Demi-Leigh Tebow (née Nel-Peters)(gebore 28 Junie 1995) is op Sondag 26 Maart 2017 in die Sun City Superbowl as Mejuffrou Suid-Afrika 2017 aangewys.
Die geleentheid is op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai.
Demi-Leigh Nel-Peters | ||
Demi-Leigh Nel-Peters as Mej. Heelal 2017 | ||
Gebore | 28 Junie 1995 | |
Plek | Sedgefield, Suid-Afrika | |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans | |
Geboortenaam | Demi-Leigh Nel-Peters | |
Beroep | Model | |
Alma mater | Noordwes-Universiteit | |
Loopbaan | ||
Titel(s) | Mejuffrou Suid-Afrika 2017 Mej. Heelal 2017 | |
Haarkleur | Bruin | |
Oogkleur | Groen | |
Lengte | 1,70 m |
Demi-Leigh Nel-Peters het die kroon voor 11 ander finaliste, 25 ander deelnemers en meer as 900 inskrywings weggeraap. Sy het Suid-Afrika in 2017 se Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig, waar sy op Sondag 26 November as die wenner aangewys is. Sy is die tweede Suid-Afrikaanse Mej. Heelal-wenner na Margaret Gardiner in 1978. Demi-Leigh Nel-Peters het Suid-Afrika ook in die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig.
Sy is deur Mejuffrou Suid-Afrika 2016, Ntandoyenkosi Kunene, gekroon.
Nel-Peters is in Sedgefield gebore op 28 Junie 1995, dogter van Bennie Peters and Anne-Marie Steenkamp. Sy is vlot in beide Afrikaans en Engels.
Wiki Commons bevat media in verband met Demi-Leigh Nel-Peters. |
Toekennings en prestasies | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Iris Mittenaere | Mejuffrou Heelal 2017 | Opgevolg deur Catriona Gray |
Voorafgegaan deur Ntandoyenkosi Kunene | Mejuffrou Suid-Afrika 2017 | Opgevolg deur Tamaryn Green |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Demi-Leigh Nel-Peters, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.