Die Fiat CR.32 was 'n Italiaanse dubbeldekker vliegtuig was diens gedoen het in die Spaanse Burgeroorlog en die Tweede Wêreldoorlog.
Die vliegtuig het sy nooiensvlug voltooi op 28 April 1933. Hy was 'n leier in sy klas toe dit bekend gestel is, en is volledig uit metaal vervaardig. Die vliegtuig was baie rats en beweegbaar en het homself tydens die Spaanse Burgeroorlog bewys deur die Polikarpof I-15 en I-16 monovlerkvliegtuie te oorskadu. Die vliegtuie is deur die Spaanse Nasionaliste gebruik. Spanje het van die vliegtuie onder lisensie vervaardig en dit die Hispano Chirri genoem.
Fiat CR.32 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Fiat |
Ontwerp deur | Celestino Rosatelli |
Nooiensvlug | 28 April 1933 |
Bekendstelling | 1933 |
Onttrek | 1953 |
Status | Uit diens onttrek. |
Hoofgebruiker | Italiaanse Lugmag Hongaarse Lugmag Spaanse Lugmag Chinese Lugmag |
Vervaardig | Maart 1934 – Februarie 1936 |
Aantal gebou | 1 052 |
Weergawes | Fiat CR.42 |
Fiat CR.32 is ook uitgevoer na China, Hongarye en sommige Suid-Amerikaanse lande. Teen laat 1904 was dit nog steeds in gebruik by Italië se Regia Aeronautica. Hulle was egter toe reeds verouderd, maar nog steeds gebruik teen Britse soldate in Libië. Van die Spaansvervaardigde vliegtuie is tot in 1953 vir opleiding gebruik.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Fiat A.30 V-12 inlyn, waterverkoel |
Kraglewering per motor | 600 perdekrag |
Vlerkspan | 9,5 m |
Lengte | 7,45 m |
Hoogte | 2,63 m |
Vlerkoppervlakte | 22,1 m2 |
Maks. opstygmassa | 1 850 kg |
Maks. snelheid | 375 km/h |
Operasionele hoogte | 8 800 m |
Togafstand | 680 km |
Klimvermoë | 907 m per minuut |
Bewapening | Twee 7,7 mm masjiengewere |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Fiat CR.32, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.