Epidemie: Aansteeklike siekte waaraan ‘n groot groep mense tegelykertyd ly

‘n Epidemie is ‘n aansteeklike siekte waaraan ‘n groot groep mense tegelykertyd ly.

Dit word versprei deur besmetting. Bekende voorbeelde van siektes wat as ‘n epidemie kan voorkom, is pokke, cholera, griep, masels, kinkhoes en skarlakenkoors. ‘n Epidemie is endemies wanneer dit slegs op ‘n beperkte gebied heers. ‘n Wydverspreide epidemie wat oor verskeie lande en dalk kontinente versprei is, is ‘n pandemie. Die Swart Dood van die laat Middeleeue en die Spaanse griep van 1918 was pandemies. Epidemies kom teenswoordig minder dikwels voor weens verbeterde higiëniese toestande en voorkomingsmaatreëls.

Klassifikasie

Epidemieë kan geklasseer word volgens die manier waarop hulle deur die bevolking versprei:

Gemeenskaplike bron

Puntbron

Alle gevalle word deur dieselfde bron veroorsaak, byvoorbeeld die eet van dieselfde besmette voedsel. Die aantal gevalle styg tot 'n maksimum en daal

Voortdurend

Die besmetting gebeur oor 'n langer tydperk. Die kurwe kan veel vlakker en breër word.

Wisselend

Soms vind daar besmetting plaas, soms nie. Die kurwe kan meer as een maksimum hê.

Voortgeplant

Hier besmet die een persoon die ander deur persoonlike kontak. Die kurwe kan opeenvolgende pieke vertoon afhanklik van die inkubasietyd. Die epidemie deurloop party generasies en neem af. Dit is belangrik maatreëls te tref om die voortplanting en verspreiding teen te gaan.

Gemengd

Soms kan daar 'n besmettingsbron wees en ook verspreiding. Dit word 'n gemengde epidemie genoem.

Ander

Daar is ander verloop van 'n epidemie moontlik indien daar interaksie tussen draers optree, byvoorbeeld tussen bosluise en jagters in die geval van Lyme-siekte.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Epidemie KlassifikasieEpidemie Sien ookEpidemie VerwysingsEpidemieCholeraGriepKinkhoesMaselsMiddeleeuePandemiePokkeSkarlakenkoorsSwart Dood

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkaapKolitisIndiëByung-Chul HanMaanElektrolietHemelvaartsdagSpringbokkeSuid-Afrikaanse ReserwebankChristiaan Frederik BeyersEnkelvoudige sinJakobOlifantAarde se atmosfeerMobutu Sese SekoToestand van materieKompasHeks van HexrivierGeskiedenis van kindermishandelingMilitêre diensplig in Suid-AfrikaNetbalImpakte van toerismeSimboolKoorsblaarVoedingRoemeensKoolstofHartaanvalKoerantTweede WêreldoorlogWet op Bantoe-onderwysKlimaatKunsmatige algemene intelligensieAssonansieBestuiwingKongo-krisisKappie (skryfteken)Topsy SmithDubbelpuntLiewe HeksieHartversakingSeksuele penetrasiePseudowetenskapNoordwesDemokrasieBruin menseVrystaatVaginale kankerSimmetrieAkroniemSoogdierSeksueel oordraagbare infeksieBloedvergiftigingMenseregteOntwerpGreen PornoSwangerskapOopbroninhoudAmhariesOmtrek, oppervlakte en volumeLys van slangeMeeueGriekwa-AfrikaansEksponentErfenisMenslike skeletLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)KoppeltekenMielieChapmanspiek-rylaanHerpes simplexHandré PollardWater (molekuul)🡆 More