Die Gereformeerde kerk Molopo was ’n klein gemeente van die GKSA in die Kalahari wat deel was van die Klassis Vryburg.
Molopo is in 1954 gestig en het die plekkies Tosca en Bray ingesluit. In sy kort bestaan van net 21 jaar het die handjie vol lidmate (in 1960 was hier byvoorbeeld 29 belydende en 14 dooplidmate) daarin geslaag om hul eie kerkgebou te bekom. Die gemeente het in 1975 ontbind waarna lidmate ingeskakel het by die Gereformeerde kerk Vryburg.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Molopo, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.