Albert Ii Van Monaco

Albert II, Prins van Monaco (Albert Alexandre Louis Pierre Grimaldi; gebore 14 Maart 1958) is die hoof van die Huis van Grimaldi en die huidige heerser van die prinsdom Monaco.

Hy is die seun van prins Rainier III en Grace Kelly en is getroud met Charlene Wittstock, ’n voormalige Suid-Afrikaanse swemmer. Sy susters is Caroline, Prinses van Hannover en Prinses Stéphanie van Monaco.

Albert II
Prins van Monaco
Albert Ii Van Monaco
Naam Albert II
Volle naam Rainier Albert Alexandre Louis Pierre
Bewind 6 April 2005 – hede
Gebore 14 Maart 1958 (1958-03-14) (66 jaar oud) , Monte Carlo, Monaco
Voorganger Rainier III
Regmatige opvolger Erfgenaam Prins Jacques
Eggenote Prinses Charlene
Kinders Prinses Gabriella en Prins Jacques
asook Jazmin Grace Grimaldi en Alexandre Coste (albei buite-egtelik)
Huis Grimaldi
Vader Rainier III
Moeder Grace Kelly
Albert Ii Van Monaco
Die dubbele paraaf van prins Albert en prinses Charlene.

Vroeë lewe

Albert is in die koninklike paleis van Monte Carlo gebore en het skoolgegaan aan die Albert I-hoërskool. Hy het in 1976 met onderskeiding geslaag en in 1977 aan die Amherst-kollege in Massachusetts, Amerika, staatsleer, ekonomie, musiek en Engelse letterkunde begin studeer onder die naam Albert Grimaldi.

Hy het in 1981 ’n B.A.-graad in staatsleer behaal. Hy is ’n kranige sportman en het aan verskeie sportsoorte deelgeneem, onder andere veldloop, judo, swem, tennis, roei, seiljagvaart, ski en muurbal. Hy het in die Monegaskiese bobslee-span aan die Olimpiese Winterspeles van 1988, 1992, 1994, 1998 en 2002 deelgeneem. Hy is sedert 1985 'n lid van die Internasionale Olimpiese Komitee. Hy is een van die eienaars van Yoctocosmos (sy sosiale netwerk) en lid van die Wêreld Ekonomiese Forum.

Heerser

Op 7 Maart 2005 is Albert se pa, Rainier III, in die hospitaal opgeneem waar hy vir long- en hartprobleme behandel is. Op 31 Maart 2005 het die paleis aangekondig dat prins Albert sy pa se amptelike pligte oorneem aangesien Rainier dit nie meer kon nakom nie en op 6 April is aangekondig dat prins Rainier op 81-jarige ouderdom oorlede is.

Prins Albert het die troon op dié dag bestyg as Albert II. Hy is op 19 November 2005 in die St. Nicholas-katedraal gekroon. Sy regmatige opvolger is sy seun, Prins Jacques, gebore op 10 Desember 2014.

Liefdeslewe en huwelik

Albert Ii Van Monaco 
Prins Albert en prinses Charlene saam met die mode-ontwerper Karl Lagerfeld (regs), 2011.

Ná talle berigte oor sy romantiese verbintenisse met bekende skoonhede en gerugte dat hy gay is, word Albert sedert 2006 dikwels saam met die Suid-Afrikaanse swemmer Charlene Wittstock gesien. Hy het ook erken dat hy twee buite-egtelike kinders het: Jazmin Grace Grimaldi by Tamara Rotolo van Kalifornië en Alexandre Coste by Nicole Coste, ’n voormalige lugwaardin van Togo. ’n Vroeëre eis deur Bea Fiedler, 'n Duitse kaalborsmodel, dat hy die pa van haar seun Daniel is, is deur 'n hof verwerp

Op 1 Julie 2011 is Albert in ’n burgerlike troue met Charlene Wittstock getroud en die volgende dag in ’n kerklike seremonie. Hulle het hulle verlowing op 23 Junie 2010 aangekondig nadat hulle sedert 2006 dikwels saam gesien is.

Opvolging

Terwyl Rainier III se gesondheid agteruitgegaan het, het die openbare kommer toegeneem oor die feit dat Albert nie wettige kinders het nie. Voor 2002 het Monaco se grondwet bepaal dat net die "direkte en wettige manlike" kinders van die "laaste" regerende prins die troon mag bestyg.

Op 2 April 2002 het Monaco ’n wet afgekondig waarin voorsiening gemaak word dat die troon na ’n regerende prins se broers en susters en hul kinders van albei geslagte mag gaan as hy sonder wettige kinders sterf. In Oktober 2005, toe Albert die troon bestyg, het die wet van krag geword toe dit deur Frankryk bekragtig is in ooreenstemming met die 2002-verdrag oor betrekkinge tussen dié twee lande. Sy susters en hul wettige kinders het op daardie stadium die reg gehad om hom op te volg as geen kinders uit sy huwelik gebore sou word nie.

Prins Albert and Prinses Charlene het intussen 'n tweeling, Prinses Gabriella en Prins Jacques, op 10 Desember 2014 ryker geword. Die troonopvolging is nie meer 'n kwessie nie aangesien Prins Jacques nou daarvoor bestem is.

Eksterne skakels

Bron

Verwysings

Tags:

Albert Ii Van Monaco Vroeë leweAlbert Ii Van Monaco HeerserAlbert Ii Van Monaco Liefdeslewe en huwelikAlbert Ii Van Monaco OpvolgingAlbert Ii Van Monaco Eksterne skakelsAlbert Ii Van Monaco BronAlbert Ii Van Monaco VerwysingsAlbert Ii Van Monaco14 Maart1958Caroline, Prinses van HannoverCharlene WittstockGrace KellyHuis van GrimaldiMonacoPrinses Stéphanie van MonacoRainier III van MonacoSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkaakDoopFilippyneKaartVolstruisReënspinnekopLionel PetersonVermenigvuldigingApostoliese GeloofsbelydenisRuhan du ToitBlourokkeTweede Nuwe JaarWoordeboekSelfbeeldKlimaatsverandering in Suid-AfrikaBysteekVoornaamwoordMigrasie van diereJeugdagKoolstofTamatieBaälVaginale kankerBeesMenslike-ontwikkelingsindeksApostoliese KerkeAktuarisRooikatGeslagsgelykheidHoofpynGewoonteTaalKiewieteAfrikaanse taalleerGeografie van Suid-AfrikaMorfologie (taalkunde)Emma RenziDundermDiepaartromboseHoenderQuebecDeelwoordGerda SteynSan FranciscoLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsRenteAnneli van RooyenRolprentAustraliëProstaatklierTweede WêreldoorlogLys van medisinale kruieDooie SeeLandbouLiewe HeksieBurgerregteSuid-AfrikaPrince Alfred HamletSarah Rose KarrGreen PornoFransHartseerNatuurrampDeelteken en umlautVersamelnaamMin ShawBloedvergiftigingKindermishandelingBergpredikasieEkostelselLeierskapHolocaustMadison IvyMaatskaplike verantwoordelikheidKlimaatAfrikanernasionalismeWortelAntisemitisme🡆 More