Francois Hougaard (gebore 6 April 1988) is 'n professionele Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Hy speel hoofsaaklik as skrumskakel, maar het meer onlangs in 'n vleuel vir die Blou Bulle ontwikkel. Hy is in die Paarl in Suid-Afrika gebore en het op skool vir Paul Roos Gimnasium uitgedraf.
| |||||
Francois Hougaard | |||||
Geboortedatum | 6 April 1988 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | Paarl, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,81 m | ||||
Massa | 94 kg | ||||
Universiteit | Universiteit Stellenbosch | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Skrumskakel, vleuel | ||||
Springbokno. | 807 | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2016–2017 | Worcester Warriors | 19 | (20) | ||
korrek soos op 10 Junie 2017. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2008–2015 | Blou Bulle | 48 | (80) | ||
korrek soos op 10 Junie 2017. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2008–2015 | Bulls | 88 | (130) | ||
korrek soos op 10 Junie 2017. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2009-huidig | Suid-Afrika | 46 | (25) | ||
korrek soos op 19 September 2017. |
Sy eerste toer vir die Springbokke was na Frankryk, Italië, Ierland en Engeland in laat 2009 waar hy een toets teen Italië op 21 November 2009 en in twee toerwedstryde gespeel het. Sy span wen die Curriebeker in 2009 en die Superrugby-titel in 2011. Hy het tydens beide die eindstryde drieë vir sy span gedruk.
Tydens die 2011 Superrugbyseisoen het hy goed vertoon en as skrumskakel tydens Fourie du Preez se afwesigheid waargeneem, wat hom later 'n plek in die Springbokspan vir die 2011-wêreldbeker verseker het.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Francois Hougaard, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.