Vleuels.
(No.'s 11 & 14, plaasvervanger no. 23)
Soos die naam aandui, ouens wat kon vlieg. Resiesperde. Hande was ietwat onbetroubaar, maar as hulle die bal kon vashou, het hulle die opponente met brute vaart geklop. Deesdae heelwat stadiger, maar baie veilig onder die hoë bal, sodat hulle die heelagter kan uithelp. Die vermoeë om drieë te druk is heeltemal oorbodig, aangesien die senters losskrums in die middelveld afdwing, vanwaar die slotte gaan druk.
Onder deesdae se plaasvervangerreëls, word die no. 11 of no. 14 vervang deur no. 23 vanaf die plaasvervangerbank. Dit kan enige tyd gedurende die wedstryd gebeur, bv. as gevolg van 'n besering, maar meestal is dit 'n taktiese verandering tussen die 50ste en 75ste minuut van die wedstryd.
'n Paar bekende vleuels (almal Springbokke) ter illustrasie:
Spelerposisies in rugby | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vleuel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.