Feng Shui

Feng shui (tradisionele Chinees: 風水, vereenvoudigde Chinees: 风水, luister (hulp·inligting)) ook bekend as Chinese waarsêery, is ’n skynwetenskap wat sy oorsprong in China gehad het.

Daarvolgens word energiekragte gebruik om individue met hul omgewing te laat harmoniseer. Die term feng shui beteken letterlik "wind-water", wat kom uit die begrafnisboek Zang Shu: "Qi dryf op die wind (feng) en versprei, maar bly waar dit water (shui) teenkom."

Feng shui
’n Feng shui-kompas (luopan).
’n Feng shui-kompas (luopan).
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   風水
Vereenvoudigde Chinees   风水
Pinyin fēngshuǐ
Wade-Giles feng1-shui3
Jyutping fung1seoi2
Ander name IFA: [fə́ŋ.ʂwèi]

Feng shui is een van die Vyf Kunste van Chinese metafisika, wat geklassifiseer word as fisionomie (die waarneming van verskynsels deur formules en berekenings). Die feng shui-praktyk bespreek argitektuur in terme van "onsigbare kragte" wat die heelal, aarde en mensdom saambind, bekend as qi.

Dit is histories algemeen gebruik om die gunstigste ligging vir geboue te bepaal – dikwels van spiritueel belangrike strukture soos grafte, maar ook van huise en ander strukture. Na gelang van die spesifieke styl feng shui wat gebruik word, kan ’n gunstige terrein bepaal word deur verwysings na dinge soos water, die sterre of die kompas.

Geskiedenis

Oorsprong

Die Yangshao- en Hongshan-kultuur verskaf die eerste bekende bewyse van die gebruik van feng shui. Tot met die uitvinding van die magnetiese kompas het feng shui blykbaar van sterrekunde gebruik gemaak om verhoudings te vind tussen mense en die heelal. In 4000 v.C. het die deure van Banpo-huise opgelyn met die asterisme Yingshi net ná die wintersonstilstand – dit het gesorg dat die huise die beste nut uit die son kry. Gedurende die Zhou-tydperk was Yingshi bekend as Ding en is dit gebruik om die regte tyd vas te stel om ’n hoofstad te bou, volgens die Boek van Liedere (Shijing). Die Laat Yangshao-terrein by Dadiwan (omstreeks 3500-3000 v.C.) bevat ’n paleisagtige gebou (F901) in die middel. Die gebou kyk suid en lê langs ’n groot plein. Dit staan op ’n noord-suid-as saam met ’n ander gebou waar gemeenskapsaktiwiteite blykbaar gehou is. Streeksgemeenskappe het moontlik die kompleks gebruik.

Ook ’n graf by Puyang (omstreeks 4000 v.C.) wat ’n mosaïek bevat – eintlik ’n Chinese sterkaart van die asterismes die Draak en die Tier asook die Beidou (die Groot Skeplepel of Skepbeker) – lê op ’n noord-suid-as. Die teenwoordigheid van beide ronde en vierkantige vorms in die Puyang-graf en op ander terreine dui daarop dat ’n kosmografie waarvolgens die hemel rond en die aarde vierkantig is, lank gelede reeds in die Chinese gemeenskap bestaan het.

Kosmografie wat ’n sterk ooreenkoms met moderne feng shui-toestelle en -formules toon, verskyn op ’n stuk jade wat by Hanshan ontdek is en van omstreeks 3000 v.C. dateer. Die argeoloog Li Xueqin verbind die ontwerp met die hoekmeter en kompas.

Van die Neolitikum af is feng shui-reëls gevolg vir die ontwerp en uitleg van alle hoofstede van China. Tydens die Zhou-tydperk is hierdie reëls in die Kaogong ji ("Vakhandboek") gekodifiseer. Dit is ingespan deur bouers en vir grafte en tombes.

Vroeë instrumente en tegnieke

Feng Shui 
’n Feng shui-spiraal in ’n moltreinstasie in Chinatown, Los Angeles.

Die geskiedenis van feng shui strek meer as 3 500 jaar terug, van voor die uitvinding van die magnetiese kompas. Dit het sy oorsprong in Chinese sterrekunde. Sommige huidige tegnieke kan teruggespeur word na die Neolitikum in China, terwyl ander later bygevoeg is (veral tydens die Han-, Tang-, Song- en Ming-dinastie).

Die sterrekundige geskiedenis van feng shui is duidelik in die ontwikkeling van instrumente en tegnieke. Volgens die Zhouli (Rites van Zhou) was die oorspronklike feng shui-instrument dalk ’n gnomon. Die Chinese het sirkumpolêre sterre gebruik om die noord-suid-as van nedersettings vas te stel. Dit verduidelik hoekom Shang-paleise by Xiaotun 10° oos van reg noord lê. Volgens die geograaf Paul Wheatley is die hoek van die rigtings van die opkomende en ondergaande son in sommige gevalle gehalveer om noord te vind. Dit het gesorg vir die meer presiese oplyning van die Shang-mure by Yanshi en Zhengzhou. Rituele vir die gebruik van ’n feng shui-toestel het behels dat ’n wiggelaar die lugverskynsels van daardie tyd ondersoek om die instrument in te stel.

Die oudste voorbeeld van ’n instrument wat vir feng shui gebruik is, is ’n liuren (hoekmeter), ook bekend as ’n shi. Dit het bestaan uit ’n tweekantige bord wat met lakvernis afgewerk is en sterrekundige merke bevat het. Die vroegste voorbeelde is in grafte gevind van tussen omstreeks 278 v.C. en 209 v.C. Benewens vir waarsêery, is die borde algemeen gebruik om die beweging van die poolster Taiyi deur die nege paleise te volg. Die merke op ’n shi en die eerste magnetiese kompasse is feitlik identies.

Die magnetiese kompas is vir feng shui ontwerp en word sedertdien daarvoor gebruik.

Basiese begrippe

Definisie en klassifikasie

Die doel van feng shui soos wat dit vandag beoefen word, is om die menslike omgewing te vestig op plekke met goeie qi, ’n denkbeeldige vorm van energie. Die "perfekte plek" skep ’n harmonie tussen die mens en sy werk- en leefomgewing. Alles wat die mens maak, is in wese nie natuurlik nie, maar kan in harmonie met die natuur gebring word. In Chinese filosofie draai alles om harmonie en ewewig tussen die teenoorgestelde maar komplementerende kragte jin en jang.

Feng shui is nie ’n wetenskap nie, maar word as ’n skynwetenskap geklassifiseer omdat dit ’n paar klassieke skynwetenskaplike aspekte toon, soos bewerings oor die werking van die wêreld wat nie getoets kan word aan die hand van wetenskaplike metodes nie.

Qi

Feng Shui 
’n Tradisionele skilpaddopgraf van Suid-Fujian, wat aan drie kante beskerming bied teen die "verpestende winde".

Qi(氣)(uitgespreek "tsjie") is ’n beweegbare positiewe of negatiewe lewenskrag wat ’n belangrike rol in feng shui speel. ’n Tradisionele verduideliking van qi soos wat dit op feng shui van toepassing is, sluit in die oriëntasie van ’n struktuur, sy ouderdom en sy wisselwerking met die omgewing, insluitende die plaaslike mikroklimaat, die helling van die grond, plantegroei en grondgehalte.

Volgens die begrafnisboek Zang Shu trek begrawing voordeel uit "lewensbelangrike qi". Wu Yuanyin (Qing-dinastie) het gesê lewensbelangrike qi is "bevrore qi", wat die toestand van qi is wat lewe voortbring. Die doel van feng shui is om voordeel te trek uit lewensbelangrike qi deur die regte plek te vind vir ’n graf of gebou.

Polariteit

Polariteit in feng shui word uitgedruk as jin en jang. Dit stem ooreen met ’n magnetiese dipool. Dit bestaan dus uit twee dele: een skep ’n spanning en een ondervind die spanning. Dit loop hand aan hand met die Wu Xing, of Vyf Elemente – metaal, aarde, vuur, water en hout. Hulle speel ’n belangrike rol in die Chinese denke. Die woord "elemente" verwys nie soseer na die elemente self nie, maar na die kragte wat lewensnoodsaaklik is vir die menslike lewe.

Terwyl Chinese medisyne ten doel het om jin en jang in die liggaam te belanseer, is die doel van jin en jang in feng shui om ’n stad, gebou of voorwerp te laat oplyn met jin-jang-kragvelde.

Bagua (agt trigramme)

Agt diagramme bekend as bagua of "trigramme" is belangrik in feng shui. Die verhouding tussen die trigramme word verteenwoordig in twee rangskikkings, die Primordiale (先天八卦), "Vroeëre Hemel" of Fu Xi bagua (伏羲八卦), en die Gemanifesteerde (後天八卦), "Latere Hemel," of King Wen bagua.

Elke trigram het ’n reeks unieke interpretasies, onder meer:

Beeld  Naam  Eienskap  Verbeeld as  Gesinslid Liggaamsdeel  Rigting
Feng Shui  qian Krag Hemel Vader Kop Noorwes
Feng Shui  kun Toewyding  Aarde Moeder Maag Suidwes
Feng Shui  zhen Bewing Donnerslag  Oudste seun Voet Oos
Feng Shui  kan Gevaar Water Middelste seun Oor Noord
Feng Shui  gen Rus Berg Jongste seun Hand Noordoos
Feng Shui  xun Deurbraak  Wind Oudste dogter Dy Suidoos
Feng Shui  li Beligting Vuur Middelste dogter  Oog Suid
Feng Shui  dui Blydskap Meer Jongste dogter Mond Wes

Westerse of "nuwe" feng shui

In die Weste het uit die versmelting van sommige tradisionele feng shui-idees met idees van die New Age- en esoteriese beweging ’n nuwe stelsel van feng shui ontstaan wat hoofsaaklik gebruik word as ’n metode om leefareas te harmoniseer. Die oorspronklike Chinese praktyk om feng shui reeds in die ontwerpstadium van geboue toe te pas, word selde in die Weste aangetref.

Dié moderne vorm van feng shui sluit ook teorieë van byvoorbeeld kleurontwerp en die energieinvloed van kristalle en reuke in. Die vloei van qi in leefareas word verder aangepas deur die gebruik van windklokkies, binnenshuise fonteine, gekleurde materiaal of waterplakkate. Ook die ingang van die huis of deur na die kantoor is belangrik, en die agt trigramme word met groot verbeelding toegepas.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Feng Shui GeskiedenisFeng Shui Basiese begrippeFeng Shui Westerse of nuwe feng shuiFeng Shui VerwysingsFeng Shui Eksterne skakelsFeng ShuiChinaLêer:Zh-feng1shui3.oggPseudowetenskapTradisionele Chinese karaktersVereenvoudigde Chinese karaktersWikipedia:MediahulpZh-feng1shui3.ogg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Zirk van den BergKasteel die Goeie HoopEreksieTydGroote SchuurPtolemeusHeupvervangingHoërskool VorentoeGeelslangWêrelderfenisgebiedSeksuele stimulasieBridgestoneMetabolismeAardbewingVerkoueArgeologieOorkruipersKolonoskopieGroep TweeWikimedia-stigtingMin ShawIdioomPretoriaVarkgriepVoornaamwoordKommunikasieBora Bora2024 Japannese Grand PrixKliniese depressieKlankGoogleBorskankerLys van NG gemeentesRekenaarDaggaKoeksisterQR-kodeSerge DassaultRooibokRekenaarwetenskapSkipInternetMiddeloorontstekingSlag van Cuito CuanavalePornhubFamilie (verwantskap)Boet TroskieWortelDawidRob HersovSpekboomGlenys LynneInsolasieLys van kleureXhosaLianie MayAalwynLisa AnnInsekAfrikaCarike KeuzenkampSekelbosIntensiewe vormISBNHeupLys van persone in die BybelLOlifantsoorMensBloedgroepPapierkelkeGewone janfrederikNazi-DuitslandPadtekens in Suid-Afrika🡆 More