François Ernst Johannes Malherbe ook bekend as Fransie Malherbe (Paarl 3 Mei 1894 - Stellenbosch 4 Julie 1979) was 'n Suid-Afrikaanse literêre kritikus en skrywer van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde.
Malherbe is gebore op sy ouers Willem Daniel Malherbe en Hester Magdalena du Toit se wynplaas naby Paarl.
Hy het Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Victoria College, nou Universiteit Stellenbosch, en aan die Universiteit van Amsterdam studeer. As student in Stellenbosch van Grieks, Latyn, Filosofie en Moderne tale (Nederlands, Duits, Engels en Frans) het Malherbe ook musiekklasse (viool) by Hans Endler geneem, in sy koor gesing en was lid van die universiteit se Debatsvereniging.
Tydens sy studies in Amsterdam (1920-1924) het hy in Frankryk gebly om sy Frans te verbeter, vier maande lank deur Italië getoer en Oostenryk en Hongarye besoek.
Hy was van 1930-1959 Professor aan die Departement Nederlands - Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch.
Malherbe het 'n aktiewe en belangrike rol gespeel in die skepping van die Afrikaanse skryftaal en letterkunde en in die bevordering van kultuur in die algemeen. Hy was mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Saam met A.H. Jonker en Jacques Malan stig hy die literêre joernaal, Ons Eie Boek, wat hy van 1935 tot 1955 redigeer.
Een van sy assistente en medeskrywers was die digter, Ina Rousseau.
Hy was 'n invloedryke literêre kritikus, wie se resensies gereeld in Die Burger, Die Huisgenoot, Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Koers en Ons Eie Boek verskyn het.
Fransie Malherbe was getroud met Marié Malherbe. Hy was die pa van Fana Malherbe. Isaak de Villiers Malherbe was sy ouer broer.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article F.E.J. Malherbe, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.