Rainier Iii Van Monaco

Rainier III, Prins van Monaco (Rainier Louis Henri Maxence Bertrand Grimaldi, Graaf van Polignac; 31 Mei 1923 – 6 April 2005), het langer as 50 jaar oor die prinsdom Monaco regeer en was dus een van die langs regerende monarge van die 20ste eeu.

Sy volle titel was Sy Deurlugtige Hoogheid die Soewereine Prins van Monaco.

Rainier III
Prins van Monaco
Rainier Iii Van Monaco
Naam Rainier III
Volle naam Rainier Louis Henri Maxence Bertrand
Titel Sy Deurlugtige Hoogheid die Soewereine Prins van Monaco
Bewind 9 Mei 1949 – 6 April 2005
Gebore 31 Mei 1923, Monaco
Oorlede 6 April 2005, Monaco
Voorganger Louis II
Opvolger Albert II
Eggenote Grace Kelly
Kinders Caroline, Prinses van Hannover
Albert II van Monaco
Prinses Stéphanie van Monaco
Huis Grimaldi
Vader Prins Pierre, Hertog van Valentinois
Moeder Prinses Charlotte, Hertogin van Valentinois

Hy was buite Europa veral bekend vanweë sy huwelik met die Amerikaanse aktrise Grace Kelly. Hy was egter ook verantwoordelik vir hervormings aan die Monegaskiese grondwet en die uitbreiding van die land se ekonomie. Dobbelary maak vandag sowat 3 persent van die land se jaarlikse inkomste uit; toe Rainier die troon in 1949 bestyg het, was dit meer as 95 persent.

Herkoms

Rainier III was van Franse, Mexikaanse, Spaanse, Duitse, Skotse, Engelse, Nederlandse en Italiaanse herkoms.

Deur sy oumagrootjie lady Mary Victoria Hamilton, wat vir ’n kort rukkie Prinses van Monaco was, stam hy van Jakobus IV van Skotland. Sy oer-oeroumagrootjie was Stéphanie de Beauharnais, die aangenome dogter van Napoleon Bonaparte en later die Groothertogin van Baden.

Rainier was ook ’n afstammeling van ’n hele paar ander bekendes, onder andere koning Karl IX van Swede; koning Frederick II van Denemarke en Noorweë en Ferdinand I, Heilige Romeinse Keiser.

Vroeëre lewe

Rainier is in Monaco gebore as die enigste seun van prins Pierre van Monaco, die Hertog van Valentinois (gebore graaf Pierre de Polignac), en sy vrou, prinses Charlotte, Hertogin van Valentinois. Sy ma was die enigste kind van prins Louis II en Marie Juliette Louvet; Louis het haar later wettig aangeneem en sy het die erfgenaam van die Monegaskiese troon geword. Rainier se pa was ’n half-Franse, half-Mexikaanse edelman van Bretagne wat sy vrou se van, Grimaldi, ná hul troue aangeneem het en deur sy skoonpa ’n prins van Monaco gemaak is.

Rainier het een suster gehad: Haar Deurlugtige Hoogheid prinses Antoinette, Barones van Massy, ’n ongewilde figuur wat glo so ingemeng het in haar kinders se plek op die lys van troonopvolgers dat prinses Grace haar gelas het om die land te verlaat.

Rainier het op 9 Mei 1949 die Soewereine Prins van Monaco geword ná die dood van prins Louis II en nadat sy ma in 1944 afstand gedoen het van haar reg op die troon.

Huwelik en familie

Ná ’n jaar lange hofmakery is prins Rainier op 18 April 1956 op ’n burgerlike seremonie en op 19 April op ’n kerklike seremonie getroud met die Amerikaanse aktrise en Oscar-wenner Grace Kelly. (1929–1982). Hul kinders is:

Prins Rainier het nege kleinkinders gehad:

  • Andrea, Charlotte en Pierre Casiraghi – kinders van prinses Caroline en Stefano Casiraghi;
  • Prinses Alexandra van Hannover – dogter van prinses Caroline en haar huidige man, Ernst August V, Prins van Hannover
  • Louis en Pauline Ducruet – kinders van prinses Stéphanie en Daniel Ducruet
  • Jazmin Grace Grimaldi – die buite-egtelike dogter van prins Albert II en Tamara Rotolo
  • Alexandre Coste – die buite-egtelike seun van prins Albert II en Nicole Coste
  • Camille Gottlieb – die buite-egtelike dogter van prinses Stéphanie.

Ná die dood van sy vrou in 1982 in ’n motorongeluk was hy romanties betrokke by sy kleinniggie, prinses Ira von Fürstenberg, ’n voormalige aktrise wat later ’n juwelierware-ontwerper geword het.

Heerser

Ná sy troonbestyging het Rainier hard gewerk om Monaco se beeld te verbeter nadat dit heelwat skade gely het weens finansiële nalatigheid en skandale (sy ma, prinses Charlotte, het ’n bekende juweeldief, René die Wandelstok, as minnaar gehad). Die land was feitlik bankrot en ander dobbelplekke het oopgemaak wat met Monaco meegeding het. Rainier het Monaco toe geadverteer as ’n plek om belasting vry te spring en eiendom te ontwikkel, ’n handelsentrum en ’n toerismeparadys.

Hy was ook verantwoordelik vir die prinsdom se nuwe grondwet van 1962 wat die mag van die heerser aansienlik afgeskaal het. Die veranderings het ’n einde aan outokratiese heerskappy gemaak en dit vervang met regering deur die prins en die Nasionale Raad van 18 verkose lede.

Siekte en dood

In die laaste drie jaar van sy lewe het Rainier se gesondheid erg agteruitgegaan. Vroeg in 2004 is hy in die hospitaal opgeneem weens koronêre probleme. In Oktober was hy weer in die hospitaal met ’n longinfeksie. In November van dié jaar het prins Albert op die program Larry King Live aan Larry King gesê dit gaan goed met sy pa, maar hy het brongitis. Op 7 Maart 2005 is hy weer met ’n longinfeksie in die hospitaal opgeneem. Op 22 Maart is hy na die waakeenheid geskuif.

Op 31 Maart 2005 het die paleis aangekondig dat prins Albert sy pa se amptelike pligte oorneem aangesien Rainier dit nie meer kon nakom nie.

Op 6 April is aangekondig dat prins Rainier op 81-jarige ouderdom oorlede is. Hy is opgevolg deur sy enigste seun, wat die troon bestyg het as prins Albert II.

Rainier is op 15 April 2005 langs sy vrou in Monaco begrawe.

Eksterne skakels

Bron

Verwysings

Tags:

Rainier Iii Van Monaco HerkomsRainier Iii Van Monaco Vroeëre leweRainier Iii Van Monaco Huwelik en familieRainier Iii Van Monaco HeerserRainier Iii Van Monaco Siekte en doodRainier Iii Van Monaco Eksterne skakelsRainier Iii Van Monaco BronRainier Iii Van Monaco VerwysingsRainier Iii Van Monaco20ste eeuMonacoMonarg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

StereotipeBrongitisSeksposisieOmtrek, oppervlakte en volumeBysteekWebwerfSeksuele penetrasieKaapstadse waterkrisis 2015-2018TylaByChris HaniNiersteenGeweldBeeldspraakIndiëDramaOnderwerp (taalkunde)BesoedelingRieldansHomofoonSirkusToekoms van die AardeAardeMaselsAntjie SomersOrale seksFrederik Willem de KlerkDoelwitNag van die lang messeIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieSlag van BloedrivierLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSoutsuurVerlede tydGreen PornoKindermishandelingTelefoonPenisKarooOmgewingsbeheerIndustriële RevolusiePussy RiotVrystaatWeer (meteorologie)PuberteitLAardverwarmingIslamitiese StaatVaste stofMangelontstekingLys van Afrikaanse skrywersOlimpiese SomerspeleKasteel die Goeie HoopEmosieKlimaatsverandering in AfrikaMisdaadHernubare energieJode in Suid-AfrikaPapegaaieBywoordEugenetikaTelevisieLys van landeLabia (geslagsdele)WikipediaChemiese verbindingMetaalDirekte en Indirekte redeUnited Democratic FrontGesondheidKondensasieYstervarkLangste woordBreinvliesontstekingKwaZulu-NatalPerdVerantwoordelikheidSoogdier🡆 More