Swerfvalk

Die swerfvalk (Falco peregrinus), ook bekend as die Peregrine, is 'n roofvoël in die familie Falconidia wat wyd verspreid oor die aarde voorkom.

Dit is 'n kraai-grootte valk met 'n blou-grys rug, 'n gespikkelde wit onderkant en 'n swart kop. Die Swerfvalk is 'n roofvoël en voed hoofsaaklik op ander medium grootte-voëls. Die geslagte lyk verskillend (dimorfies), met die wyfies aansienlik groter as mannetjies. Die Swerfvalk is bekend vir sy hoë-spoed duik van meer as 322 km/h gedurende jagtogte. Dit is die vinnigste lid van die diereryk.

Swerfvalk
Swerfvalk
Volwassene met prooi in Nova Scotia, Kanada.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
F. peregrinus
Binomiale naam
Falco peregrinus
Tunstall, 1771
Subspesies

17–19, sien teks

Swerfvalk
Sinonieme

Falco atriceps Hume
Falco kreyenborgi Kleinschmidt, 1929
Falco pelegrinoides madens Ripley & Watson, 1963
Rhynchodon peregrinus (Tunstall, 1771)
en sien teks

Die Swerfvalk word byna oral op die aarde aangetref, behalwe in die uiterste poolstreke, baie hoë berge en die meeste tropiese reënwoude. Die enigste groot ys-vrye landmassa waar dit nie voorkom nie is Nieu-Seeland. Dit maak die Swerfvalk die wêreld se roofvoël wat die wydste verspreid voorkom.

Die wetenskaplike naam kan as "dwaal valk" vertaal word. Dit verwys na die migrerende gewoontes van die swerfvalk families wat in die noordelike gebiede voorkom. Kenners erken 17 tot 19 subspesies wat wissel in voorkoms en omvang. Daar is meningsverskil oor die vraag of die kenmerkende Barbaryse valk deur twee subspesies verteenwoordig word.

Swerfvalke bereik volwassenheid na een jaar en bly 'n vaste broeipaar. Neste is gewoonlik op die kransrand of meer onlangs op hoë mensgemaakte strukture.

Die Peregrine is in baie gebiede 'n bedreigde spesie as gevolg van plaagdoders, veral DDT. Sedert die verbod op die DDT van die vroeë 1970's, het die bevolking weer toegeneem.

Subspesies

Swerfvalk 
'n Swerfvalk
Swerfvalk 
'n Swerfvalk in vlug (VSA)
Swerfvalk 
Swerfvalk by sy nes in Frankryk
Swerfvalk 
Falco peregrinus
Swerfvalk 
Falco peregrinus madens
  • Falco peregrinus anatum
  • Falco peregrinus babylonicus
  • Falco peregrinus brookei
  • Falco peregrinus calidus
  • Falco peregrinus cassini
  • Falco peregrinus ernesti
  • Falco peregrinus furuitii
  • Falco peregrinus japonensis
  • Falco peregrinus macropus
  • Falco peregrinus madens
  • Falco peregrinus minor
  • Falco peregrinus nesiotes
  • Falco peregrinus pealei
  • Falco peregrinus pelegrinoides
  • Falco peregrinus peregrinator
  • Falco peregrinus peregrinus
  • Falco peregrinus radama
  • Falco peregrinus submelanogenys
  • Falco peregrinus tundrius

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakel

Tags:

Swerfvalk SubspesiesSwerfvalk Sien ookSwerfvalk VerwysingsSwerfvalk Eksterne skakelSwerfvalk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

IslamNasionaal-SosialismeViëtnamWet op Bantoe-onderwysSeptimius AwardsToringDurbanMaroela MediaNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKaliumVaalrivierKitaarDarwinismeLiewe HeksieEiffeltoringBoerboelVoorsetselTswanaPad na jou hartSpringbokkeDuitsKoorsPuntKaapstadSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Sharpeville-slagtingGenitale vratKrampLys van Kaapstad se voorstedeSiya KolisiStaalRegverdige handelMenseregtedagKameelperdHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalGrondwet van Suid-AfrikaWaterbesoedelingSokkerOsoonlaagDesmond TutuMasturbasieSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeKommunismeGoudWalvisSonkragSamestellende afleidingDiskriminasieGroot-VisrivierNG gemeente TheunissenJeuksiekteRobbeneilandKrieketBoelieryKriekVersoeningsdagSkaakMeervoudPaasfeesRacheltjie de BeerCremonaVolstruisNederlandsAfrikaanse TaalmonumentNatuurGesondheidPirow BekkerPropagandaJaco JacobsWet op NaturellengrondAsemhaling🡆 More