The Fourth Reich is 'n 1990-Suid-Afrikaanse biografiese dramafilm geregisseer deur Manie van Rensburg en mede-vervaardig deur Gert Basson, Mark Jaffee, David Selvan, Bill Shapter en Reg Wessels vir Zastron Films.
In die film vertolk Ryno Hattingh die hoofrol as Robey Leibbrandt, saam met Marius Weyers, Grethe Fox en Percy Sieff in ondersteunende rolle, met nog vele meer populêre Suid-Afrikaanse akteurs.
Die rolprent handel oor die lewe van Robey Leibbrandt, 'n Suid-Afrikaanse bokser. Hy neem deel aan die Olimpiese Somerspele van 1936 in Berlyn en is gefassineer met die Nazi-ideologie en word 'n Abwehr-agent vir die Derde Ryk. Daarmee saam staan hy aan die hoof van 'n operasie om die pro-geallieerde regering omver te werp en generaal Jan Smuts in 1939 te vermoor. Dit was die duurste film in Suid-Afrika se rolprentgeskiedenis.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article The Fourth Reich, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.