Oos-Afrikaanse Krieketspan

Die Oos-Afrikaanse krieketspan (Engels: East Africa cricket team) was ’n krieketspan wat die lande Kenia, Tanzanië, Uganda en Zambië verteenwoordig het.

Oos-Afrika was dus een van die “nasionale” krieketspanne wat spelers uit meer as een land ingespan het. Hul eerste wedstryd was teen ’n Nieeuropese Suid-Afrikaanse span in 1958. Oos-Afrika het aan die Krieketwêreldbeker 1975 en die IKR-Trofeë in 1979, 1982 en 1986 deelgeneem. Tydens die laasgenoemde twee toernooie het Kenia op sy eie deelgeneem, waardeur Oos-Afrika as ’t ware Uganda, Tanzanië en Zambië verteenwoordig het.

Oos-Afrika
Oos-Afrikaanse Krieketspan
Vlag van die Oos-Afrikaanse krieketspan
KonferensieKrieketkonferensie in Oos- en Sentraal-Afrika
Spaninligting
Laaste wedstrydt Vlag van Kenia Kenia op Tamworth-krieketklubgrond, Engeland, 27 Junie 1986
Internasionale Krieketraad
IKR-statusVoormalige lid (1966–1989)
IKR-streekAKV (Afrika)
Internasionale krieket
Eerste internasionalet Nieeuropese Suid-Afrikaners in Nairobi, Kenia; 13 September 1958
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland op Edgbaston, Birmingham; 7 Junie 1975
Laaste EDIt Vlag van Engeland Engeland op Edgbaston, Birmingham; 14 Junie 1975
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel30/3
Krieketwêreldbeker-verskynings1 (eerste in 1975)
Beste uitslagGroepfase (in 1975)

Oos-Afrika was van 1966 tot 1989 ’n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) en is deur die Oos- en Sentraal-Afrikaanse krieketspan vervang.

Geskiedenis

Krieket het in die gebied tydens die Britse kolonisasie in die laat 19de eeu gevestig. Die meeste wedstryde is op ’n “amptenare t settlers”-basis gespeel, maar geen interterritoriale wedstryde is beslis nie. Ná die toestroom van Indiese arbeiders na Afrika om die streek se spoornetwerk op te rig het die gewildheid van krieket toegeneem en aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog was dit een van die mees uitgeoefende sportsoorte in die streek. Vervolgens is in 1951 die Oos-Afrikaanse Krieketkonferensie (Engels: East Africa Cricket Conference, EACC; later die Oos- en Sentraal-Afrikaanse Krieketkonferensie, East and Central Africa Cricket Conference, ECACC) gestig as die beheerliggaam van krieket in die streek. Dit het toesig gehou oor die interkoloniale wedstryde tussen sy drie stigtingslede Kenia, Uganda en Tanganjika. Later in dieselfde jaar het ’n saamgestelde Oos-Afrikaanse span Rhodesië gehuisves.

Oos-Afrika se volgende opgetekende wedstryd was in 1956 teen ’n besoekende Pakistanse span. Onder die kapteinskap van Denis Dawson (die broer van die Suid-Afrikaanse toetsspeler Ossie Dawson) het die Oos-Afrikane die driedaagse wedstryd met agt paaltjies verloor. In die volgende jaar is die Oos-Afrikane deur die besoekende Sunder-krieketklub met nege paaltjies verslaan. In 1958 het ’n Suid-Afrikaanse span met spelers van nie-Europese herkoms na die streek getoer en een wedstryd teen Oos-Afrika in Nairobi gespeel. Onder hul kaptein Malcolm Ronaldson, ’n voormalige eersterangse speler vir die Oostelike Provinsie is Oos-Afrika in dié wedstryd deur die Suid-Afrikane met sewe paaltjies verslaan.

Gedurende die 1960’s het Oos-Afrika verskeie toerende spanne ontmoet. In 1962 het hulle twee wedstryde teen die Statebond se krieketspan gespeel. In die eerste wedstryd in Nairobi (10 tot 12 Februarie 1962) is die Oos-Afrikane met 20 lopies geklop. Dié wedstryd word veral onthou vir ’n vinnige honderdtal deur Basil D'Oliveira in die Statebondspan se tweede beurt. In die tweede wedstryd in Oktober, ook in Nairobi, het die Statebondspan Oos-Afrika met 118 lopies geklop. Die besoekende Marylebone-krieketklub (MKK) het in 1963/64 drie wedstryde in Uganda gespeel, een in Tanganjika en sewe in Kenia. Een van dié wedstryde teen die Oos-Afrikaanse span in Kampala het die MCC met ’n beurt en 71 lopies gewen. In 1966 het Oos-Afrika by die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) as ’n assosiaatlid aangesluit. In Augustus 1967 het die besoekende Indië een driedaagse eersterangse wedstryd gespeel en met agt paaltjies gewen. ’n Internasionale span van Engelse eersterangse spelers het in 1968 in ’n driedaagse wedstryd teen Oos-Afrika in Nairobi onbeslis gespeel.

In Junie en Julie 1972 het Oos-Afrika Engeland vir 18 wedstryde teen plaaslike spanne besoek en ’n oorwinning teen Noord-Wallis aangeteken. Geen van dié wedstryde het eersterangse status geniet nie. Die MCC het in 1973/74 weer Oos-Afrika besoek. In Desember 1973 het hulle twee wedstryde in Zambië gespeel, gevolg deur twee verdere in Tanzanië en toe vier in Kenia. Hul enigste wedstryd teen die volle Oos-Afrikaanse span, wat oor eersterangse status beskik het, is deur die MCC met 237 lopies gewen.

Oos-Afrika is genooi om aan die eerste Krieketwêreldbeker 1975 deel te neem. Hulle was naas Sri Lanka een van twee nietoetspanne wat vir dié toernooi genooi is. Kenia het die helfte van die span se 14 spelers gestel. Voor dié toernooi is die span se deelname egter bevraagteken, nadat Tanzanië gedreig het om spelers te verbied om na Engeland te toer in protes teen die Britse en Ierse Leeus-rugbyspan se toer na Suid-Afrika onder Apartheid in 1974. Die insluiting van Oos-Afrika is as ’n belangrike stap vir die toernooi beskou, aangesien die deelname van ’n Afrikaspan as nodig geag is om van dit ’n ware wêreldbekertoernooi te maak. Die twee sterkste krieketlande in Afrika, Suid-Afrika en Rhodesië, het hul spelers op grond van ras gekeur en is uitgesluit as deel van die sport boikot teen Suid-Afrika, waarvolgens Oos-Afrika as Afrika verteenwoordiger deelgeneem het. Ná opwarmingswedstryde teen Somerset, Wallis, Glamorgan en verskeie ander klubspanne, het hulle in die eerste rondte teen Engeland, Indië en Nieu-Seeland gespeel, maar al drie sy wedstryde verloor. Die krieketwêreldbekertoernooi is opgevolg deur ’n eersterangse wedstryd teen Sri Lanka op die County Ground in Taunton.

In 1978 het die Minor Counties Krieketvereniging Kenia besoek vir sewe wedstryde, waaronder twee teen Oos-Afrika. Die eerste wedstryd met 60 boulbeurte het die Minor Counties met agt paaltjies gewen. ’n Beplande driedaagse wedstryd is afgelas sonder dat ’n bal geboul is. Tydens die IKR-trofee 1979 het die span die kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 1979 in Engeland misgeloop, nadat hulle in die eerste rondte deur Bermuda verslaan is. ’n Beplande driedaagse wedstryd is afgelas sonder dat ’n bal geboul is. Oos-Afrika het aan die IKR-trofeë 1979, 1982 en 1986, maar hulle kon nie vir die krieketwêreldbekertoernooie in 1979, 1983 en 1987 kwalifiseer nie.

Die drie stigtingslede Kenia, Tanzanië en Uganda het tot in 1980 ’n jaarlikse toernooi beslis. Een jaar later het Kenia van die Oos-Afrikaanse span weggebreek om by die IKR as ’n assosiaatlid op sy eie aan te sluit. In 1989 is Oos-Afrika heropgestel as Oos- en Sentraal-Afrika wat Uganda, Tanzanië, Zambië en Malawi verteenwoordig het.

Spelers

Spelerstatistieke

Altesaam het vir Oos-Afrika 14 spelers EDI-krieket gespeel. Vervolgens die spelers, wat vir die Oos-Afrikaanse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies

EDI
Speler Tydperk EDIs Lopies
Frasat Ali 1975 3 57
Ramesh Sethi 1975 3 54
Jawahir Shah 1975 3 46
Mehmood Quaraishy 1975 3 41
Zulfiqar Ali 1975 3 39
Korrek teen: 9 April 2023

Paaltjies

EDI
Speler Tydperk EDIs Paaltjies
Zulfiqar Ali 1975 3 4
Mehmood Quaraishy 1975 3 3
John Nagenda 1975 1 1
Ramesh Sethi 1975 3 1
Parbhu Nana 1975 3 1
Korrek teen: 9 April 2023

Spankapteins

Altesaam was een speler die kaptein vir Oos-Afrika tydens ’n EDI-wedstryd.

EDI
No. Naam Tydperk
1 Harilal Shah 1975

Rekords

EDI-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
t. Toetsnasies
Oos-Afrikaanse Krieketspan  Engeland 1 0 1 0 0 0,00
Oos-Afrikaanse Krieketspan  Indië 1 0 1 0 0 0,00
Oos-Afrikaanse Krieketspan  Nieu-Seeland 1 0 1 0 0 0,00
Algeheel 3 0 3 0 0 0,00
Rekords volledig tot en met EDI #27 op 14 Junie 1975. Laaste keer hersien op 9 April 2023. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.

Wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1975 Groepfase
1979 Nie gekwalifiseer nie
1983 Nie gekwalifiseer nie
1987 Nie gekwalifiseer nie
  • Van 1989 tot 2003 is Malawi, Tanzanië, Uganda en Zambië deur die Oos- en Sentraal-Afrikaanse krieketspan verteenwoordig.

IKR-Trofeerekord

Jaar Uitslag
1979 Eerste rondte
1982 Eerste rondte
1986 Eerste rondte
  • Van 1989 tot 2003 is Malawi, Tanzanië, Uganda en Zambië deur die Oos- en Sentraal-Afrikaanse krieketspan verteenwoordig.

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Rowland Bowen (1970). Cricket: a History of Its Growth and Development Throughout the World. Londen: Eyre & Spottiswoode. ISBN 978-0-413-27860-9.

Eksterne skakels

Tags:

Oos-Afrikaanse Krieketspan GeskiedenisOos-Afrikaanse Krieketspan SpelersOos-Afrikaanse Krieketspan RekordsOos-Afrikaanse Krieketspan Sien ookOos-Afrikaanse Krieketspan VerwysingsOos-Afrikaanse Krieketspan Verdere leesstofOos-Afrikaanse Krieketspan Eksterne skakelsOos-Afrikaanse KrieketspanEngelsKeniaKeniaanse nasionale krieketspanKrieketKrieketwêreldbeker 1975TanzaniëUgandaZambië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MusieksimboleVaste stofHartversakingOos-KaapWatersuiweringReg tot ‘n gesonde omgewingGeelsugDuitsDroogteRuslandMikro-ekonomieDundermTelefoonGrondbesoedelingVoornaamwoordAnilingusHoenderErfenisGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondMosesLiewe HeksieJagluiperdPersSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Wêreld- Ekonomiese ForumRubik se kubusSeksueel oordraagbare infeksieAalwynAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePikkewynKlimaatveranderingAfrikaanse woordelys en spelreëlsLys van Kaapstad se voorstedeHondEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaTolla van der MerweSimboolVersamelnaamAnale kankerMuskeljaatkatJeugdagHamburgerWeeluisGeskiedenis van Suid-AfrikaSpelerposisies in rugbyAfkappingstekenMetaalWoestynWiskundeVolhoubaarheidWitbloedselNierLetterkundeRenosterVerkleurmannetjieInternetKinderregteVlekvrye staalMagsverheffingNiemetaalKunselementeLys van Griekse mitologiese figureVryheidsmanifesNuwe TestamentGalblaasPlastiekShakaGroot GatNederduitsch Hervormde KerkGewone breukeMantisBewussynBestaansboerderyMonopolyBysteekKriek🡆 More