Commelinaceae: Plantfamilie

Commelinaceae is ’n familie blomplante.

Dit is een van vyf families in die orde Commelinales en verreweg die grootste, met sowat 650 spesies in 40 genera. Verskeie bekende sierplante soos die wandelende jood val in die genera Commelina en Tradescantia. Dit is inheems aan tropiese klimaatstreke.

Commelinaceae
Commelinaceae: Plantfamilie
Aneilema aequinoctiale
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Monocotyledoneae
Subklas:
Commelinidae
Orde:
Commelinales
Familie:
Commelinaceae

Mirb.

Eienskappe

Commelinaceae: Plantfamilie 
Die kenmerkende ineengerolde blare kan op die agtergrond gesien word.

Die variasie in morfologie, veral wat die blom en groeias betref, is in dié familie besonder groot vir bedeksadige plante. Die blomme hou net kort, gewoonlik ’n dag of minder, en hulle het geen nektar nie.

Die meeste spesies is eenhuisig, wat beteken elke blom het manlike en vroulike organe, of andro-eenhuisig, wat beteken beide eenhuisige en manlike blomme kom aan dieselfde plant voor. Spesies het gewoonlik spesifieke blomseisoene, hoewel omgewingsfaktore dit soms grootliks kan beïnvloed. Verskillende spesies blom ook op verskillende tye van die dag. Blomme is geneig om insekte op allerhande maniere te flous, soos met geel hare wat soos meeldrade lyk of met staminodiums (onvrugbare meeldrade).

Plante in Commelinaceae is gewoonlik meerjarige plante, maar daar is ook eenjarige plante. Hulle het gewoonlik grondwortels, behalwe die genus Cochliostema, wat epifiete is. Hulle het afwisselende, sittende blare en geslote blaarskedes. Die blare is nie getand of gelob nie. Hulle is dikwels ineengerol as hulle uitkom en dit is kenmerkend van dié familie.

Die vrugbeginsel is bostandig. Die blomme is dikwels in trosse om ’n sentrale groeias gegroepeer. Hulle bly net ’n paar uur lank oop. Die groeias is omhul deur ’n blaaragtige skutblaar.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RussiesVarkgriepLionel MessiMeervoudRalph GravesSuid-Afrikaanse randEiffeltoringPenisCatherine DeneuveLongontstekingGawes van die Heilige GeesEpilepsieWestdenedam-rampAfrikanersNederlandsVoornaamwoordYsterLys van kinderspeletjiesBritse RykPandjabiGqeberhaLys van Griekse mitologiese figureVoedselbewaringBlourokkeDoelwitNamibiese OnafhanklikheidsoorlogSkilpadSuid-Afrikaanse GrensoorlogVulvaKanadaWaarheid-en-versoeningskommissiePiet van der MerweTaalAarde se atmosfeerGeorgiese nasionale rugbyspanChlorofilYstervarkLouise LombardSlag van BloedrivierKlimaatveranderingEgipteWalvisJeff DouglasMikroörganismeOrnitologieAfrikaanse TaalmonumentAgapantFireflyEienaamSeekoeiSkaapMedia (kommunikasie)VerkoueKunsmatige intelligensieNetbalDokterRooikatAdolf HitlerVergelykings (taalkunde)RooilipslangElandréBynierIron ManTafelbergFrankrykFrancois KrigeYVormOostenrykse DuitsBloeddrukEdelsteenAtheneTurksvyApple Inc.WoestynVerkleinwoordBiljoen🡆 More