Folklore: Volksverhaal

Folklore is die kultuur wat deur ’n spesifieke groep mense gedeel word.

Dit sluit die groep se gemeenskaplike tradisies in soos vertellings, spreekwoorde en grappies, asook materiële dinge soos boustyle en handgemaakte speelgoed, rituele en vierings soos Kersfees en troues, volksdanse en inisiëringsrites. Net so belangrik soos die vorm van die folklore, is die oordrag daarvan van een streek tot ’n volgende of van een geslag tot die volgende. Folklore word nie in ’n skool of leerplan geleer nie, maar word informeel van die een individu tot die volgende oorgedra, óf mondelings óf deur demonstrasies.

Folklore: Volksverhaal
Die Nederlandse spreekwoorde.

Oorsig

Die woord is in 1846 die eerste keer deur die Engelsman William Thoms gebruik. Hy het dit opgemaak om die term van vroeër, "gewilde letterkunde", te vervang. Om die woord heeltemal te verstaan is dit nodig om apart na die twee dele daarvan te kyk: die terme folk en lore.

Die tweede helfte is makliker om te definieer as die eerste, omdat die betekenis oor die laaste twee eeue relatief konstant gebly het. Lore kom van die Ou Engelse lār, 'instruksie', en dui op die kennis en tradisies van ’n spesifieke groep wat dikwels mondelings oorgedra word.

Die eerste deel is effens moeiliker om te verklaar. Toe Thoms die term geskep het, het folk net verwys na landelike, dikwels arm en ongeletterde kleinboere. ’n Moderner definisie daarvan is ’n sosiale groep wat twee of meer persone met gedeelde eienskappe bevat wat hul gedeelde identiteit uitdruk met tradisies wat hulle onderskei van ander groepe. Folk kan verwys na ’n nasie, soos in Amerikaanse folklore, of na ’n enkele gesin. Folklore sluit nou alle dinge in wat mense met woorde (verbale folklore), hul hande (materiële folklore) of aksies (gewoontefolklore) maak.

Folklore word nou beskou as natuurlik en noodsaaklik vir enige sosiale groep. Dit hoef nie meer oud te wees nie; dit word voortdurend geskep en oorgedra, en word in enige groep gebruik om te onderskei tussen "ons" en "hulle".

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Kersfees

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DoziGloeilampSmaakDroogteVaginaKlem-in-die-kaakMiltWiskundeAnneli van RooyenKoolstofSwangerskapDemokrasieLys van Griekse mitologiese figureSonKompasHomoniemPersoonlike voornaamwoordDuitsGrootste rampe in Suid-AfrikaAsiëAkroniemSpysverteringstelselSeptimius AwardsCoca-ColaNic de JagerRekeningkundeMynbouLys van Afrikaanse rolprenteKoperMaroela MediaCradock-4Tropiese sikloonSout (chemiese stof)SpreeuJeugdagWoordeboek van die Afrikaanse TaalLabia (geslagsdele)Elana AfrikaLidwoordAfrikaKleurSASOLWerkloosheidLongMonumentDigvormMaanSaartjie BaartmanBateRivierHeks van HexrivierWetenskaplike klassifikasie7de LaanOlimpiese SomerspeleDermpoliepSuid-Afrikaanse randJan-Willem BreureLikkewaanMiljardGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaBreinKunsmatige intelligensieWêreld- Ekonomiese ForumOnderwerp (taalkunde)Inleiding tot die genetikaOnbemande vliegtuigOntdekking van die chemiese elementeKolonisasieSnaarinstrumentKamoefleringDialoog in fiksieNazi-DuitslandLys van NG gemeentesWoestynEngels🡆 More