Grace Kelly

Grace Patricia Kelly (12 November 1929 - 14 September 1982), later bekend as prinses Grace van Monaco, was 'n Amerikaanse rolprentaktrise en Oscar-wenner wat later die vrou van prins Rainier III van Monaco geword het.

Grace Kelly
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Grace Kelly in 1956.

Geboortenaam Grace Patricia Kelly
Geboorte 12 November 1929
Philadelphia, PA, (VSA)
Sterfte 14 September 1982 (op 52)
Monaco-Ville, Monaco
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroep(e) Aktrise
Rolprente The Country Girl, To Catch a Thief
Toekennings Oscar & Golden Globe vir The Country Girl
Golden Globe vir Mogambo

Sy is in Philadelphia (Pennsilvanië) gebore; haar Ierse Katolieke familie was nuwe, maar prominente figure in Philadelphia se sosiale gemeenskap. Haar vader, John B. Kelly sr., was 'n selfgemaakte miljoenêr.

Rolprentloopbaan

Alhoewel haar familie gekant was teen haar keuse om 'n aktrise te word, het Grace 'n modemodel geword en in haar eerste rolprent, Fourteen Hours (1951), verskyn toe sy 22 jaar oud was. Die volgende jaar was sy te sien in High Noon (1952), 'n omstrede rolprent met die akteur Gary Cooper.

In Oktober 1953 het sy bekendheid verwerf danksy haar rol in die regisseur John Ford se prent Mogambo saam met Clark Gable en Ava Gardner. Sy het in 1954 ’n Golden Globe daarvoor gewen en is vir ’n Oscar benoem. Daarna het sy in vyf rolprente hoofrolle vertolk, insluitende The Country Girl (1954) saam met Bing Crosby, waarvoor sy die Oscar vir beste aktrise gewen het. Ander prente sluit in High Society (1956), saam met Bing Crosby en Frank Sinatra, en drie prente van Alfred Hitchcock: Dial M for Murder (1954), Rear Window (1954) en To Catch a Thief (1955).

Prinses van Monaco

Kelly was in April 1955 aan die hoof van die Amerikaanse afvaardiging by die Cannes-rolprentfees. Terwyl sy daar was, is sy genooi om deel te neem aan ’n fotosessie saam met prins Rainier III, die prins van Monaco, in die Prins se Paleis sowat 55 km van Cannes af. Sy het hom op 6 Mei 1955 ontmoet. Sy het in dié tyd met die Franse akteur Jean-Pierre Aumont uitgegaan.

Grace Kelly 
Die prins en prinses van Monaco in 1961 in die Withuis.

Ná ’n jaar lange hofmakery is prins Rainier in 1956 met Kelly getroud. Daar was ’n burgerlike en godsdienstige seremonie. Sowat 30 miljoen kykers het na raming die troue op televisie gesien. Dit is deur die biograaf Robert Lacey beskryf as "the first modern event to generate media overkill".

Die 700 gaste het verskeie beroemdes ingesluit, soos Aristoteles Onassis, Cary Grant, David Niven, Gloria Swanson, Ava Gardner, Aga Khan III, Gloria Guinness, ens. Frank Sinatra was genooi, maar het nie die troue bygewoon nie. Ná die troue is Kelly en Rainier op ’n wittebrood van sewe weke op sy jag op die Middellandse See.

Kelly het op 26 jaar uit die rolprentbedryf getree om met haar pligte as die prinses van Monaco te begin. Hulle het drie kinders gehad: Caroline, Albert en Stéphanie. Kelly het haar bande met Amerika behou met ’n dubbele burgerskap van die VSA en Monaco.

Prinses Grace is op 14 September 1982 oorlede ná ’n motorongeluk die vorige dag. Ná haar dood het die Franse dokters wat haar behandel het, bekend gemaak dat sy volgens ’n CT-skandering twee breinbloedings gehad het: die eerste voor die ongeluk (dit was waarskynlik die rede vir die ongeluk) en die tweede terwyl sy in die hospitaal was (vermoedelik weens die fisieke trauma van die ongeluk). Sy was 52 jaar oud toe sy dood is.

Sy is 13de op die lys van die American Film Institute se 25 grootste vroulike sterre van die klassieke Hollywood-rolprentbedryf.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Grace Kelly RolprentloopbaanGrace Kelly Prinses van MonacoGrace Kelly VerwysingsGrace Kelly Eksterne skakelsGrace Kelly12 November14 September19291982AktriseMonacoOscarRainier III van MonacoVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bedryfstelsel (inligtingstegnologie)NierversakingReënspinnekopCarles PuigdemontKatoenC.J. LangenhovenTydRoesBywoordAardeSean CombsAustraliëTamatieVolhoubaarheidNierHomoniemCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaWiskundeArabies-Israeliese konflikSiekteSekondêre sektor van die ekonomieAnneli van RooyenBrittany Ashton HolmesKweekhuiseffekHondLys van Suid-Afrikaanse skrywersBestaansboerderyRobbeneilandBeeldspraakSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024BorstePrimêre sektor van die ekonomieBeesvleisSwedeAB de VilliersSkynprivaatnetwerkSwart menseVenda (taal)Tolla van der MerweFamilie (verwantskap)PerdebyeBloemfonteinLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaAfro-AmerikanersWinnie Madikizela-MandelaMiddelmisbruikMisdaadromanWikiBorskankerKoppeltekenGrondwet van Suid-AfrikaSelfstandige naamwoordMieliestronkEiffeltoringPornhubDie ontstaan van die dramaKlimaatsverandering in AfrikaBreinPenisAborsie in Suid-AfrikaAardverwarmingBesoedelingGordelroosBysteekGroot-VisrivierMorfeemEerste WêreldoorlogAppel (sanger)Olimpiese Somerspele 2012KinderregteBosluisbytkoorsVlekvrye staalChatGPTIsraelYsbeerHartMaagTussenwerpsel🡆 More