Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-Kerk

Die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk (Amharies: የኢትዮጵያ ኦርቶዶክስ ተዋሕዶ ቤተ ክርስቲያን, Yäityop'ya ortodoks täwahedo bétäkrestyan) is die grootste van die oostelike tak van die Oriëntaal-Ortodokse Christelike kerke.

Dit is een van die min voorkoloniale kerke in Afrika suid van die Sahara; dit dateer van die 4de eeu en het tans ’n lidmaatskap van sowat 36 miljoen, van wie die meeste in Ethiopië woon. Dit is ’n stigterslid van die Wêreldraad van Kerke.

Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk
የኢትዮጵያ ኦርቶዶክስ ተዋሕዶ ቤተ ክርስቲያን
Die Katedraal van die Heilige Drie-eenheid in Addis Abeba, die setel van die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk.
Die Katedraal van die Heilige Drie-eenheid in Addis Abeba, die setel van die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk.
Stigtingsjaar 4de eeu
Koninkryk Aksum
Stigter Sint Frumentius, volgens Ethiopies-Ortodokse tradisie
Kerkleiding
Hoof Mathias
Merkorios
Setel Addis Abeba
Besonderhede
Liturgie Alexandryns
Liturgiese taal   Tigrinya, Amharies, Ge'ez, Oromo
Gelowiges 36 miljoen
Webtuiste
ZEOrthodox.org
Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-Kerk
Die Kerk van Sint Joris, ’n rotskerk in Lalibela, Ethiopië.

Die kerk is in gemeenskap met die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk, die Kopties-Ortodokse Kerk van Alexandrië, die Malankara-Ortodokse Siriese Kerk, die Armeens-Apostoliese Kerk en die Siries-Ortodokse Kerk.

Die kerk het in 1959 outokefaal geword.

Die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk was van die eerste helfte van die 4de eeu administratief deel van die Kopties-Ortodokse Kerk van Alexandrië tot in 1959, toe dit outokefaal geword het, met sy eie patriarg. Dit is een van die oudste Christelike kerke, en Ethiopië is slegs die tweede land (naas Armenië) wat die Christelike geloof as staatsgodsdiens gekies het (in 333 n.C.).

Tewahedo (Ge'ez: ተዋሕዶ) is ’n Ge'ez-woord wat "as een verenig" beteken. Die woord verwys na die Oriëntaal-Ortodokse geloof in miafisitisme, dus "een perfekte, verenigde natuur van Christus" in teenstelling met die geloof in "twee nature van Christus" van die Rooms-Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk en protestantse kerke.

Dié kerk en die ander Oriëntaal-Ortodokse kerke het juis ná die Konsilie van Chalcedon in 451, waarop besluit is dat Christus twee nature het, afgestig van die destydse Katolieke Kerk van die Romeinse Ryk.

Ortodokse Tewahedo

Die Oriëntaal-Ortodokse kerk in Ethiopië was tradisioneel bekend as Ortodokse Tewahedo. Ná Eritrea se onafhanklikwording in 1993 het die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk outokefaal geword en amptelik afgestig van die kerk wat sedertdien as die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk bekend staan.

Verwysings

Skakels

  • Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-Kerk  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Afrika suid van die SaharaAmhariesEthiopiëOriëntale OrtodoksieWêreldraad van Kerke

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WatersuiweringOrthopteraOnderhandelinge om apartheid te beëindigAvbobOseaanMenslike skeletJewgeni PrigozjinMuskietDuitse maselsInfeksieOligopolieTafelsoutNazi-DuitslandIoonLabia (geslagsdele)JSEBernice West3D-rolprentEweknienetwerkDrakensbergeSelfoon23 AprilDemokrasieHandré PollardOrtopedieSkilpadLionel PetersonRoesRussiese inval in Oekraïne sedert 2022JohannesburgRobert SobukweAkademiaGrondsoorteMenseregtedagElektrodeRassismeStereotipeWerkersdagGrondwetKortverhaalVerstedelikingKoos du PlessisBronadresHolocaustPoesSkaakStadAppel (sanger)Wiskundige terminologieTurkyeBlack SashChristendomWerwelkolomRassisme in AfrikaXenofobieWolfVlag van Suid-AfrikaPolisieLys van Suid-Afrikaanse musikanteErica BoyerDolfynLugbesoedelingNierversakingMiddeloorontstekingBestuiwingBeurtkragOutismeInternetKindermishandelingWaterbesoedelingEkonomiese sektorAfleiding (taalkunde)Persoon (taalkunde)Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGrondVoël🡆 More