Edgbaston-krieketveld, ook bekend as die County Ground of Edgbaston-stadion Stadium, is 'n krieketveld in die Edgbaston-omgewing van Birmingham, Engeland.
Dit is die tuiste van Warwickshire County-krieketklub en sy T20-span Birmingham Bears. Edgbaston huisves toets-, eendag- en T20I-wedstryde, en het die T20-eindstryd meer as enige ander krieketveld aangebied. Edgbaston-krieketveld is al tydens vyf krieketwêreldbekertoernooie vir wedstryde ingespan: in 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019. Daarbenewens het Edgbaston-krieketveld wedstryde tydens die Kampioenetrofeë in 2004, 2013 en 2017 aangebied. Edgbaston is sedert 2021 die tuisstadion van die Birmingham Phoenix-mansspan in The Hundred-kompetisie.
Edgbaston-krieketveld | ||
Edgbaston-krieketveld soos uit die noorde gesien | ||
Bynaam | Edgbaston | |
---|---|---|
Ligging | Birmingham | |
Koördinate | 52°27′20.93″N 1°54′08.96″W / 52.4558139°N 1.9024889°W 1°54′08.96″W / 52.4558139°N 1.9024889°W | |
Kapasiteit | 25 000 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1882 | |
Huurders | ||
Warwickshire CCC (1894–hede) Birmingham Bears (2014–hede) Birmingham Phoenix (2021–hede) |
Edgbaston was die eerste Engelse veld benewens Lord’s wat 'n groot internasionale eendagtoernooi-eindstryd aangebied het toe in 2013 die Kampioenetrofee-eindstryd hier gehou is. Met 'n permanente kapasiteit van sowat 25 000 is dit die vierde grootste krieketstadion in Engeland, na Lord’s, Old Trafford en The Oval.
Edgbaston het gasheer gespeel vir wedstryde in groot toernooie soos tydens die Krieketwêreldbeker 2019 waar Engeland sy eerste krieketwêreldbekertoernooi gewen het en die Kampioenetrofee 2017 toe Pakistan gewen het.
Edgbaston is die stadion waar die eerste seniorwedstryd onder spreiligte in Engelse krieket gespeel is, tussen Warwickshire en Somerset in die destydse AXA Life Sunday League. Dit het die eerste dag/nag-toetswedstryd in Engeland in Augustus 2017 aangebied toe Engeland teen Wes-Indië gespeel het.
Edgbaston word as een van Engeland se voorste krieketvelde beskou. Wisden se gids tot krieketvelde in 1992 het opgemerk dat "Lord’s is really its only superior in the United Kingdom". Ná die opening van die nuwe Suid- en Wes-pawiljioene in 2011 het die Engelse en Walliese Krieketraad gesê dat "die ruim fasiliteite op die voorpunt is, selfs effens beter as by die tuiste van krieket" (d.w.s. Lord’s).
Die atmosfeer by Edgbaston is bekend as die mees vyandige in Engeland vir besoekende spanne. Die voormalige kaptein van Engeland, Alec Stewart, het onthou: "Op wêreldvlak sou ek dit saam met Eden Gardens in Kolkata plaas, wat ongeveer 70 000 hou. Dit inspireer 'n span. Dit is soos om nog 'n man in jou span te hê" en die voormalige Engelse paaltjiewagter Geraint Jones beskryf dit as volg: "Die skare hier maak so 'n groot geraas as jy goed doen... dit is 'n unieke omgewing." Nadat hy die 2015-As-toetswedstryd teen Australië op Edgbaston gewen het, het die Engelse kaptein, Alastair Cook, gesê: “Die sang van die Edgbaston-skare was die luidrugtigste wat ek kan onthou. Edgbaston is 'n fantastiese plek vir ons!"
Die rekordbywoning by 'n County Championship- wedstryd by Edgbaston is 28 000 teen Lancashire in die kampioenskap-wenseisoen van 1951, en die rekord vir 'n enkele dag van 'n toetswedstryd is 32 000 teen Wes-Indië in 1957.
t | ||
Glenn Turner 171* (201) Parbhu Nana 1/34 (12 boulbeurte) | Frasat Ali 45 (123) Dayle Hadlee 3/21 (12 boulbeurte) |
t | ||
Majid Khan 60 (108) Viv Richards 1/21 (4 boulbeurte) | Deryck Murray 61* (76) Sarfraz Nawaz 4/44 (12 boulbeurte) |
t | ||
Dennis Amiss 88 (116) Zulfiqar Ali 3/63 (12 boulbeurte) | Ramesh Sethi 30 (102) John Snow 4/11 (12 boulbeurte) |
t | ||
Gundappa Viswanath 75 (134) Michael Holding 4/33 (12 boulbeurte) | Gordon Greenidge 106* (173) Kapil Dev 1/46 (10 boulbeurte) |
t | ||
John Vaughan 29 (43) Alan Hurst 5/21 (10 boulbeurte) | Kim Hughes 27* (40) Cornelius Henry 2/27 (10 boulbeurte) |
t | ||
Bruce Edgar 44 (107) Abdul Qadir 4/21 (12 boulbeurte) | Abdul Qadir 41* (68) Richard Hadlee 3/20 (9 boulbeurte) |
t | ||
David Gower 92* (96) Richard Hadlee 3/32 (10 boulbeurte) | Jeremy Coney 66* (97) Bob Willis 4/42 (12 boulbeurte) |
t | ||
Kevin Curran 62 (92) Wayne Daniel 3/28 (9 boulbeurte) | Desmond Haynes 88* (136) John Traicos 0/24 (12 boulbeurte) |
t | ||
Rahul Dravid 53 (82) Mark Ealham 2/28 (10 boulbeurte) | Graham Thorpe 36 (57) Sourav Ganguly 3/27 (8 boulbeurte) |
t | ||
Herschelle Gibbs 91 (118) Nathan Astle 1/29 (6 boulbeurte) | Stephen Fleming 42 (64) Jacques Kallis 2/15 (6 boulbeurte) |
t | ||
Michael Bevan 65 (101) Shaun Pollock 5/36 (9.2 boulbeurte) |
t | ||
Paul Collingwood 80 (93) Ed Rainsford 2/43 (10 boulbeurte) | Elton Chigumbura 42* (47) Andrew Flintoff 3/11 (6 boulbeurte) |
t | ||
Nafees Iqbal 40 (59) Charl Langeveldt 3/17 (7 boulbeurte) | Graeme Smith 42* (52) Tapash Baisya 1/39 (6 boulbeurte) |
t | ||
Kennedy Otieno 33 (73) Shahid Afridi 5/11 (6 boulbeurte) | Yasir Hameed 41 (48) Ragheb Aga 2/17 (4 boulbeurte) |
t | ||
Rahul Dravid 67 (108) Naved-ul-Hasan 4/25 (9 boulbeurte) | Yousuf Youhana 81* (114) Irfan Pathan 3/34 (9 boulbeurte) |
t | ||
Damien Martyn 65 (91) Darren Gough 3/48 (7 boulbeurte) | Michael Vaughan 86 (122) Brett Lee 2/65 (8.3 boulbeurte) |
t | ||
Ian Bell 91 (115) Clint McKay 2/38 (10 boulbeurte) | George Bailey 55 (69) James Anderson 3/30 (10 boulbeurte) |
t | ||
Hashim Amla 81 (97) Shoaib Malik 1/27 (6 boulbeurte) | Misbah-ul-Haq 55 (75) Ryan McLaren 4/19 (8 boulbeurte) |
t | ||
Adam Voges 71 (76) Mitchell McClenaghan 4/65 (10 boulbeurte) | Kane Williamson 18* (37) Clint McKay 2/10 (4 boulbeurte) |
t | ||
Asad Shafiq 41 (57) Bhuvneshwar Kumar 2/19 (8 boulbeurte) | Shikhar Dhawan 48 (41) Wahab Riaz 1/20 (4 boulbeurte) |
t | ||
Virat Kohli 43 (34) Ravi Bopara 3/20 (4 boulbeurte) | Eoin Morgan 33 (30) Ravichandran Ashwin 2/15 (4 boulbeurte) |
t | ||
Kane Williamson 100 (97) Josh Hazlewood 6/52 (9 boulbeurte) | Moisés Henriques 18 (14) Adam Milne 2/9 (2 boulbeurte) |
t | ||
Rohit Sharma 91 (119) Shadab Khan 1/52 (10 boulbeurte) | Azhar Ali 50 (65) Umesh Yadav 3/30 (7.4 boulbeurte) |
t | ||
David Miller 75* (104) Hasan Ali 3/24 (8 boulbeurte) | Fakhar Zaman 31 (23) Morné Morkel 3/18 (7 boulbeurte) |
t | ||
Travis Head 71* (64) Mark Wood 4/33 (10 boulbeurte) | Ben Stokes 102* (109) Josh Hazlewood 2/50 (9 boulbeurte) |
t | ||
Tamim Iqbal 70 (82) Kedar Jadhav 2/22 (6 boulbeurte) | Rohit Sharma 123* (129) Mashrafe Mortaza 1/29 (8 boulbeurte) |
t | ||
Rassie van der Dussen 67* (64) Lockie Ferguson 3/59 (10 boulbeurte) | Kane Williamson 106* (138) Chris Morris 3/49 (10 boulbeurte) |
t | ||
James Neesham 97* (112) Shaheen Afridi 3/28 (10 boulbeurte) | Babar Azam 101* (127) Kane Williamson 1/39 (8 boulbeurte) |
t | ||
Jonny Bairstow 111 (109) Mohammed Shami 5/69 (10 boulbeurte) | Rohit Sharma 102 (109) Liam Plunkett 3/55 (10 boulbeurte) |
t | ||
Rohit Sharma 104 (92) Mustafizur Rahman 5/59 (10 boulbeurte) | Shakib Al Hasan 66 (74) Jasprit Bumrah 4/55 (10 boulbeurte) |
Wiki Commons bevat media in verband met Edgbaston-krieketveld. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Edgbaston-krieketveld, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.