Eric Nobbs (1 Januarie 1954 - 23 Oktober 2022) was 'n Suid-Afrikaanse akteur.
Eric Nobbs | |
Geboorte | 1 Januarie 1954 |
---|---|
Sterfte | 23 Oktober 2022 (op 68) |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Webwerf | ericnobbs.com |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Nobbs maak op 11 Januarie 1978 sy debuut op die professionele verhoog in die Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (TRUK) se produksie van Die Keiser deur Bartho Smit en werk vir die res van die jaar onder kontrak vir Suidwes-Afrikaanse Raad vir die Uitvoerende Kunste (SWARUK) in Windhoek. In 1979 keer hy terug na TRUK, waar hy tot 1986 sou werk. In hierdie tydperk vestig hy hom as 'n toonaangewende akteur in sulke uiteenlopende rolle soos Faan in Faan se Stasie (deur Pieter Fourie); Org in Pa, Maak vir my 'n Vlieër Pa (deur Chris Barnard); Bezuidenhout in The Road to Slagtersnek (deur André P. Brink); Mitch in Die Trem Se Naam: Begeerte (A Streetcar Named Desire deur Tennessee Williams); en Cyril in Huis op Horings.
In 1995 het hy sy eie vertonings begin skep en daarna met geslaagde eenmanvertonings deur Suid-Afrika en Namibië getoer .
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Eric Nobbs, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.