Joan Van Arckel: Eerste predikant van NG Kerk in Suid-Afrika

Ds.

Joan van Arckel (soms ook Joannes, Johan of Johannes) (Den Briel, Nederland, 1640 - Kaap die Goeie Hoop, 12 Januarie 1666) was die eerste predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, en trouens van enige kerk in die land.

Joan van Arckel
Naam Joan van Arckel
Geboorte 1640
Den Briel, Nederland
Sterfte 12 Januarie 1666 (ong. 26 jaar oud)
Kaapstad
Kerkverband Nederduits Gereformeerd
Gemeente(s) Kaapstad
Kweekskool Leiden

Hy is in 1640 in Den Briel in Nederland gebore en word in 1661 'n student in godgeleerdheid aan die Universiteit van Leiden. In 1664 hou hy voor 'n komitee onder professor Hoornbeeck volgens die gebruik van daardie tyd 'n disputasie en word deur die klassis (ring) Walcheren as predikant vir Nederlands-Oos-Indië beroep om aan die Kaap werksaam te wees.

Hy kom in die Kaap aan in 1665 as eerste vaste predikant. Dit is ook die stigtingsdatum van die NG gemeente Kaapstad (of Groote Kerk). Hy sterf egter net die jaar daarna op 12 Januarie 1666. Hy is in die binneplein van die Kasteel die Goeie Hoop begrawe. Sy opvolger, ds. Johannes de Vooght, kom ses weke later aan die Kaap aan, maar vertoef net tot 23 November 1666.

Kaapse predikante tydens die 17de eeu

  1. Joan van Arckel (ook Johannes), 1665 - 1666
  2. Johannes de Vooght, 26 Februarie tot 23 November 1666
  3. Petrus Wachtendorp, November 1666 - Februarie 1667
  4. Adriaan de Vooght, 1667 - 1674
  5. Rudolphus Meerlandt, 1674 - 1675
  6. Petrus Hulsenaar, 1675 - 1677
  7. Johan Frederick Stumphius, Mei 1678
  8. Johannes Overney, 1678 - 1687
  9. Johannes van Andel, 1687 - 1689
  10. Pierre Simond, 1688 – 1702
  11. Leonardus Terwoldt, 1689 - 1693
  12. Hercules van Loon, 1695 - 1697
  13. Petrus Kalden, 1697 - 1707

Eksterne skakels

Tags:

12 Januarie1666KaapstadNederduitse Gereformeerde KerkNederlandSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SiembambaWaldimar PelserOrkaan GustavRenteCleopatra VIIGNU-lisensie vir vrye dokumentasieLys van Griekse mitologiese figureTonnels van Củ ChiGeboorteLys van kinderspeletjiesJan BloukaasDrie SusterskerkeHoërskool NoordheuwelWayback MachineGetalLewerNarkoseEjakulasieEnsiklopedieTolla van der MerweMarsSleurkragSiberiëVrymesselaryNaeltjiesAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBorsklierOraniaMosambiekRefentse MorakeWit-DonderdagSeksualiteitSeekoeiWikiquoteGeorgiese nasionale rugbyspanOrthopteraAppel (sanger)Duitse perdebyMenslike skeletLys van bekende Suid-AfrikanersJagluiperdKlem-in-die-kaakVoornaamwoord26 MaartMiddelmisbruikTikTokVarkgriepSeksuele opwekkingHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalOntbinding van die SowjetuniePersentasieGewone drolpeerWoordeboek van die Afrikaanse TaalWynsteenVoortrekkermonumentEmily HobhouseKnopiespinnekopRynhesseOlifantRob HersovDie Stem van Suid-AfrikaVuurKinderregteMakazole MapimpiWayde van NiekerkKewerPolitieke partyAfrikaanse taalleerEucalyptusPeniskankerVolkekundeC🡆 More