Gereformeerde Kerk Goeie Hoop

Die Gereformeerde kerk Goeie Hoop is die kleinste van die 30 gemeentes in die GKSA se Klassis Noordwes en een van die kleinste in die hele Kerk.

Einde 2016 was hier 11 belydende en drie dooplidmate, dieselfde getal belydende lidmate as in 2009, maar vier minder dooplidmate. In 1960 was die syfers onderskeidelik 60 en 50.

Gereformeerde Kerk
Goeie Hoop
Gereformeerde Kerk Goeie Hoop
Sluit in  Dirkiesrus
Gemsbokvlakte
Piet Plessis
Denominasie  Gereformeerde Kerk
Klassis  Noordwes
Huidige predikant(e)  Vakant
Belydende lidmate  8
Dooplidmate  1
Adres Venterstraat 1
Piet Plessis
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1931
Eerste predikant  J.L. de Bruin (1935–'43)
Gereformeerde Kerk Goeie Hoop
Die Gereformeerde kerk Goeie Hoop.
Gereformeerde Kerk Goeie Hoop
Ds. P.C. Snyman, leraar van 1956 tot 1957, toe hy 'n finalejaarstudent aan die Teologiese Skool Potchefstroom was in 1955.
Gereformeerde Kerk Goeie Hoop
Ds. Jan de Bruin, leraar van 1935 tot 1943 (in kombinasie met Vryburg).

Die Gereformeerde kerk Goeie Hoop is in 1931 gestig en die bekende Gemsbokvlakte asook die dorpie Piet Plessis, halfpad tussen Stella en Tosca, val binne die gemeentegrense. Agttien jaar later kon die gemeente sy kerkgebou, wat vandag nog gebruik word, in gebruik neem en wel op 2 Julie 1949. L.A. Nortjé was voorsitter van die boukommissie. Tydens die ingebruikneming van die kerk het 15 sprekers opgetree buite die verwelkoming, oorhandiging van die sleutels en ’n erediens. Ds. J.L. de Bruin het die ingebruiknemingseremonie gehou.

Op dieselfde Saterdag (2 Julie) is die voorbereidingsdiens om seweuur die aand gehou en die eerste Nagmaal in die nuwe die volgende môre.

Hoewel die wegtrek van lidmate uit die omgewing Goeie Hoop se sieletal tot net 14 laat afneem het en hier einde 2015 net twee ouderlinge maar geen diakens was nie, bestaan die gemeente tans (2016) nog voort. Die Hervormde gemeente Goede Hoop is op 29 November 1913 gestig en het einde 2014 36 belydende en 13 dooplidmate gehad, terwyl die NG gemeente Piet Plessis eers in 1956 tot stand gekom het. Dié gemeente het einde 2014 118 belydende en 27 doopldimate gehad.

Predikante

  1. De Bruin, Johannes Lodewicus, 1935–1943 (in kombinasie met Vryburg)
  2. Snyman, Philippus Christoffel, 1956–1957
  3. De Beer, Dewald Lambertus, 1976–1980 (in kombinasie met Mafeking)
  4. Venter, Tjaard Machiel, 1980–1982 (in kombinasie met Mafeking)
  5. Olivier, Hendrik Willem, 1983–2001 (in kombinasie met Mafikeng) (verlaat die bediening)

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cleopatra VIIGoeie VrydagWikiquoteRooipandaMuskietRacheltjie de BeerSimboolDroogtePlae van EgipteLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)BreinMisdaadBosluisbytkoorsWikimedia-stigtingSlawernyGreen PornoNoord-KaapEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAardeAnrich HerbstAfro-AmerikanersBlack SashPinksterHomoniemKontinentBloutongsiekteMiltRob HersovKrieketCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaElandréNadia ValvekensJavaScriptRymOseaanTsongaTweede VryheidsoorlogBesoedelingWetenskaplike klassifikasieGasGrondwet van Suid-AfrikaSuiwelprodukBloemfonteinC.J. LangenhovenMandalaAfrikaanse taalleerMahatma GandhiOlimpiese SomerspeleSoortnaamNiersteenSuid-Afrikaanse GrensoorlogMobutu Sese SekoSint JorisdagKriekGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaAngolaVoortrekkermonumentErica BoyerRenteSpysverteringstelselPolisieMisdaadromanVarkgriepKonjunktivitisArmoedeSiektePlaattektoniekFraktuurLys van bekende Suid-AfrikanersHeelgetalGroot TrekJeuksiektePoesReënspinnekopNavorsingLys van Afrika-lande🡆 More