Francois Krige: Suid-Afrikaanse kunstenaar

Francois Krige (20 Julie 1913 – 19 Februarie 1994) was ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar.

Hy is op Uniondale in die Klein-Karoo gebore. Hy was die seun van die Springboksenter Japie Krige en die skryfster Sannie Uys, en die broer van die digter Uys Krige. Krige het hom egter van die kalklig sowel as sy beroemde familie gedistansieer ten einde sy kuns in relatiewe isolasie te beoefen. Hy het ’n besonderse vaardigheid gehad om met die minimum lyn ’n vertolking te kon weergee, en is daarom veral bekend vir sy pen- en inktekeninge. Sy werk word gekenmerk deur eenvoud en ’n spesifieke aanvoeling vir die Suid-Afrikaanse werklikheid. Sy oeuvre omvat ’n wye verskeidenheid van onderwerpe, waaronder see- en visserstonele, landelike tonele, studies van die Maleierbuurt, stillewes, portrette en die dierelewe.

Francois Krige
Gebore 20 Julie 1913
Uniondale, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika
Sterf 19 Februarie 1994 (op 80)
Nasionaliteit Suid-Afrika
Veld Beeldhouwerk
Opleiding Michaelis-kunsskool, Akademie in Antwerpen
Werke Illustrasies in Sol y Sombra (Uys Krige) en Jaffie (Eitemal)
Beïnvloed deur H.V. Meyerowitz, Vasquez Diaz

Lewe en loopbaan

Krige het aanvanklik aan die Michaelis-kunsskool onder die beeldhouer H.V. Meyerowitz gestudeer, en daarna onder Vasquez Diaz in Spanje, en in Antwerpen en Florence.

Nadat hy sy studies aan die Michaelis-kunsskool voltooi het, het hy saam met sy broer Uys gereis en in die dertigerjare kuns gestudeer in Spanje en die Lae Lande. By sy terugkeer na Suid-Afrika het hy ’n lid van Die Nuwe Groep geword, saam met kunstenaars soos Gregoire Boonzaier en Walter Battiss. Hy het ook sy broer Uys se boek Sol y Sombra en Jaffie van Eitemal geïllustreer. Gedurende 1940–1945 het hy diens gedoen as oorlogkunstenaar in Noord-Afrika en Italië.

Krige het by verskeie geleenthede in Johannesburg en Pretoria uitgestal. Van sy werk is ook ten toon gestel tydens die Venesiese Biënnale in 1952, die Van Riebeeckfeestentoonstelling in dieselfde jaar en die Suid-Afrikaanse tentoonstelling wat in 1958 na Nederland, België en Duitsland gestuur is.

Ander fassinerende fasette van sy loopbaan sluit in die skets van Geallieerde bedrywighede in die westelike woestyn en Italië tydens die Tweede Wêreldoorlog; sy staptogte in die Himalaja-gebergte; en sy reise na die Kalahari ten einde saam met die Kung Boesmans te woon en hul leefstyl in tekeninge op te teken. Alhoewel Krige se werk sterk bewonder is, is sy skilderye egter nie aan die wye publiek bekendgestel nie, maar slegs aan ’n klein kring kunsliefhebbers.

In 1949 het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ’n medalje aan hom toegeken ter erkenning van sy skilder- en grafiese kuns.

Na sy afsterwe op 19 Februarie 1994 aan kanker, is ’n verstommende versameling werke in sy ateljee ontdek, insluitend sy droomagtige weergawes van die lewens van die San- en Barakwena-mense van Sentraal-Botswana. Hierdie werke is vir die eerste keer tydens sy retrospektief by Everard Read in 2001 in Kaapstad uitgestal. Hulle is gebaseer op tekeninge wat Krige in situ gemaak het terwyl hy die San en Barakwena in die 1960’s besoek het.

Verwysings

Bronnelys

  • Wêreldspektrum, Vol. 16, 21, ISBN 0 908409 57 5
  • Francois Krige, Matthys Strydom Human & Rousseau Kaapstad 1993 {Gepubliseer by geleentheid van Krige se tagtigste verjaardag op 20 Julie 1993)

Tags:

19 Februarie1913199420 JulieDigterJapie KrigeKlein-KarooSannie UysSuid-AfrikaUniondaleUys Krige

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VingerseksWater (molekuul)SeksSebraTandbederfValiant SwartPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLeestekenEngelsKorrupsieGautengSeksueel oordraagbare infeksieMaterieKommunismeMIV/vigs in Suid-AfrikaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLiewe HeksieVryheid van spraakIndo-Europese taleVK (sosiale netwerk)KiewietePeach van PletzenBaardskeerder-spinnekopSpaansBeesWynKaaps-Hollandse stylLeonardo da VinciPseudowetenskapNagmaalRooikatJoe NiemandWikipediaGoudGewoonteRenosterkewerKultuurDemokrasieVerenigde State van AmerikaVoornaamwoordRefentse MorakeLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandElandréErfenisdag (Suid-Afrika)GasEmfiseemDeelwoordVulkaanKolibrieGeweldGeelsugNaaldekokerCeresKlimaatSkaapJeuksiekteGamelanAfrikaanse woordelys en spelreëlsVoëlApokriewe boekeRassismeYsterKanadaHoëveldWewervoëlsDroogteAnette EngelbrechtChristendomRooibokBonné de BodAustraliëDinosourusEpilepsieMiskruier🡆 More