bibliografie

  • Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 5, nr. 2, November 1955.

Tags:

EwenaarPretoriaTeleskoop

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SowjetunieEendbekdierBruto binnelandse produkRomeinse RykLys van Suid-Afrikaanse musikanteVulkaanInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandSuid-AfrikaJazzKatoenKarooApostoliese GeloofsendingLiewe HeksieNiersteenMiltKlavierTransatlantiese slawehandelLys van Suider-Afrikaanse soogdiereVerlede tydBreinvliesontstekingKarakteriseringMeningsverskil oor aardverwarmingThys die BosveldklongHomoniemVarkIronieEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaGriepInflasieMierGrootste rampe in Suid-AfrikaKolonoskopieSwawelBalletAkkedisAfrikaanse taalleerBoelieryVarkgriepWiki CommonsLys van medisinale kruieKameelperdBeesvleisKasteel die Goeie HoopAtoomAngolaBruin huisslangMielieOu Apostoliese KerkViëtnamMaatskaplike verantwoordelikheidReënBeesPiesangTegnologieTelwoordSwartbewussynsbewegingLys van Suid-Afrikaanse skrywersAsiëNatuurrampStedelike hitte-eilandBywoordKolonialismeKlimaatKaartWieg van die MensdomJan van RiebeeckKapitaal (ekonomie)PornografieOntdekking van die chemiese elementeSteve BikoJaco JacobsSonnestelselKopieregLeonardo da VinciWortel🡆 More